Ek is al wyle op die forum, maar hierdie is my eerste "post"! Ek hou van die ouer modelle... het Safari bakkie wat werk esel is en seker een van die taaiste en betroubaarste bakkie wat kan kry! So loop ek toe Safari SW met 2.8 engine raak wat ek amper verniet gekry het..

Nou, my probleem... ek hoor by vriend van 4.2 petrol engine, wat ek toe basies verniet kry, moes net vervoer betaal. Nou sit ek met TB42 wat nog perfek is, en Safari 2.8 wat se engine uitgehaal is.
Vraag??? Kan die 4.2 engine in die safari ingebou word sonder te veel mods? Die belhousing sal verander moet word van die 2.8 std ratkas? Enige iemand wat al vantevore hierdie roete gegaan het se insette sal hoog waardeer word!