Hi manne,
Sal dit wys wees om 'n SGL te koop met so baie km's op (318000km)?
http://www.gumtree.co.za/a-cars-bakkies ... 0218397409
Waarna sal mens onmiddelik aandag moet gee om 'n betroubare voertuig te hê?
Is dit te veel kilos vir 'n SGL?
- Peter Connan
- Moderator
- Posts: 6137
- Joined: 10 Sep 2010 07:21
- Full Name: Peter Connan
- Nickname: Piet
- Home Town: Kempton Park
- Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
- Home Language: Afrikaans
- Location: Kempton Park
- Has thanked: 1125 times
- Been thanked: 1036 times
Re: Is dit te veel kilos vir 'n SGL?
Bernard, dit is 'n ou kar, maar hulle kry maklik meer as dit.
Foute gaan baie afhang van hoe hy gebruik is, so kyk hom maar goed deur. Die enigste ding wat moeilik is om met 'n deeglikke imspeksie op te tel is die toestand van die koppelaar, so kyk of jy kan uitvind of dit al vervang is. Maar ek het myne vervang op 300k, en toe het hy nog 50% lewe oor gehad.

Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
-
- Full Member
- Posts: 38
- Joined: 29 Oct 2014 10:41
- Full Name: Bernard Meyer
- Nickname: Bernard
- Home Town: Pretoria
- Current 4x4: 1993 VW Syncro Kombi
1989 VW Syncro DC - Home Language: Afrikaans
- Has thanked: 1 time
- Been thanked: 2 times
Re: Is dit te veel kilos vir 'n SGL?
Dankie Peter.
Wat ek gewoonlik doen as ek 'n kar kry wat ek nie die geskiedenis van weet nie, is om die basiese dinge te vervang. Dit is nou filter, olie, plugs en al die belts. As die begroting dit toelaat doen ek gewoonlik waterpomp en alternator ook. Daarna word na al die meganiese goed gekyk soos CVs en boots, shocks etc.
Ek wonder maar net waarvoor ek my geldgewys voor inlaat as ek so kar sou koop. Is die parte wat ek bo genoem het baie duur en hoe verkrygbaar is hulle?
Gee die vergassers probleme en as hulle doen, kan mens nuwes kry?
Wat ek gewoonlik doen as ek 'n kar kry wat ek nie die geskiedenis van weet nie, is om die basiese dinge te vervang. Dit is nou filter, olie, plugs en al die belts. As die begroting dit toelaat doen ek gewoonlik waterpomp en alternator ook. Daarna word na al die meganiese goed gekyk soos CVs en boots, shocks etc.
Ek wonder maar net waarvoor ek my geldgewys voor inlaat as ek so kar sou koop. Is die parte wat ek bo genoem het baie duur en hoe verkrygbaar is hulle?
Gee die vergassers probleme en as hulle doen, kan mens nuwes kry?
- Peter Connan
- Moderator
- Posts: 6137
- Joined: 10 Sep 2010 07:21
- Full Name: Peter Connan
- Nickname: Piet
- Home Town: Kempton Park
- Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
- Home Language: Afrikaans
- Location: Kempton Park
- Has thanked: 1125 times
- Been thanked: 1036 times
Re: Is dit te veel kilos vir 'n SGL?
Al die diensonderdele kan by gewone onderdele-winkels gekoop word (moet net nie altyd verwag dat hulle dit in hulle naslaan-boeke gaan opspoor nie, veral die lugfilter, dis 'n GUD AG1001).
CV's sal seker duur wees, maar ek het nog nie gehoor van probleme nie, sorg net dat daar nie olie op die birfields lek nie. Om die seels te vervang is 'n redelike groot job en al die seels in die area gaan jou seker R2k kos.
Skokbrekers is geredelik beskikbaar, veral die "aftermarket" tipes, en kos dieselfde as vir soortgelyke voertuie. Suspensie-busse is een van die goed wat jy moet kyk, hulle kan nogal duur raak as jy baie moet vervang, en die kar is 20 jaar oud...
Ek sou voorstel dat jy 'n olie-analise laat doen, dit is nie duur nie en kan duur verassings voorkom.
Ek het nog geen probleme met my vergasser gehad wat nie deur 'n "carb kit" reggemaak kon word nie. Maar die vakuum-sisteem is redelik kompleks, en dis die moeite werd om hom na te gaan as die enjin nie lekker loop nie. As die carb wel moeilikheid gee, is dit dalk beste om te kyk na 'n Weber?

Who is online
Users browsing this forum: No registered users and 2 guests