Ek wil net vir jou noem my kar het presies dieselfde gedoen - en toe was dit al die tyd my termostaat wat nie behoorlik oopgemaak het nie. Hy het oopgemaak - maar nie soos hy moes nie funksioneer nie. Daar is n maklike toets (ek glo jy ken dit) - haal hom uit en gooi hom in kookwater - jy sal baie vinnig sien of hy tot sy volle potensiaal ooptrek. En my fan het ook verkeerd om op die viscus gesit. Ek het die termostaat vervang en die fan omgedraai - en siedaar dit was die einde van my verhittings probleme. my kar se temperatuur meter het nog nooit weer oor die halfpad merk gegaan nie. En ek het intussen alweer swaar gelaai en gesleep teen bergpasse uit - en niks maak nie - daai naaldjie le doodstil in die middel.ChristoSlang wrote:Wanneer die buitetemperature styg raak my trok se verkoelerwater egter BAIE warm - daai metertjie op die dash gaan kuier daarso net onder die rooi gedeelte en my EMS rapporteer 'n allervreeslike 118 grade C!
Ek het nog nie my EMS monitor se water temperatuur funksie lesing geaktiveer nie - hoe doen mens dit??