EGR Blocked

Engines and Engine Systems
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 6 times

Re: EGR Blocked

Post by Pieter du Toit »

Koos

By the way - my email adres is pieterdt@nashuaisp.co.za - stuur bietjie daai leesstoffies aan asb.
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: EGR Blocked

Post by KOOS BEST »

Baie dankie , Pieter en Gerrit vir al die info.
Sal my verkoeling sisteem laat toets
Koos
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: EGR Blocked

Post by JG Shields »

More al die "Boosters".

Ek het gisteraand teruggekeer van 'n 1300km trip deur die platteland. Dit was die eerste trip met my geblokte EGR. Onthou, ek het nog nie 'n EGT en Boost meter in nie en my Patrol is automaties.

1. My brandstofverbruik oor die totale afstand @ 120km/h (GPS snelheid) was 8,41km/liter. Dis nagenoeg 1 km/l beter as voorheen. Ek sal nog sien wat die verskil met stadsverkeer ry is.

2. Die voertuig het baie beter kraglewering @ 120km/h en vinniger snelhede. Dis amper skrikwekkend. Dit voel egter of hy ietwat luier is @ lae snelhede.

3. Ek ervaar beslis minder wispelturige gedrag met kraglewering in geheel. Dis asof my voertuig se buierigheid baie minder is. Ek vermoed dat die EGR se werking (voordat ek hom afgeblok het - warm uitlaatgas terug na die lug-inlaat stelsel) baie verwarring by die "ECU management" veroorsaak het agv die feit dat die EGR se gas beide die MAF en die Boost sensors mis maar tog steeds deel vorm van die ontbrandingsgasse.

Ek wil nou EGT en Boost begin meet sodat ek weet ek bly binne "spec" met die lesings. Dit sal my dalk nog verder instaat stel my boost fyner te verstel om optimale kraglewering te kry.

Koos, ek het ook al waterverlies @ hoe werkverrigting gehad. Uiteindelik het ek 'n mikroskopiese klein lek in een van die "heater" waterpype ontdek. Ek het die voertuig by Silverton Radiators gehad waar hulle die waterstelsel onder baie hoe druk plaas (enjin afgeskakel) in 'n donker omgewing. 'n Spesiale lig wys dan die baie dun straaltjies wat uit die pyp lek mooi uit. Ou waterpype is 'n bastard. Jy sien nooit die lek nie en die warm enjin omgewing veroorsaak dat die lekkende water verdamp terwyl die enjin nog warm is. Ek noem dit met begrip dat geen ander ooglopende lekke of "gasket" probleme mag bestaan nie.
Patrol fan!
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: EGR Blocked

Post by KOOS BEST »

JG, ek gaan my EGR ook dan afblok. Lyk my daars meer voor as nadele daaraan.
Ek wil ook graag n nuwe MAF aankoop en installeer.
Die boost , is dit so belangrik om dit te meet , doen die ecu dit in elggeval nie klaar en hou dit in spec. nie?
Ek kan nie die belangrikheid van EGT beklemtoon nie , my hele bestuurstyl het ek daarvolgens aangepas, daarom dink ek as jy daarvolgens bestuur sal jy nooit jou boost kan oorskry of jou Turbo nie, dit is maar my siening indien jy volgens die perke van die EGT ry nie.
Koos
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: EGR Blocked

Post by JG Shields »

Koos, gee jou MAF probleme? Ek het myne se element al met "carb cleaner" skoongespuit met baie goeie resultate.

Ek het al my MAF vervang maar deur my broer in Auz aangekoop en hierheen ge-courier teen 'n fraksie van die plaaslike prys.

Ja, die bestaande boost sensor sorg vir 'n "cut-out" sodra die boonste perk tov toegelate boost gehaal word. Ek het egter al my boost sensor 2x vervang omdat sy kop ook deurmekaar raak. (meer gereeld as die MAF se kop) Ek vertrou dus nie my boost sensor nie en wil hom graag kontroleer met 'n meter waarmee ek die boost lesing kan sien. Sodoende kan ek sien of die boost nie dalk foutief is en ook tot verkeerde brandstof/lug mengsels kan lei nie.

Ek kyk tans na die MADMAN meerdoelige (digitale) meter.
Patrol fan!
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: EGR Blocked

Post by JG Shields »

Koos, ek het iets nagelaat. Ek glo dat die breather se olie wat teruggegooi word in die intake, bydra tot die boost sensor (wat in die intercooler sit) se probleme. Ek glo dat 'n droe intercooler (en res van die intake stelsel) baie beter moet wees as 'n nat olierige spul daar binne. Die "reference doc" maak ook melding van die breather olie en die EGR gas wat in die siliderkop bymekaar kom, 'n pasta vorm, die klep inlate blok en gladde werking belemmer. Net deur dit alleen te vermy kan bydra tot beter kraglewering.
Patrol fan!
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 6 times

Re: EGR Blocked

Post by Pieter du Toit »

JG,

My kar is nou in die proses van die EGR laat afblok. Vat bietjie tyd want ek wag alweer vir Nissan vir gasket sets - het sommer my turbo ook afgegooi en laat diens en balanseer - en toe ook n lek op die exhaust manifold kant opgetel - so dis ook gescheme - en gaan ook nog die freeflow doen sodra ek weer alles aanmekaar kan sit. Ek is baie opgewonde oor wat jy se hoe jy jou kar ondervind na die egr afbloking - so ek glo ek gaan dieselfde resultate kry.

Jy kan nie verkeerd gaan met die Madman meter nie - dis wat ek ingesit het en ek is regtig baie tevrede met myne. Ek het die EMS 2 ingesit - en lees reeds EGT en Boost saam met die ander standaard funksies. Is bietjie pricy - maar beslis die moeite werd. :thumbup: Wil graag nog die oliedruk en watertemperatuur funksies ook "activate".

Soos voorheen gese sal ook my posting doen sodra alle werk aan Blaasoppie klaar is!!! :salute:
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: EGR Blocked

Post by JG Shields »

Pieter,

Ek kyk uit vir jou bevindinge. Ek sal ook later by jou kers opsteek oor die ideale lesings (druk en temp) waarvoor ons moet oplet. Twee verdere opmerkings na my EGR afgeblok is.

1. Ek het nou 'n tenk brandstof in die stad ook uitgery. My brandstof verbruik voor- en na lyk dus so:

Voor EGR blok Na EGR blok
Stadsverkeer 7,1km/l 7,9km/l
Langpad 7,3km/l 8,41km/l

Ek sal graag wil weet hoe dit met die handrat voertuie vergelyk. Myne is auto.

2. Ek het steeds soms 'n "surge" in kraglewering wanneer ek probeer versnel, veral as ek wil verbysteek. In die verlede was dit die boost sensor wat gelol het. Hy is steeds op sy plek en werk normaal. Ek gaan 'n toets doen deur sy "inlet" te blok en sien wat die reaksie is. Ek besef ek moet dit nie permanent doen nie, maar ek sal wel kan vasstel of hy die probleem is.
Patrol fan!
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 6 times

Re: EGR Blocked

Post by Pieter du Toit »

JG,

Man jy laat sommer my tone krul van lekker kry met daai syfers - ek is mal daaroor!! Ongelukkig is myne nou ook n auto - het ons iemand op die forum met n 3.0l D handrat?? Ek sal ook graag wil weet hoe lyk sy diesel verbruik???

Ek sal jou sommer n pm stuur wanneer ek my posting maak - net om seker te maak jy mis dit nie!! :thumbup:
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: EGR Blocked

Post by JG Shields »

Reg so Pieter.

Koos, jy het 'n 3.0D (handrat??) en dis op kusvlak. Help ons as jy kan. Ek is seker hier in die hoeveld sal iemand met 'n 3.0D handrat wees wat kan help???
Patrol fan!
Post Reply

Return to “09. Engines”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 5 guests