Sien ook Fanie se skrywe in die nuutste SA4X4 Junie 2013 ( winning letter). Hier onder is sy skrywe aan my.
Hallo
Bekker, skuus dat die selfoonlyne hierbo in donker Afrika sommer uitsny. Daar onder in die Paarl gaan dit hopelik beter.
Niel Harrison, Redakteur van SA 4x4 het my gese dat jy na my soek om oor die Patrol te praat.
Soos ek in my briefie aan SA 4X4 gese het, is hierdie n BUL van n voertuig. Ek het werklik NIKS in die Kalahari, en die Kgalagadi gery wat enigsins n probleem vir die Patrol geskep het nie. Ek het die 4x4 roete vanaf Nossob na Mata Mata toe gery en van die grootste rooi duine in laestrek 4x4 met gemak oorgesteek sonder dat dit enigsins gevoel het of die Japanese sterkman se spiere swaar kry. Ek is die sandpaaie van die Savuti, Chobe en Moremi gewoond, en ry gereeld in die Sentraal Kalahari rond waar ons aktiewe Raptor, aasvoels en valk neste op GPS plot vir Bird Life Botswana plot, waar die sand effe "vaster" is as in die rooi duineveld van die suidelike Kalahari. Uiteraard is die 4x4 roetes aan die SA kant van die Kgalagadi redelik los gery en moet jy partykeer die duin storm met genoeg momentum, maar die gewig/krag ratio van die Patrol is perfek as jy jou wiele so op 1,4 bar hou. Nie een keer het ek gevoel dat ons n probleem gaan optel nie.
Ek beveel die GL Diesel Patrol met vrymoedigheid vir jou aan. Jy sal beslis nie spyt wees nie. Dis n "serious" 4x4 met al die kwaliteite wat n mens verwag van n "serious" veldry voertuig.
Daar is ook hope spasie en alhoewel ek nie n sleepwa gesleep het nie, behoort daar oorgenoeg krag daarvoor "on tap" te wees
As jy ooit hierbo moet kom oorbly, kan jy sommer by my aan huis slaap. Laat weet my net.
Vriendelike groete,
Fanie Fourie
Patrol Passion
-
- Senior Member
- Posts: 327
- Joined: 01 Apr 2012 14:44
- Full Name: Jacques Strauss
- Nickname: NISMOnator
- Home Town: Pretoria
- Current 4x4: 2007 Nissan Patrol 4.8 GRX
- Home Language: Afrikaans
- Location: VALHALLA
- Has thanked: 19 times
- Been thanked: 3 times
Re: Patrol Passion
Patrol is KONING!!!! 

God follows me where I tread.....
2007 Nissan Patrol 4.8 GRX = GRIZZLY!!!
2007 Nissan Patrol 4.8 GRX = GRIZZLY!!!
- Kagiso II
- Patrolman 1000+
- Posts: 3461
- Joined: 10 Jun 2009 16:58
- Full Name: Mac Mc Menamin
- Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
- Home Town: BrentwoodPark, Benoni
- Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe] - Home Language: AFRIKAANS
- Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
- Has thanked: 299 times
- Been thanked: 160 times
- Contact:
Re: Patrol Passion
en aan die ander kant van "Loaylty" kry mens hierdie .... aitog :-(
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
Who is online
Users browsing this forum: Bing [Bot] and 2 guests