Dankie oom Mac

G'n wonder ek kon dit nie kry nie! (ek weet darm nou hoe om die kar aan te sit en die elektriese stoele te verstel)
Rondte #2.
Hier is 'n "side-by-side" prentjie van die 2 intercoolers:
Om die intercooler af te haal was toe 'n maklike joppie. 2x klampe wat die pype vashou en 4 boute wat die intercooler op sy "brackets" vasbout.
Volgende struikelblok: op die onderste bracket van die huidige intercooler is daar 'n paar koppelings en 'n metaal boksie waaruit daar 4 rubber pypies kom. 2 van die pypies is aan 'n plastiese T-koppeling vas wat regop staan. Dit druk teen die nuwe intercooler vas, so ek gaan maar eers Driko se raad vra.
Aangesien ek toe reeds my tools uit het en my overall aan het, gaan ek toe maar aan om die 'catch-can' te installeer.
Eers moes daar 'n ander komponent (??) los gemaak word sodat ek die gaatjies kon boor. (Op die foto is die boonste gaatjie reeds geboor)
Daarna is die 'catch-can' bracket vasgebout.
Die boutjies wat saam met die 'catch-can' verskaf is, was net te kort vir my vingers en die 3de keer toe dit deur die enjin val het een verdwyn. Ek gaan nou kyk of ek 'n paar M6x10mm boute kan kry wat Allen-key koppe het.