Jong Tinus ek weet nie, blykbaar is dit baie sterk. Dit is a band wat deur Bridgestone gedoen word blykbaar. Hier is a link, maar ek sal maar eeder seker moet kyk na die M/T en ek dink die prys van die Cooper STT is seker nie so bad dan nie.
Die Federal Couragia M/T is R3300, maar die A/T is R2400 per band.
Ek kan die Cooper STTs aanbeveel. . Myne is 285/75/R16 op 'n 4.5 Petrol Trollie. Hulle raas 'n bietjie op teerpad maar dit waarvoor hulle ontwerp is: WOW!!! Ek is nie spyt nie. Hulle het goeie en sterk 3-laag wande. Kyk ook na die GoodYear Kevlar MTs. As jy hulle teen 'n goeie prys kan kry moet jy 'n bietjie dink!! Barend by Autowiel Centurion-Wes is 'n goeie begin!!!! Maar nou praat ons van MTs en nie ATs nie. Die Cooper ST Max bande is ook 'n baie goeie opsie en is tien-teen-een die beste antwoord, maar hulle is 'n bietjie duur. Bel eerder rond voordat jy koop.
Jorrie
1998 4500 GRX (Benji)
2011 4800 GRX Adventure 60 (Jorrie)
2011 Jimny Sold (Benji)
2 x 2019 Jimnies (1 x Lizzybean69, 1 x Jorrie)
Jong die muddies SST het sterk side walls selfde as KM2 ek kan nie vir jou se dat SST beter of swakker as km2 is nie hulle is in die selfde klas .....kyk maar na die bande se specs n band wat 20kg weeg moet volgens my meer rubber en yster in he as een wat die helfte weeg ......coopers is al jare daar en is. Bewys. DawidT ry hulle al jare en het hulle weer gekies vir sy 4.8 daaar is 500 verskil tussen die twee en dit beteken dat die spaarwiel ingesluit is op die coopers se prys onthou jy moet 5 koop want jou spaar moet dieselfde size wees anders gaan jou diffe dit nie laaik nie
Ek het al beide gehad - alhoewel die KM2"s was op die Isuzu D/C, en het huidiglik die STT"s en ek is/was baeie gelukkig met beide en tot so ver geen issues met een van die twee gehad nie, as ek weer moet koop sal ek die een wat die beste geprys is vat, behalwe vir die -wit geskryf- van die Coopers is daar nie volgens my 'n wesenlike veskil tussen die twee bande nie.
Nadat ek ek talle plekke gebel het is die meeste M/T duurder as A/T. Uitsonderings is BF wie se A/T 1000 duurder is as hul M/T.
Weereens dankie vir al die raad. Maar nadat ek als oorweeg het glo ek dat A/T die beter opsie is vir ons op die stadium.
Nou wil ek bitjie raad vra in die beste budget A/T wat a mens kan afskaf. Ek wil nie meer as 2300 per band spandeer nie? Enige iemand wat kan raad gee?
Ek weet dit is a tight budget maar dit is wat dit is.
Ja nee ek hoor wat julle se, maar nadat ek gesien het wat met die Voetspore span gebeur het met daardie tyres is ek bitjie skepties. Hulle het meer pap wiele reg gemaak as iets anders?
Weer eens se ek net die volgende sterk side walls is n moet....die AT bande is niks mee verkeerd nie maar ek sal eerder n bietjie wag en die sterker bande koop n mens kan maklik n snot. Wurm in die loopvlak druk as n sekel bos daar indruk maar as jy n sidewall verloor is die tire klaar .......so die regte manier om dit te doen is om mooi jou huiswerk te doen oor watter band watse side walls het en watter gewig hy kan dra .kyk maar na die toets in leasure wheels oor at bande . Ek stem nie saam met hulle toetse nie omdat die ssterker bande meer pap moes gewees het vir sand ens maar daar is redelike info oor konstruksie ens . Die verkeerde ding om te doen is om n salesman te vra want hulle druk die een wat hulle verkoop