NISMOnator wrote:Hi Almal,
Ek begin nou rond shop vir A/T om op ons Patrollie aka GRIZZLY te sit? Huidige bande se grootte is 275/65R17. Sover ek kan onthou moet ek 285 gaan maar moet die res van die syfers dieselfde bly.
Dankie
Siende dat Tinus my naam genoem het, hier is my idees.
Ek dink dit hang heeltemal af van hoe jy jou Trollie wil gebruik.
Met kleiner 265/70/R16 AT bande gaan jy stiller bande, beter padhouvermoe, beter natpad hanteering, beter versnelling en beter brandstof verbuik kry, maar hulle is nie so goed in die rowwe terrein nie en jou speedo gaan omtrent 12% uit wees.
Ek het onlangs van 265/70/R16 ATs na 285/70/R16 MT bande verander. Nou het ek awesome rowwe terrein performance, swakker brandstof verbruik, raserige bande op teerpad, swakker natpad hantering, swakker rem vermoee, swakker versnelling, maar my speedo is binne 1% akkuraat. Natuurlik is daar ook die image wat saam met die MTs gaan, maar dit is nie werklik belangrik nie.
Afhangende van die be-oogde toepassing is dit nie noodwendig better om vir die wyer bande te gaan nie. In party aanwendigs is smaaler bande beter.
As jy my vra, ek gaan nie my MTs vir ATs verruil nie, maar dit bly 'n persoonlike keuse wat moet strook met jou eie toepassing en voorkeure.
As jy meer op teer as op rowwe terrein gaan ry, is die ATs tien teen een die beste. Vir die 4.8 Patrol is die 285s dalk 'n beter opsie. Onthou daai 4.8 trek soos 'n stoomtrein en het goeie bande nodig.
Ten opsigte van koste gaan jy tien teen een uitvind dat die ATs duurder as die MTs is afhangende van die maak van die bande. Dit is wat ek ondervind het.
Daar is 'n bekende op die gebied, en as ek reg onthou is sy naam Johan (Tyres) Viljoen, vra sy advies. Ek is nie seker van sy van nie, maar hy het 'n goeie reputasie. Kontak hom en vra vir hom sy opinie.
Bogenoemde is my persoonlike opinie en ek hoop my inset is van nut. Toets dit maar eerder teen ander slimmer manne se idees voordat julle 'n besluit maak.
Tinus Lotz kan jou na 'n goeie bande handelaar verwys.
Groete
