Mark, die Voorsitter van die Hilux klub was die passesier in die Patrol en hy het die artikel geskryf. Hy het vir my laat verstaan die Patrol het gesukkel, toe lag ek net vir hom. Mac jy moet nou n briefie skryfen se hoe maklik jy daar op en af is. Dit is amper soos Baboons Pass, die Chinese is sommer met standaard bakkies daar uit, so dit hang maar af wat jy ry. Ons het gestem vir die foto op die voorblad en ek dink die ander ouens is so n bietjie "pissed off" want die Patrol het die eer gekry.
Mark was my passasier, maar hy het geen artikel geskryf waarvan ek gelees of gehoor het nie; hy het meer as 1 maal genoem hoe gemaklik die Patrol is. Ek het die verslag op die Hilux en Patrol froums gesit. En Albertus van Wyk het die artikel in WegRy geskryf.
Soos genoem het die rocksliders heelwat gewerk. Die bashplate het so paar klippe se skerp kante stomp gestamp. Die pas verander beslis van tyd tot tyd weens erosie en rotsstortings. As jy mooi ry met jou Patrol en NIE oorhaastig is nie sal jy inkom en uitkom met standaard vering.
'n Mens kan daarso in, en uit in 'n dag sonder moeite. Maar hoekom so ver ry, en nie bietjie tyd spandeer in die mooi omgewing nie. In totaal met die Hilux wat gegly het en die Cruiser DC (wat julle nie van lees nie) was ons uit in 2 ure. Dit was dus af in 1 uur en op in 2 ure. Jy kan moontlik af ry in 30min en op in 45min. Ek dink net dan mis mens miskien die rede waarom jy nie eerder in GP gebly het en Heidelberg4x4 gaan ry het nie? of dalk is ek verkeerd?
Ek gaan in Desember terug na daardie omgewing toe. En Feb weer die pas ry saam so paar vriende wat duine geniet meer as klippe.
With your words you set into motion the direction your life will go.