


Ek het die manne met die langkoppe en dik brille se raad nodig.
Ek het my 1998 4.5 GL Partol in gevat vir n diens. Die werktuigkundige sê vir my die Patrols het n probleem met hulle petrol pompe gehad. Hy sal dié petrol pomp moet vervang. Lyk my dit is iets met hulle druk wat hulle lewer te doen.
Is dit so dat die pompe n probleem met hulle druk gehad het? Is dit n algemene ding? Of skiet die man spek?
Dit is n dienssentrum in Bloem se mense, gelukkig nie Nissan agente nie. Hy kan die parte vir my teen n baie goeie prys kry. Blykbaar van die fabriek wat die parte vir Nissan maak. (Sny die duur Nissan boks uit). So ek dink ek kom goedkooperig weg, alhoewel dit nog n plaas se prys is.
Ek het nie n probleem gehad nie. Het die kar verledejaar September gekoop. Die idling van die kar was nie glad nie, maar het gedink dit is net die kar wat bietjie gestel moes word. Dit is hoekom die kar na die werktuigkundige toe is.
Wil net n tweede opinie he.
Dankie