Gister brand my Patrol se enjin liggie 'n helder mooi oranje. O nee, nie 'n handgranaat wat nou gaan afgaan nie. Met bewende hande, sweet wat my aftap haal ek die boekie uit. Dankie tog, dis net water in die Diesel filter.
Die probleem is, langs die water pypie wat uit die filter kom is daar 'n elektriese draad wat afhang en wat aan niks vas is nie. Ek het die flits gekyk maar sien nêrens waar hy (dis die "male" kant) moet in plug nie.
Kan iemand dalk in hulle 2003 + diesels gaan loer waar daai pluggie indruk.

Thanx
Izak