My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011

Showcase your baby
User avatar
Arnolg
Full Member
Full Member
Posts: 39
Joined: 07 Jul 2021 10:15
Full Name: Arno le Grand
Nickname: Arno
Home Town: Pretoria
Current 4x4: 2006 4.8 GRX Auto
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 17 times
Been thanked: 29 times

Re: My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011

Post by Arnolg »

Baie dankie vir al die raad. Dit help verskriklik baie.

Ek sal dan vir iets moet kyk wat n goeie platform vir die toekoms moet wees.

Al die ektra werk wat dan aan die voertuig gedoen sal word sal oor n paar jaar strek seker. Hopenlik nie soveel jaar waar my kinders al uit die huis is voor dit klaar is nie.

Dit sal ook dan op n manier help om eers die basiese probleme uit te sort as daar eniges is.

Ek kom nou agter dat n mens net gladnie gaan wegkom van hoë brandstof verbuik nie, uit die natuur van die voertuig self.

So nou is my mikpunt meer oor hoe lank n engin sal hou eerder as hoeveel brannas die ding suip.
User avatar
offroadbiker
Moderator
Posts: 2859
Joined: 25 Jul 2012 08:36
Full Name: Dirk de Clerk
Nickname: ORB
Home Town: Krugersdorp
Current 4x4: Patrol GQ 4.2 ST
Home Language: Afrikaans/English
Location: Krugersdorp
Has thanked: 189 times
Been thanked: 270 times

Re: My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011

Post by offroadbiker »

So wat jy eintlik se is jy soek my GQ :oldtimer:

https://patrol4x4.co.za/viewtopic.php?p=117361#p117361

sorry hy is nie te koop nie QQQ
Dirk
1996 Nissan Patrol 4.2 ST
User avatar
Arnolg
Full Member
Full Member
Posts: 39
Joined: 07 Jul 2021 10:15
Full Name: Arno le Grand
Nickname: Arno
Home Town: Pretoria
Current 4x4: 2006 4.8 GRX Auto
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 17 times
Been thanked: 29 times

Re: My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011

Post by Arnolg »

Hahaha, dink net, as jy joune aan my verkoop, dan kan jy vir jouself 'n spik splinternuwe Y62 kry :biggrin:

Of Anthony s'n, daai ding is 'n masjien.
User avatar
Arnolg
Full Member
Full Member
Posts: 39
Joined: 07 Jul 2021 10:15
Full Name: Arno le Grand
Nickname: Arno
Home Town: Pretoria
Current 4x4: 2006 4.8 GRX Auto
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 17 times
Been thanked: 29 times

Re: My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011

Post by Arnolg »

offroadbiker wrote: 25 Mar 2024 08:54 So wat jy eintlik se is jy soek my GQ :oldtimer:

https://patrol4x4.co.za/viewtopic.php?p=117361#p117361

sorry hy is nie te koop nie QQQ
Ek't nounet deur al daai gaan kyk.
Ek is verskriklik jaloers.
User avatar
Arnolg
Full Member
Full Member
Posts: 39
Joined: 07 Jul 2021 10:15
Full Name: Arno le Grand
Nickname: Arno
Home Town: Pretoria
Current 4x4: 2006 4.8 GRX Auto
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 17 times
Been thanked: 29 times

Re: My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011

Post by Arnolg »

Ek dink dit was 'n goeie ding om so 'n maand of twee dink-tyd te he om te wonder en besluit wat om te doen met my Patrol probleem.

Dit klink vir my asof mens net twee van die volgende lys kan kies.

1. Ligter op brandstof
2. Breek nie sommer nie.
3. Minder enjin onderhoud.

Dit beteken as ek my baie min meganiese vaardigheid in die pot gooi, gaan ek 2 en 3 moet kies.

Ek het ook 'n paar boodskappe raakgesien wat se dat die TB4.5 en die TB4.8 redelik dieselfde is met brandstof verbruik. Die TB48 het net meer krag.
Dieselfe brandstof maar meer krag. Dit is 'n maklike besluit.

En so hartseer soos wat ek was om van my TB48 ontslae te raak, sal ek net so gelukkig wees om iets soorgelyk weer op te tel.

So...dit beteken dat ek weer na 'n Y61 TB48 gaan kyk nader aan die einde van die maand.

Budget is maximum R170K (einde van hierdie maand).

En omdat ek nou al nuusierig is het ek al klaar begin rondkyk hoe die mark lyk.
Daar is nie veskriklik baie 4.8 GRX Patrols soos wat ek gedink het daar sou wees nie.

Hier is een wat redelik goedkoop is : https://www.cars.co.za/for-sale/used/20 ... g/9524735/
Ek is bietjie bang om van WeBuyCars te koop. Ek vermoed ook dat die rede hoekom daar 'n sleepstang aan die voorkant van daai Patrol is is dalk omdat dit gebruik was vir 'n boot.
User avatar
Alex Roux
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2668
Joined: 11 Jul 2011 10:54
Full Name: Alexander Roux
Nickname: Calculator
Home Town: Johannesburg
Current 4x4: 2004 GU 3TDi (Lexus) - aka "Witblits" (sold)
2005: GU TD42 - aka "Masewa"
1996: GQ TB48 conversion - aka "Skilpad"
1993: GQ SWB TB42 - aka "Shortie"
1985: MQ Patrol (Safari) SD33 - aka "Toro"
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 60 times
Been thanked: 255 times

Re: My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011

Post by Alex Roux »

Ek sien sy kondisie word beskryf as “below average”
Dit lyk nie so op die prentjies nie. Maar below average beteken eintlik sleg. Daar is nie foto’s van die interior nie. Ek vermoed dit is redelik verinneweer wat tot die beskrywing gelei het.
So wees net voorbereid daarop. Jy kan detailing oor tyd regmaak.
Skilpad, Shortie, Toro & Masewa
User avatar
Arnolg
Full Member
Full Member
Posts: 39
Joined: 07 Jul 2021 10:15
Full Name: Arno le Grand
Nickname: Arno
Home Town: Pretoria
Current 4x4: 2006 4.8 GRX Auto
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 17 times
Been thanked: 29 times

Re: My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011

Post by Arnolg »

Daarsy, en toe help Tinus my om my hande op 'n 4.8 GRX te kry.
'n Mooi *perl* white ene wat nou bietjie meer krappe en stampplekke het na die rivier trip.

Ek dink hierdie voertuig gaan 'n baie goeie basis wees om mee verder te gaan.
Eerstens, die rivier trip het baie gehelp om my eie vertoue op te bou. Die Patrol kan baie meer goed doen as wat my vlak van vermoëns is. Oor tyd hoop ek dat ek die voertuig baie meer leer ken om te sien waar my limiete is.

Nadat ek die Patrol na Thys toe gevat het en die voorste skokbrekers laat vervang het is die padhouvermoe ook baie beter.

Volgende op die lys is om te kyk na die brieke. Hy swaai bietjie na regs as mens die brieke trap. Dit is maar 'n veiliheids saak, so dit moet eerste regkom.
Ek sal ook laat kyk na die hele sluit meganisme omdat die central locking net op die bestuuurder en barn-door werk. O ja, daar is ook net een sleutel. So ek sal dit na laat kyk na die brieke gedoen is.

En dan is dit tyd vir MODS!

Eerste op die lys (en tans al waarna ek gaan kyk voor ek enigiets anders mod) is die agterste bumper.

Ek het raakgesien op die forum dat 'n quater chop kan werk op die Y61 : chop.
So nadat ek die brieke en central locking uitgesort het, gaan ek met Mnr. Conan gesels oor wat ons kan doen. Daar is gelukkig 'n paar maande om te dink oor wat ons hier kan uit-figure.

Die rede hoekom die agter bumper eerste op die MODS lys is, is omdat ek die plastiek bumper gebruik het om uit te vind van 'n groot rots op die rivier trip, so hy is nou effe moertoe :doh:

Hoe minder geld die eerste twee items gaan wees, hoe vinniger kan ons begin ontwerp.
IMG-20240810-WA0025.jpg
20240809_141907.jpg
User avatar
Arnolg
Full Member
Full Member
Posts: 39
Joined: 07 Jul 2021 10:15
Full Name: Arno le Grand
Nickname: Arno
Home Town: Pretoria
Current 4x4: 2006 4.8 GRX Auto
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 17 times
Been thanked: 29 times

Re: My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011

Post by Arnolg »

Dit was 'n baie besige Desember en Januarie en Februarie maar ons het uiteindelik die agterse bumper "herstel".
Met herstel bedoel ek ons het die ou plastiek bumper afgehaal en Peter Connan het 'n verskriklike mooi staal bumper ontwerp en bou.

Ek het nognie 'n foto geneem na alles geverf en aanmekaar gesit is nie omdat ek nognie my kar weer na die tyd gewas het nie.
Ek belowe die bumper is nou op die Patrol EN ek het die exhaust laat regmaak wat ek moes afsny om die bumper te laat pas.
20250321_161529.jpg
20250316_101319.jpg
20250215_085544.jpg
20250125_135912.jpg

Na die rivier trip verlede jaar volgens my vrou is die volgende ding wat ons MOET doen is om 'n stel rocksliders te kry.
Die alluminium trappies wat van die fabriek af gekom het is maar baie sag en ek het al 'n klein duik net voor die voorste deur opgedoen.

Ek is opsoek na redelike taai rocksliders sodat ek soos Christo orals skrapende kan rondry sonder veel bekommernis :lol: . As julle voorstelle het van wat om van weg te bly en wat om na te kyk sal ek dankbaar wees. Ek sien van die rocksliders moet mens die onderste stuk plasiek afhaal van die agterste flare af. Ek hou van daai idee omdat dit minder plastiek is en meer staal is wat die bakwerk beskerm.

Ek het ook gesien dat my bande nou al net meer as 10 jaar oud is, so hulle moet ook vervang work.
Ek begin dink dat ek die Patrol na een van ons Patrol wisperes toe moet vat om net alles op een skoot uit te sort (en ook die drop bokse opsit omdat die Patrol verskriklik tram line op die teer).
Anthony Forgey
Senior Member
Senior Member
Posts: 485
Joined: 07 Apr 2016 09:46
Full Name: Anthony Forgey
Nickname: Anthony
Home Town: Randburg
Current 4x4: 98 4.2D (turbo'd)
Home Language: English
Has thanked: 175 times
Been thanked: 202 times

Re: My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011

Post by Anthony Forgey »

looks neat!!

Peter Conan bou ook sterk rocksliders.
Intelligence is measured in smarts, stature is measured in hearts
User avatar
Arnolg
Full Member
Full Member
Posts: 39
Joined: 07 Jul 2021 10:15
Full Name: Arno le Grand
Nickname: Arno
Home Town: Pretoria
Current 4x4: 2006 4.8 GRX Auto
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 17 times
Been thanked: 29 times

Re: My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011

Post by Arnolg »

Intussen en ter voorbereiding vir Augustus het ek besluit om nuwe bande vir die Patrol te kry. Die vorige Coopers was aan die begin van 2015 vervaardig, so hulle was reeds al ver oor die tydperk wat kan beskou word as veilig.
Ek het ook met 'n skok agtergekom dat as jou bande ouer is as 6 jaar die versekering nie uitbetaal as jy in 'n ongeluk is nie. Ek weet nie hoe waar dit is nie, maar soos ek versekering ken, speel ek eerder nie daai speletjie nie.

Anthony het my in kontak gesit met die mense by Maxxis wat 'n goeie prys op 5 spliter nuwe bande aangebied het. Hulle het met Tyremart naby waar ek bly gereel sodat ek net hoef op te daag en die bande aan te sit.

Die nuwe bande gee die Patrol 'n baie meer aggressiewe "look", ek hou verskriklik baie van hulle. MT 772.
Ons sal by die rivier trip sien hoe goed hulle werk. Hopelik moer ek nie amper weer van die wal af nie.
20250523_145723.jpg
Ek het ook met Peter begin praat oor rock sliders. Ek sien baie uit na hierdie omdat ek dink sy rocksliders die grootste verskil in beide my eie selfvertroue en ook aan die vermoë van die Patrol om beskermd te bly gaan gee.
Post Reply

Return to “08a. Your Patrol”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest