My daily plaas bakkie is vir laaste bietjie meer as 2 jaar n 1978/80 4x2 isuzu kb lwb c190 diesel. Sonder papiere, so net op pad. Papiere kan ek met bietjie gesukkel in hande kry.
Dan het ek n 72 swb chev luv met stukkende c190, ook 4x2. Sal n resto projek raak.
Dan het ek n uiters geroeste lwb c190 kb bakkie, wat ek sal konvert na sfa 4x4 met 235/85/16.
Dan het ek n 1985 isuzu kb4x4 swb met rd28 engine, wat my plaasbestuurder se plaas bakkie is, ook af van pad.
En dan, die eintlikke baba van die thread.
N 1978/80 swb isuzu kb ex c190 4x2 sonder engine of gearbox. Butternut.
Nou ek wil Butternut my daily dorps bakkie maak. Dit is waar my anders/dom/eksintriek/call it wat you like deel in kom. Ek gaan ipv c190 en 4 spoed n 1981-1987 isuzu kb 2200D engine en 5 spoed gearbox in bou. Cab is relatief roesvry, bak vloer moet vervang word, tailgate moet vervang word of kort werk. Dink ek gaan soek vir n tailgate of een maak.
Maar ek wil bakkie redelik netjies maak. Respray mens dit na roes behandel is, of raptor mens dit. Hou baie van my groen patrol se raptor, maar het beter verwag met krap bestand. My hond bekrap my deur van opspring. Maar ek is liewer vir my hond as n kar, so laat gaan dit.
Na wie vat mens bakkie vir n raptor of spray job? Is hier iemand in wes kaap rond, of vat ek hom vir oom jan by Quantum. Ek gee nie om om in Gauteng te laat diens of spraywerk te laat doen, solank die job waarde vir geld is.
En oom jan en pierre beide gee my uitstekende diens… en n rede vir n roadtrip deur tankwa en terug is altyd aanloklik.








