Nukkerige 4.2 petrol Patrol
-
- Newbie
- Posts: 1
- Joined: 06 Sep 2010 22:19
- Full Name: Christo
- Nickname: Christo
- Home Town: Pretoria
- Current 4x4: Nissan Patrol 4.5 GL
- Home Language: Afrikaans
Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol
Jules,
Ek is nuut tot die Patrol Forum, maar wil net weet of jy jou probleem opgespoor het.
Ek het soortgelyke probleem met my Patrol (4.5 liter Petrol). Wat ek reeds bepaal het, is dat die probleem kom voor as ek sinkplaat grondpad gery het. Gebeur ook nie altyd nie, totaal en al random. Gewoonlik skakel ek die voertuig af vir ’n paar minute, skakel weer aan en ry verder. Laaste keer wat dit gebeur het, was ek vir meer as 3 ure gestrand in Damaraland, Namibië.
Ek het reeds Petrol Filters gecheck en vervang. Eerste keer met die probleem het ek die petrol Filter vervang, probleem was weg vir lank, maar is weer terug voordat petrol Filter vervang moet word.
Langs die pad in Namibië het ek die petrol toevoer getoets en dit was 100%, maar steeds was die enjin nukkerig. In ’n stadium het die voertuig net reg gekom en kon ons verder ry.
Ek kon nog nie regtig bepaal wat die oorsaak van die probleem is nie.
Groete
Christo

- Jules
- Patrolman 1000+
- Posts: 1641
- Joined: 08 Apr 2009 09:13
- Full Name: Julius
- Nickname: Jules
- Home Town: Rietjiesvlei, Zoeloeland
- Current 4x4: Pathfinder
GQ Patrol - Home Language: AFR
- Has thanked: 94 times
- Been thanked: 76 times
Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol
Hallo Christo
Nee probleem nog nie opgespoor nie en het nog nie weer die simptome gehad nie, ek moet egter my lorrie vir n diens weer vat en gaan dan hierdie onderwerp uitdruk en vir die ou gee, dit is eintlik scary hoe min party van die "mechies" vandag weet, hul plug mos net die computer in en die ding sê wat is fout. So ek is ook besig om die kat eers goed uit die boom te kyk om te besluit wie moet aan my lorrie werk.
Shalom
Jules

Walk by FAITH not by sight
2014 Pathfinder 2.5 LE
Stofpad 4x4 Bashplate
42&60L Snomaster Freezer/Fridge
Buzzard Industries Overlander Trailer
2014 Pathfinder 2.5 LE
Stofpad 4x4 Bashplate
42&60L Snomaster Freezer/Fridge
Buzzard Industries Overlander Trailer
-
- Patrolman
- Posts: 611
- Joined: 01 Feb 2010 07:42
- Full Name: Andries
- Nickname: None
- Home Town: Pretoorsdorp
- Current 4x4: 4.8 GL with hairdryer.
- Home Language: Afrikaans
- Has thanked: 28 times
- Been thanked: 38 times
Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol
Net gou my ervaring bysit. Ek het eenkeer by n dodgy vulstatsie petrol ingegooi , en het ervaar dat ek teen n seker hoeveelheid revs net krag verloor het, as die revs gesak het kon ek weer aangaan. Dit was toe water in die petrol en n groot gemors. Het die petrol filter vervang en petrol gedreineer en die kar was reg. Soos Frans gese het water in die carb maaak snaakse goed.
Ek stel ook voor vir n beter beskrywing van die simptome, gebeur dit teen dieselfde revs, opdraaande , by die kus vs die binneland en waarvoor is jou wa gestel? Frans kan korregeer maar gewoonlik is elektriese foute tipies skielik harder rukke terwyl petrol meer gelydelik is. voorbeeld van petrol probleme:
te min: -, kar begin te sluk en tel geen spoed op nie maar as jy hom uit rat haal en dadelik probeer rev dan gebeur niks - kan floatbowl wees wat leeg geloop het - tipies as jy die engine n rukkie luier (5 sekondes) en dan weer probeer gaan hy spoed optel tot hy weer starve
te veel: engine wil nie onder load verby seker revs gaan nie, hy sal rev sonder load (uit rat) maar in rat is daar nie krag bo seker revs nie.
Christo ek is nie seker of jy inspuiting of vergasser is nie maar as jou probleem n geleidelikke mis tot die engine vrek? indien is dit heel moontlik vapor lock of te wel waar die petrol in die pyp na die vergasser so warm geword het dat daar net gas en niks vloestof is nie. Gebeur meer met vergasser omdat die pyp van die tank af teen baie lae druk gepomp word.
My ervaring met dizzie watse gewiggies lol is maar min - hulle lol gewoonlik of die heeltyd of glad nie.

- Tinus lotz
- Moderator
- Posts: 7590
- Joined: 29 Aug 2010 13:07
- Full Name: Tinus lotz
- Nickname: Tinus lotz
- Home Town: Centurion
- Current 4x4: Nissan patrol 4.8 GRX 2005
Toyota 2.7 legend 35 LWB 4X4 - Home Language: Afrikaans
- Has thanked: 802 times
- Been thanked: 562 times
Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol
hallo julle,
my vriend Piet het ook 4.2 petrol carb model - het ook orals vir petrol probleem gesoek totdat ons die weerstand op die coil voor die punte uitgehaal het.
Dit het die probleem opgelos - meer krag, ruil nou net elke 10000km punte maar dit voel soos 'n nuwe kar.
Laat weet - hoop dit help
Tinus
my vriend Piet het ook 4.2 petrol carb model - het ook orals vir petrol probleem gesoek totdat ons die weerstand op die coil voor die punte uitgehaal het.
Dit het die probleem opgelos - meer krag, ruil nou net elke 10000km punte maar dit voel soos 'n nuwe kar.
Laat weet - hoop dit help

Tinus
- Jules
- Patrolman 1000+
- Posts: 1641
- Joined: 08 Apr 2009 09:13
- Full Name: Julius
- Nickname: Jules
- Home Town: Rietjiesvlei, Zoeloeland
- Current 4x4: Pathfinder
GQ Patrol - Home Language: AFR
- Has thanked: 94 times
- Been thanked: 76 times
Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol
Dankie Tinus, ek het egter so 4 jaar terug my punte met n elektroniese ignition vervang ek weet nou nie of die coil nog daar is nie?
Shalom
Jules

Shalom
Jules
Walk by FAITH not by sight
2014 Pathfinder 2.5 LE
Stofpad 4x4 Bashplate
42&60L Snomaster Freezer/Fridge
Buzzard Industries Overlander Trailer
2014 Pathfinder 2.5 LE
Stofpad 4x4 Bashplate
42&60L Snomaster Freezer/Fridge
Buzzard Industries Overlander Trailer
- Saltman
- Moderator
- Posts: 281
- Joined: 04 Apr 2009 16:03
- Full Name: Herbie Hellstrom
- Nickname: Saltman
- Home Town: Durbanville, Western Cape
- Current 4x4: Land Rover Discovery Series 3 TDV6 Auto
Land Rover Discovery Series 1 Tdi.
Land Rover Discovery Series II Td5 - Home Language: Afrikaans / English / German
- Location: Durbanville, Western Cape
Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol
Hi Julesek het egter so 4 jaar terug my punte met n elektroniese ignition vervang ek weet nou nie of die coil nog daar is nie?
Ah, ek hoop ons beweeg nou nader aan die oorsaak! Watter elektroniese ontstekingstelsel is in die voertuig?
Ek is bekend met die Ignitor wat baie goed werk, doen weg met punte en condensor, maar beslis nie die coil nie!
Kyk net na die verdeler se vereistes, in my geval het die oorspronklike verdeler 'n resistive draad ingehad wat die coil voltage na so 8,5 V verminder het om die punte se leeftyd te verleng. Met die ignitor moes ons 'n performance coil insit wat 'n geweldige verskil gemaak het, nadat ons die reisitive lead vervang het met standaard weerstand bedrading!
En raai wat, die eerste coil was 'n dud! Nogal 'n rukkie geneem om dit te pinpoint! Toets die coil se weerstand!
Maak ook seker of jy resistors nodig het (baie voertuie het in bo en behalwe die resistive draad).
MAAR hier is die catch - meeste van die elektroniese komponente het ook 'n lewensverwagting. OMI (ignitor se verspreiders) het my gese die ding het 'n leeftyd van so 6 - 8 jaar. En hy begin afbreek as hy naby sy einde kom, veral as hy warm raak ens. So laat maar toets as jy enigsins twyfel!
Nog 'n probleem area is die vacuum advance - maar as hy perish of 'n gaatjie inkry dan is die fout wat jy optel konstant - as die gat groot genoeg is dan sukkel die advance om oop te trek. Dit beteken die voertuig sal backfire en swak trek en begin warm loop want die tydreeling bokant idle is heeltyd uit. As jy so aanhou sal jy gate in die pistons brand! Maar jou simptome klink nie so erg nie!!!
Voorspoed met die vind van so 'n lastige foutjie.
Herbie
Saltman:
One foot in Land Rover land and one foot in Patrol land and the sensitive bits are hanging in the salty sea in between!
One foot in Land Rover land and one foot in Patrol land and the sensitive bits are hanging in the salty sea in between!
- Tinus lotz
- Moderator
- Posts: 7590
- Joined: 29 Aug 2010 13:07
- Full Name: Tinus lotz
- Nickname: Tinus lotz
- Home Town: Centurion
- Current 4x4: Nissan patrol 4.8 GRX 2005
Toyota 2.7 legend 35 LWB 4X4 - Home Language: Afrikaans
- Has thanked: 802 times
- Been thanked: 562 times
Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol
Hi jules
Wat ons gedoen het is ons het n draad van die battery na die coil toe gesit met n sekering natuurlik , uit despirasie op n trip in botz dan loop die engin 100% daarmee het ons al die skakelaars ens uitgesluit . Kyk net vir jou rev counter as hy skielik val en dan weer terug kom is dit baie moontlik n elektriese probleem . Die tydelike draad het ons gehelp om dit vas te stel .
Hoop dit help

- tour de frans
- Patrolman
- Posts: 797
- Joined: 03 May 2009 19:48
- Been thanked: 22 times
Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol
Dag Herbi,sorry man maar ek weet wat jy bedoel,maar ek verskil van jou met die swak trek.(Hy sal dieselfde trek)Nog 'n probleem area is die vacuum advance - maar as hy perish of 'n gaatjie inkry dan is die fout wat jy optel konstant - as die gat groot genoeg is dan sukkel die advance om oop te trek. Dit beteken die voertuig sal backfire en swak trek en begin warm loop want die tydreeling bokant idle is heeltyd uit. As jy so aanhou sal jy gate in die pistons brand! Maar jou simptome klink nie so erg nie!!!
Kortliks,n engine het so rofweg 3 konstante tydreeling.Idle,part throttle en flatout.Op n distributor kar met vacuum advance werk die tyd so.Idle spoed 10 grade voor TDC (top dead centre) Die tyd wat ek nou hier quote is n tipiese tydreeling vir n kar teen die kus,maar n binneland kar verskil net n bietjie.
10 Grade op idle is die tyd staties gestel deur die distributor met die hand te skyf en dan vas te draai.So die kar sal op 10 grade bly altyd wanneer hy idle.
Part throttle,maw jy rev nou al so n bietjie so die tyd moet aangepas word,nou word die distributor nie met die hand geskuif nie maar het gewiggies wat uitswaai soos die distributor ook hoer rev.Die metode maak die tyd meganies vinniger.So wanneer hulle vol advance beryk het behoort die tyd te settle op 30grade voor tdc.DIT IS NOU SONDER DIE VACUUM GEKOPPEL AAN DIE VACUUM ADVANCE.Met die pyp by op dieselfde rpm teen 30grade moet die vacuum advance nog 15 grade bysit.Dit gebeur net as jy part throttle ry.Want as jou voet plat is daar NIE VACUUM IN DIE ENGINE NIE,en val die vacuum weg op die advance en die tyd val dan terug op die meganiese (gewiggies) se tyd,wat die geval 30 grade is.
Nou lig jy jou voet,die engine kry vacuum en die advance kom by.MAW jou tydreeling is 45grade.
Dit is net vir brandstof bespaaring en nie krag nie.
Jammer vir my taal meng,en ook probeer ek nie die tread oorvat nie.
Groete
Frans

Gu y61 wagon- 6.0L chevy
Gu y61 pickup- 6.2L chevy
Tour de frans - het niks met n bicycle uit te waai nie.
Gu y61 pickup- 6.2L chevy
Tour de frans - het niks met n bicycle uit te waai nie.
-
- Junior Member
- Posts: 10
- Joined: 06 Mar 2010 21:29
- Full Name: Michiel Christiaan Joubert
- Nickname: MC
- Home Town: Pretoria
- Current 4x4: 1996 Nissan Patrol 4.2 SGL
- Home Language: Afrikaans
Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol
Jules,
Net vir inligting. Ek het op my vorige 4.2 Patrol ook partykeer 'n probleem gehad dat hy sommer net uitsny en dan weer aangaan. Ook net party keer. Dit was los drade op die solenoid wat die petrol afsny van die immobiliseerder. Die drade skud los, maar val nie heeltemal uit nie, wat dan die petrol afsny omdat hy nie meer krag kry wat hom oop hou nie. Die volgende hobbel in die pad skud hulle weer reg , die solenoid maak oop en hy kry weer petrol.
MC Joubert.

- Senior Member
- Posts: 66
- Joined: 27 Aug 2009 22:58
- Full Name: Pierre Becker
- Nickname: Pierre
- Home Town: Milnerton
- Current 4x4: GQ
- Home Language: Afrikaans
Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol
Jules, het ook daai probleem op my 4.2 As ek langpad ry, na 'n ruk val die rev counter en dan is die enjin dood. na 'n paar sekondes dan sluk hy en loop weer vort. Gebeur veral as die vacuum vinnig verander. Ek het ook Ignitor en glo die probleem ist dar. My Hilux het ook ignitor gehad en die goed hou nie vir ewig nie. Die drade wat breek af waar hulle in die pick-up wat bine die dizzy sit ingaan. Ek maak my dizzy cap oop, haal bietjie strain van die drade af en dan loop hy weer. Ek glo daar is wel ander elektriese probleme op die ou Patrollies ook. Vervang net paar van die ouer drade in die ignition sisteem en behoort probleem te verlig.
Who is online
Users browsing this forum: No registered users and 2 guests