Ek het gister my voertuig by Dekra ingeboek vir 'n tegniese inspeksie. Die idee is dat hulle dalk iets kan raaksien wat ek nie self kan sien of voel nie.
Dit maak nie seer om iemand anders te kry om ook na die Patrol te kyk nie.
Ek sal hom graag ook na 'n Patrol kenner toe wil vat sodat iemand wat slim met Patrole (Patrols? Patrolies?) is ook kan kyk na goed waarvan hulle weet wat Dekra nie van weet nie. Voorstelle sal waardeer word!
Die verslag se dat die onderstel nog puik is en dat daar gee lekke of speeling is op enige van die maganismes nie. Ek was baie bly daaroor!
Ek sal net op die volgende diens moet seker maak dat al die plekke wat ge-regrease kan word, ge-regrease word.
En die stuurwiel re-centre...
En die een mis lig het bietjie fog in, maar dit behoort maklik te wees om op te los.
Hier is hoe dit sitplekke tans lyk. Ek het gister nuwe oortreksels van Escape Gear af bestel omdat ek nie die lëer NOG verder wil beskadig nie.

- 0000365051_31_5561_4122.jpg (79.53 KiB) Viewed 4673 times
In hierdie foto kan julle AMPER sien hoe die treurige vloer mat opfrommel, so ek het besluit om nuwe rubber molded vloermatte te bestel vir die voorste en agterste sitplekke.
Die vloer matte kom van AUS af, so ons sal maar sien OF dit hier afgelewer word en hoe lank dit op die hawe gaan vassit.

- 0000365051_6.jpg (88.69 KiB) Viewed 4673 times
Die foto gehalte is nou nie van die beste nie omdat ek vermoed dat hulle 'n aartappel gebruik om die fotos te neem.
Ek het ook 'n nuwe spaarwiel omtreksel bestel van Escape Gear af omdat die bande te groot is vir die dop wat oorspronklik met die voertuig gekom het. Ek was bietjie hartseer oor dit omdat die dop nog baie mooi lyk.
Ek is nog besluitloos oor die dak rak. Ek weet nie of ek een wil he nie en ek weet ook nie of ek hom baie gaan gebruik as ek 'n sleepwa ook het nie. Ons sal maar sien oor hoe dit gaan ontwikkel.
Die voorste en agterste buffers is ook nog iets waaroor ek besluit. Ek hou baie van die oorspronkilke buffers wat tans op is, MAAR daar is baie meer doel daarin om hulle te vervang met buffers wat meer straf kan hanteer.
O ja, en dan laaste vir nou. Ek wil Baie graag die agter ligte funksioneel maak. Die huidiges is net leë doppe. Ek hoop daar is mense wat hierdie lees wat my sal kan help met dit. Ek sal bietjie op die forum soek waar mense dit al gedoen het vir bietjie raad. My hande werk nie so goed soos meeste van julle s'n nie omdat ek meeste van my werk op 'n sleutelbord doen, so moenie eers vra hoe my sweiswerk lyk nie
Ek sien ook julle hou van prentjies, so hier is 'n paar van die onderstel. Die modder spatsels is omdat ons die kar amper laat versuip het in Hennops (ek sal dit die naweek probeer was).
Laat my weet of julle iets kan sien waaroor ek slapelose nagte kan he

- agter as.jpg (135.09 KiB) Viewed 4673 times

- agter sus.jpg (138.63 KiB) Viewed 4673 times

- ratkas.jpg (102.12 KiB) Viewed 4673 times