Michael wrote: ↑06 Oct 2019 08:08
Christo, bly jy is ok en jammer om te sien hoe stukkend jou mooi Patrol is. Ek glo daai skade is maklik herstelbaar!
Het iemand al die uitslae van die dyno dag? Sal graag wil sien wat gebeur het.
Michael
Ek weet nie oof iemand een opsomming moet maak en of elkeen maar se prentjie hier moet plak nie.
Almal het 'n power run gehad in 4e rat.
In my geval is wiel balansering links agter bietjie uit gewees wat gemaak het dat die operator bietjie versigtig was. Die feit dat Skilpad se cluster wys dat jy reeds op 4500 revs redline het nie gehelp nie! As die operator plat getrap het tot by 5200 so daar dalk bietjie meer perde uit de toets gekom het.
My maksimum wringkrag was 392nm en krag was 135kw (in die 4e rat run) maar ek reken ek sal 'n aks meer kry as die wiel balansering reg is, dan sal die operator minder versigtig hoef te wees. Ek is egter baie tevrede daarmee. Wringkrag is maar wat vir my saakmaak. Omdat die wielbalansering bietjie gepla het, het hy ook 'n 3e rat run gedoen (waar die kar obviously stadiger ry oor die rolle), maar dit kan nie regtig vergelyk word met die ander karre se 4e rat runs nie.
Thys se Yster het natuurlik almal se karre bietjie klein laat voel.