Project TD42T Conversion

Vehicle modifications/repairs/rebuilds
User avatar
Kagiso II
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3461
Joined: 10 Jun 2009 16:58
Full Name: Mac Mc Menamin
Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
Home Town: BrentwoodPark, Benoni
Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe]
Home Language: AFRIKAANS
Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
Has thanked: 299 times
Been thanked: 160 times
Contact:

Re: Project TD42T Conversion

Post by Kagiso II »

Agarobsnorkel.jpg
Agarobsnorkel.jpg (161.54 KiB) Viewed 1609 times

lyk hy so ?
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 6 times

Re: Project TD42T Conversion

Post by Pieter du Toit »

Net so oom Mac - net so!! :thumbup: :woo:
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 6 times

Re: Project TD42T Conversion

Post by Pieter du Toit »

Geagte mede forum lede,

Hiermee wil ek u almal graag formeel meedeel en in kennis stel dat die heilige Ibus sy vlerke gesprei het!!!! :rolling: (Wie van julle het al van n heilige Ibus gehoor???)

Ok ok - Frans het die kat uit die sak gelaat - ja my kar dreun al op en af in die pad - en dis n moerse lekker dreun!!!! :thumbup: Verlede Saterdag (03/07) om 02h00 het my TD42T sy eerste asemteug getrek!!! Ag man was dit nie n wonderlike oomblik nie - ek het sommer skoon "emotional" geraak en n traan van blydskap weg geveeg!!!

Ja nee kyk - ek en Frans het nou saak aan gehad met die bure - ons het daai patrol daar in die vroee oggend ure laat staan en "idle" sonder "exhaust" - so klein bietjie ge-vrrmm-vvrrmm - net om daai "styf in die onderlyf" gevoel te kry!!! En saterdag (03/07) aand toe hardloop my Patrol sy eerste toetsrit om die blok!!!!

Ok - maar nou spring ek die storie heeltemal voor uit - want tussen "voor die start" en die "om die blok trip" moes baie dinge gebeur..........maar ek gaan by die begin begin - en hoop ek onthou nog als in die regte volgorde.

En terloops - hier met die meer tegniese goed moet julle maar vir Frans vrae vra - hy is die ou wat als moes uit "figure" en aanmekaar sit - en glo my vry - dit was geen maklike taak nie. Daar was "issues" soos die bestaande ecu, die ratkas se ecu, die 3.0l se diesel pomp wat elektronies is (teenoor die meganiese pomp van die 4.2) en nou met "fly by wire" aangedryf word. Ek loop nou al weer die storie vooruit maar my Patrol ry vandag met sy oorspronklike ecu en ratkas ecu, oorspronklike intercooler met boost sensor, oorspronklike airfilter met MAF sensor, temperatuur deur ecu en nie n enkele "fault id" op die "management system" rond!!! QQQ :woo: :clap: :thumbup:

Frans en nou moet jy my maar asb reg help en korrigeer - ek kan dalk n klomp strooi praat en verkeerde goed se - so asb stel reg as ek nonsens praat.

Ok eerste dinge eerste......dis waar ons laas gestop het.....
Image

Volgende was die eerste olies - ai man dis lekker om al die nuwe goete in n kar te gooi!!!
Image

Volgende was die modifikasie en insit van die kabel tussen die petrol pedaal en die diesel pomp - en dinge verloop nie altyd glad nie. Frans moes my hele petrol pedaal uithaal en n bracket maak waar die fly by wire kabel kon inpas.
Image

Hier is die nuwe fly wire op sy plek!!!
Image

Nadat alles terug gesit is het ons gevoel die pedaal is baie styf - en weer moes alles uitkom om ek dink springs of iets uit te haal. Dit het gehelp om die pedaal ligter te maak. Hierdie excercise is meer as een keer herhaal.

Daarna moes my Patrol n rev counter signal kry......
Last edited by Pieter du Toit on 11 Jul 2010 00:32, edited 2 times in total.
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 6 times

Re: Project TD42T Conversion

Post by Pieter du Toit »

Nou hoe nou gemaak - ons het n ecu met n 4 silinder engin gehad - en nou is hier ses silinders met nog steeds n ecu wat gaan soek na n 4 silinder se rev signal. (Ons het my 3.0L se rev counter pick up gebruik - die 4.2 s'n se drade is stomp teen die sensor afgesny - en sou in elkgeval seker nie reg gewerk het nie - in elk geval nie deur die ecu nie) . (Frans praat ek nou reg - HELP ASB!!) Na vele hare uit die kop trek en allerhande planne beraam besef Frans maar hy moet die ses silinder n vier silinder se rev input gee - so hoe nou gemaak?? :think:

Frans bou toe n klein bracket wat onder by die crank pulley op die engin vasbout - die rev counter pick up sit hierop. Check net hoe professioneel - man die fabriek kan nie so netjies werk nie!!!
Image

Hier op die foto kan julle ook sien waar die dom d*se die 4.2 se rev counter pick up (net links van die draad van Frans se pick up) se drade reg teen die sensor gaan afsny het!!!

Daarna verdeel hy die omtrek van die crank pulley in 4 gelykkop dele - en by elkeen van die punte word n 5mm gat geboor en getap - en n staal boudjie by elkeen van die punte ingedraai!! :thumbup: En siedaar - die magnetiese veld (punt) van die rev counter pick-up sensor sien die omwentelinge van die boudjies op die crank pulley - en sodoene word die rev counter se sein verkry!!!
Image

Nou is dit tyd vir die sleutel draai - siedaar my Patrol se rev counter werk 100% reg (ok JG - seker so na as moontlik aan 100% - :lol: ) - sonder enige steurnisse, gehop, of gespring en hy "idle" dood op 700-750 rpm's.
Image

Moenie skrik vir die rookwolk nie - onthou dis n "slinternuwe" diesel engin wa nou vir die eerste keer op start!!!

Ok - so die petrol pedaal is uitgesort en die rev counter pick up is uitgesort - nou is dit tyd om in die pad af te ry en kyk hoe werk die ratkas en alles saam met mekaar!!!

Maar nou gaan ek eers slaap.......dis 3 uur in die oggend!!!!

Groete
Last edited by Pieter du Toit on 11 Jul 2010 02:31, edited 1 time in total.
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 6 times

Re: Project TD42T Conversion

Post by Pieter du Toit »

Ok die trip in die pad af het goed gegaan en die kar ry lekker - behalwe dat die auto gearbox nie so lekker wil change op "light pedal" nie. Nou dit was n behoorlike ge-kop krap :think: aan Frans se kant - maar drie dae later en dis uitgesort!!! Nou hier moet Frans maar verduidelik hoe en wat het gebeur en hoekom die auto box nie wou change nie - dis te ingewikkeld vir my!!! :redface: Frans asb verduidelik jy hoekom en wat jy toe gedoen het!!!

Ok so die kar ry nou - change lekker gears en daar is net nie fout nie - behalwe dat dit n moerse geraas in die pad af is. So Woensdagaand (08 Julie) gaan haal ek my kar by Frans om die exhaust te laat doen - en so sit ons toe sommer gou nuwe shocks in vir die bonnet ook. Ek het die shocks 400nm laat pomp en dis werklik perfek :thumbup: - nie te veel of te min nie en hulle tel die bonnet mooi op wanneer dit oopgemaak word. (Kyk op n latere foto dan sal julle die shocks sien.

Donderdag oggend is my Patrol se exhaust gedoen en slegs die aansluiting punt by die 4.2 se turbo moes verander word!! So ek behou die hele 63mm free flow system wat ek net verlede jaar laat opsit het - man en nou brul die Patrol darem mooi!!! Dis werklik waar n baie mooi klank!!!

Vrydagaand terug na Frans toe - tyd om die intercooler bracket te begin bou en res van die electronics te tackle. Dit het ook heelwat meet en pas afgegee maar ek kan jou weliswaar se Frans laat niks hom onder kry nie - hy kry net eenvoudig n oplossing en antwoord vir alles. Hier begin ons met die bou van die bracket....
Image

Hier is die eerste fit van die voorste gedeelte van die bracket....
Image

Toe is dit tyd om die agterste bracket te prakseer - nog n meet en passery en n ander uur of wat later en siedaar...
Image

EN nie 100 jaar later nie en daar is die bracket klaar met die intercooler op!!! :thumbup:
Image

So lyk die bracket sonder die intercooler en net voor ek dit gespray het.
Image

Nou eers weer tyd om op te hou werk - dis al weer 12-uur in die aand!!!

Goeie nag!!! :thumbup:
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 6 times

Re: Project TD42T Conversion

Post by Pieter du Toit »

Kom Saterdag oggend en dinge lyk so - met n bracket wat nou aansienlik netjieser lyk na ek dit met n blik duco beet gehad het!!
Image

Nou ja terwyl ons besig is met al hierdie wonderlike goed kan mens sommer maar n paar ekstras ook gou ingooi en dit agter die rug kry....wat gedoen is gedoen. So volgende was n gat in die pressure tenk vir n coolant level sensor - dan kan mos darem gewaarsku word as die watertjies begin wegraak en min raak!!
Image

Die level sensor word aan die madman ems gekoppel wat reeds in my Patrol is en gee n alarm met n waarskuwings boodskap op die lcd display. Hier is die level sensor al op sy plek - ek het vergeet om n foto te neem voor ons die pressure tenk terug gesit het!!
Image

Sommer gou nog n voorsorg en veiligheids maatreel - kom ons sit n addisionele coolant temperature sensor in - die word ook aan die madman ems gekoppel en gee vir jou die actual grade temperatuur van die water op die monitor se display. Die sensor is ook by die warmste kant geinstalleer.
Image

So lyk dit op die display van die monitor....
Image

Dan ook die ewige belangrike egt grade word op die monitor vertoon....
Image

En dan is daar ook n baie handige en belangrike tyre pressure monitor system - met n on and off road funksie wat jou toelaat om banddruk af te vat na 0.6 bar voor enige alarms begin afgaan.
Image

Nou begin die drade mooi maak en deur trek na binne!!!
Last edited by Pieter du Toit on 11 Jul 2010 02:37, edited 1 time in total.
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 6 times

Re: Project TD42T Conversion

Post by Pieter du Toit »

En toe was dit tyd om drade te begin uitsort en netjies te maak - hier begin Frans met die proses.
Image

Hier is Frans pens en pootjies bo-op my engin besig om sy rug te breek om drade deur die firewall te kry!!! En so het ons ook ander handlangers bygekry wat maar te gretig was om hand by te sit want hierdie projek moet nou einde se kant toe staan. Hier staan Frans se pa (regs) en Hermi Lategan (mede forum kollega en vriend) en toe kyk na die gebeure. Dankie vir julle ondersteuning en hulp ook - dit word baie en hoogs waardeer!! :salute:
Image

Na dit alles gedoen is moes die intercooler nou finaal gefit word - op sy plek!!!
Image

Ook hier is die 3.0l se ou boost sensor wat saam met die intercooler werk in gebruik gestel - en waolla - daar sit hy!!!
Image

Nou is dit net n hoes, poep en skinder en daar is die intercooler ook klaar!!!
Image

En siedaar - daar is my "nuwe" engine bay klaar - nou nog net die aircon pype en re-gas volgende week uitsorteer en dan is alles hunky dory!!! Die nuwe aircon pype is reeds in die proses om gemaak te word en die Partrol gaan Maandag in vir fitment en gas!!
Image

En soos julle kan sien - no lies told - on this photo my car is idling at 1500 rpm's and there is no sign of any dashboard or ecu lights going haywire!!!!
Image

En Saterdagaand 21h15 en hier staan my Patrol terug in my yaart op sy plek en onder sy dakkie - WELCOME BACK HOME MY PATROL :clap: :woo: :biggrin: :thumbup: :salute:
Image

En vir die eerste keer in amper 4 maande (my 3.0l het 20 Maart opgepak!!! :surprised: ) gaan ek vanaand VERSEKER n lekker :sleep: :sleep: inpak!!!!

Groete aan almal

PS: My kar het n serious name change nodig - Blaasoppie het toe nou dit gedoen en hy het homself poer in sy m*er geblaas!!! So daai naam moet waai - en ek soek enige iets wat verwys na n kragte reus of iets dergliks - hierdie ou sal nie weer gou gaan le nie!!! Enige voorstelle is welkom asb - ek het ook al aan iets soos Simson (JG se voorstel) of The Beast (ek hou nogal hiervan maar ek dink hier is al so n kar op die forum), Incredible Hulk, Tarzan ( :lol: ) Awesome Foursome (klink bietjie na sekskepades!!!- ek verwys eintlik na die 4.bietjie nog) ens gedink - maar nog niks het vasgesteek nie. Help asb!!!
Last edited by Pieter du Toit on 11 Jul 2010 10:36, edited 2 times in total.
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 6 times

Re: Project TD42T Conversion

Post by Pieter du Toit »

En voor ek vergeet - my speedo is nie n kilometer per uur uit van wat hy voorheen was nie - hy hardloop nog net so saam met die gps spoed soos wat hy gedoen het toe dit n 3.0l was. So JG ek weet nie hoekom jy gedink het ek gaan my speedo moet laat kalibreer nie maar uiteraard is dit nie nodig nie.
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 6 times

Re: Project TD42T Conversion

Post by Pieter du Toit »

En laastens maar nie minstes nie - n baie baie spesiale woord van dank aan Frans se vrou Melani en my eie wederhelfte wat aand na aand en naweek na naweek met hul eie geselskap opgeskeep gesit het terwyl ek en Frans aan die projek gewerk het. Ek en Frans albei weet dat dit by tye verseker nie lekker was nie en julle opofferinge, geduld en onbaatsugtigheid sal nie ongesiens verby gaan nie - weet net ek waardeer dit wat julle ook moes op offer opreg!!!!

BAIE BAIE DANKIE!!!
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 6 times

Re: Project TD42T Conversion

Post by Pieter du Toit »

FRANS - AAN JOU MY VRIEND - WOORDE HET EK NIE GENOEG OM VIR JOU DANKIE TE SE NIE - MY WILDSTE DROME EN VERWAGTINGE IS OORTREF MET DIE PROJEK!!! JY KAN MAAR EN JY MAG MAAR - EK HET GEWELDIG BAIE IN HIERDIE PROJEK GELEER!!! QQQ

Mede forum kollegas - al wat ek kan se is die man weet wat hy doen - maar hy het nou ook n lat vir sy eie agterwereld gesny - want so waar as wragtig sal geen ander mens weer aan my kar vat behalwe Frans nie!!! :lol: (Ek sal darem die olie en filter changes by Riaan laat doen Frans!!)

Sover my kennis strek kan ek dus nou se ek besit die eerste SUKSESVOLLE TD42T CONVERSION in SA!!!! WELL DONE FRANS!!! Man ek kan nie wag dat die engin ingeloop moet wees sodat ek kan gaan 4x4 nie!!!

Ek help met graagte aan jou eie projek wat volgende is ook!!

Groete
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
Post Reply

Return to “16. DIY Projects”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest