Tinus,
Ek het probeer om my 1985 L28 Patrol (foto op my avatar) te verkoop op die forum so 2 1/2 jaar gelede. Ek het die markwaarde oorskat (vir R70k gegaan, later af na R60k...).
Toe trek ek hom op die vloer by die Nissan agentskap in Lichtenburg, maar al belangstelling was van "bargain hunters" wat miskien tot R35k sou gegaan het - dan hou ek hom eerder!
In my hart is my kar R60k werd, maar ek weet as ek hom nou verkoop sal ek sukkel om dit te kry.
Ek dink R50k is 'n redelike prys vir jou bakkie as alles mooi werk. As iemand hom REGTIG wil hê, sal jy dalk R55-R60k maks kan kry.
Christoph
"Sou die hand van die HERE te kort wees? Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie." - Numeri 11,23