Page 1 of 3

River trip 09-13 August 2023

Posted: 23 Jan 2023 09:51
by offroadbiker
Seemingly its never to early to start planning for this trip :naughty: :naughty: :naughty:

Time to start planning for the biggest annual trip of the forum.

Yes it is River trip :blonde: :blonde:

As we know 5 days are required, so 2 days of leave needs to be set aside Thursday 10 and Friday 11 August 2023.

Roete:
Petroport (N1 outside PTA) tot by ingang van Klein Letaba - teerpad
Shell Ultra City Polokwane tot by Ingang van Klein Letaba - teerpad
Klein Letaba so 56km dik sand
Molototsi so 94km dik sand

Basiese reelings vir die trip:

Woensdag 09 Augustus van waar ook al jy gewoonlik jou hoof ter ruste le...... - Konvooi vertrek 06h00 van N1 Petroport net buite Pretoria.
Die wat nie wil konvooi ry - 12h00 by die ingang na die Klein Letaba. ONTHOU OM VOL TE MAAK IN VOOR JY AFDRAAI NA RIVIER, daar is garage 12km voor ingang van rivier!!! Maak vol in Giyani

Woensddagaand word daar ge kamp in die Klein Letaba. LET wel daar gaan Woensdag reeds 'n ent in die rivier gery word, wil uit die beskawing uitkom!!!!!!!!!!
Kamp behoort voor die rotstuin te wees....

Donderdag 10 Augustus van 07h30 begin voertuie in die rivier af ry. Vanaand slaap ons naby "Eiland" grens/heining van die Kruger Park.

Vrydag 11 Augustus - Vanoggend vertrek ons vir en ry en so 20km al langs die heining van die Kruger Wildtuin dan is dit 25 Grondpad. Ry deur die Groot Letaba in die Moletotsi in en doen brunch onder die groot Bome. Na brunch ry ons verder in die Moletotsi en begin kamp soek so 15h00 se kant.

Saterdag 12 Augustus an 07h30 begin voertuie in die rivier af ry, ons ry tot so naby moontlik aan die uitgang van die Moletotsi.

Sondag 13 Augustus oggend rustig oppak, klim uit die rivier en vat die pad huis toe.

(Indien werklik nodig kan brandstof verkry word halfpad deur Moletotsi by Dzumire),vat so 2 dae om te doen (daar is ook n klein garage Moletotsi so 9km van Moletotsi ingang- afgelope 7 jaar weet ek van 1xkeer wat daar nie brandstof was nie maar dis 2 pompe... en KONTANT!!!!!),

Brandstofverbruik teerpad soos wat jy natuurlik jou voertuig ken :wink: Binne in die rivier het my 4.2 Petrol geval van 5.5 na 1.9km/L en Oellie se 4.5 van 5.9 na so 3km/l, Die 4.2 Diesel gee so gemiddeld van 5km/l, natuurlik hoe meer jy speel hoe swaarder kan dit raak....

Verblyf: Slaap in die rivierbedding en jy moet 100% selfversorgend wees, geen koste vir verbyf. dus ook GEEN GERIEWE.

Innerlike Jy moet alle kos, water en "bruin Fanta" saam ry, hoe hongerder en dorser jy is, hoe meer is jou koste :oldtimer:

Jy het minstens so 6 ure nodig om daar en dan weer terug te kom, dus ook die rede waarom daar twee dae uitgesit word net om heen en weer te ry.

Kostes

Brandstof = 900km teerpad en 170km dik sand vir beide riviere.
Tolgeld vir die N1
Kos vir die 5 dae
Drinkgoed - so dors as wat jy kan raak moet jy maar inpak....

Basiese verloop van die dag:

Aangesien dit nog winter is kom die sonnetjie nog nie so vroeg op nie en kan dit redelik koel wees in die oggend....

Daar kom gewoonlik so om en by 6uur lewe in die "kamp"
Die ketels word aangesit vir 'n koffietjie
Kampgoed en slaapplekke word opgeslaan en afgebreek
Eet 'n beskuitjie saam met 2de koppie koffie
07h00-07h30 begin die voertuie vertrek vir die dag se ry (NIKS later as 09h00 vir laaste voertuig)

Volg die rivier en geniet die speel...........

Hier om en by 10h00/11h00 stop jy waar ookal jy is en word daar brunch gemaak, aangesien dit so n' groot groep is stop die voertuie in die geval in kleiner groepe en doen elkeen sy ding.

Volg die rivier en geniet die speel..............

Hier rondom 15h00 begin die voorste voertuig soek na geskikte staanplek vir die aand (kamp word gemaak niks later as 16h00 - onthou agterste voertuig is maklik uur of meer agter voorste voertuig)

Toegang tot "kamp" is hout van elke voertuig - daar is gewoonlik genoeg hout in die rivier en elke voertuig sleep maar so halwe boom na die kampplek. HOUT begin baeie skaars raak

So rondom 17h30 steek ons die vuur aan en begin die groot kuier - elkeen braai maar sy vleisie op sy tyd en dan kuier ons tot..... wel QQQ

LET DAAROP DAT DIE "TRIP" VER VAN DIE BESKAWING IS, DAAR WORD NIE VOORSIENING GEMAAK VIR MEDIESE BYSTAND NIE EN ELKE PERSOON WAT SAAM GAAN MOET SELF VERANTWOORDELIKHEID VAT VIR ENIGE GEBEURE WAT MAG OPDUIK!!!!!

DIE FORUM NEEM GEEN VERANTWOORDELIKHEID VIR ENIGE PERSOON OF VOERTUIG NIE!!

Re: River trip 09-13 August 2023

Posted: 23 Jan 2023 09:52
by offroadbiker
Attendees

1. Tinus Lots (Patrol)
2. Dirk de Clerk (Patrol)
3. Pieter Botha (Patrol)
4. Izak Joubert (Patrol)
5. Fanus (Patrol)
6. Ruan Kruger (Patrol)
7. Peet Kruger (Fortuner)
8. Brad Stannet
9. Tijmen van der Steenhoven (Patrol)
10. Christiaan Myburg
11. Dawid en Louise Taljaard (Patrol)
12. Divan en Elisma Boshoff (Fortuner)
13. Adrian Liebenberg (Patrol)
14. Leon Fouche (Patrol)
15. Nols Combrink (Patrol)
16. Faf Liebenberg (Cruiser)
17. Johann v d Berg (Patrol)
18. Klaus Dropellmann (Patrol)
19. Armandt (Teranno)
20. Alex Botha (Patrol)
21. Christo Boegman (Patrol)
22. Christo slang (Patrol)
23. Ryan
24. Andre (Patrol)
25. Marcel (Patrol)
26. Andries
27. Oom Mack (Patrol)
28. Pierre
29. Alex Roux (Patrol)
30. Muller (Jeep)
31. Rudi
32. Thys (Patrol)
33. Ruan
34. Hans (Patrol)
35. Anthony Forgey (Patrol
36. Peet
37. Wilfred (Patrol)
38. Kobus F
39. Rudolph
40. Roelof
41. Mich
42. Phill
43. David mini (Patrol)
44. Peter C (Patrol)
45. Marius B
46. Mark Greenhill
47. Gareth Steele 9Patrol)

Re: River trip 09-13 August 2023

Posted: 23 Jan 2023 09:53
by izakjbrt
Jip sal daar wees

Re: River trip 09-13 August 2023

Posted: 23 Jan 2023 21:37
by SJC
hierdie jaar sal ek ook saam ry... :thumbup:

Re: River trip 09-13 August 2023

Posted: 24 Jan 2023 07:20
by ruankruger333
Sal ook daar wees die jaar.

Ek en my vrou.

Re: River trip 09-13 August 2023

Posted: 24 Jan 2023 09:40
by Bugjuic
Yes ek is daar QQQ !

Wel met die Sussiebussie, maar daar!

Re: River trip 09-13 August 2023

Posted: 28 Jan 2023 16:03
by Husqvarna
Count me in, I'll definitely be there.
Brad Stannett

Re: River trip 09-13 August 2023

Posted: 31 Jan 2023 06:25
by TijmenvdS
I am definitely there :blonde:

Put my friend Christiaan Myburg on aswell please.

I have another friend that wants to do it with is motocross bike but I have no idea how to get it there. With a trailer or special bike rack behind the Patrol I will have to leave it somewhere. Anyone maybe have a suggestion? Idealy would be close to that last fuel station close to the Molototsi but I wouldn't trust it to leave equipment there.

Re: River trip 09-13 August 2023

Posted: 31 Jan 2023 06:36
by DawidT
Gaan verseker weer gaan! :blonde:
1) Dawid en Louise Taljaard (Patrol)
2) Divan en Elisma Boshoff (Fortuner)

Re: River trip 09-13 August 2023

Posted: 01 Feb 2023 10:38
by King Caractacus
yes please dirk

Adrian Liebenberg