Page 1 of 2
Members in Eastern Cape, PE J-Bay area??
Posted: 12 Mar 2010 16:49
by Fanie1
Hi guys,
I am curious, who are staying in my area? I am in Jeffreys Bay.
Maybe we can get together sometime?
Fanie
Re: Members in Eastern Cape, PE J-Bay area??
Posted: 12 Mar 2010 18:00
by Saltman
Hallo Fanie
Sal jou daar sien oor die einde April se lang naweek as my planne reg uitwerk.
Woon innie Kaap, maar my skoonma bly in Humansdorp en vriende woon in J-Bay.
Ek wil nog Brakkeduine gaan ry met die Patrollie.
Miskien moet ons nader aan die tyd iets probeer reel?
Lekker naweek
Herbie
Re: Members in Eastern Cape, PE J-Bay area??
Posted: 12 Mar 2010 20:23
by Zantus
Ek is in PE. Alhoewel ek lid hier is, besit ek nie 'n Patrol op die oomblik nie.
Skree as julle Brakke wil gaan ry, ek sal daar wees, dis my gunstelling trail hier in ons area. Ons 4x4 klub gaan die 24ste April Brakkeduine toe as deel van ons 20ste bestaans jaar vieringe.
Ek weet Dustin is ook van die baai en ek ken nog 2 Patrol eienaars wat ek sal saam nooi as julle 'n Patrol trippie wil doen.
Re: Members in Eastern Cape, PE J-Bay area??
Posted: 12 Mar 2010 22:08
by ClemSlabbert
Fanie ry jy die wit 3L diesel in J-bay ,ek dink ons het al gepraat daar by die strand.Ek ry ook nie n Patrol nie maar sal nie omgee as daar n wit 4.2 t d in my motorhuis kan staan nie

, is nog tevrede met die wit 2.8 Pajero

Re: Members in Eastern Cape, PE J-Bay area??
Posted: 13 Mar 2010 00:19
by Saltman
Hallo Zantus
Watter 4x4 klub se vieringe is daai naweek in April?
Dit sal lekker wees om miskien die Saterdag by julle aan te sluit by Brakkeduine. Wat is die kanse?
Ons ry die 23ste af Baai se kant toe.
Hoe beperk is julle met getalle?
Gesels later
Herbie
Re: Members in Eastern Cape, PE J-Bay area??
Posted: 13 Mar 2010 08:58
by Fanie1
ClemSlabbert wrote:Fanie ry jy die wit 3L diesel in J-bay ,ek dink ons het al gepraat daar by die strand.Ek ry ook nie n Patrol nie maar sal nie omgee as daar n wit 4.2 t d in my motorhuis kan staan nie

, is nog tevrede met die wit 2.8 Pajero

Hi Clemslabbert,
Nee, ek ry 'n wit 4500GRX, registrasie nr EKO 4X4 EC. Staan soms in Jeffreys straat geparkeer langs die apteek.
Jy moet by ons KOUGA 4x4 klub kom aansluit, daar is ook Pajero's!! Dit sal lekker wees as jy by ons aansluit. PM my, dan stuur ek vir jou info.
Re: Members in Eastern Cape, PE J-Bay area??
Posted: 13 Mar 2010 09:07
by Fanie1
Saltman wrote:Hallo Fanie
Sal jou daar sien oor die einde April se lang naweek as my planne reg uitwerk.
Woon innie Kaap, maar my skoonma bly in Humansdorp en vriende woon in J-Bay.
Ek wil nog Brakkeduine gaan ry met die Patrollie.
Miskien moet ons nader aan die tyd iets probeer reel?
Lekker naweek
Herbie
Hi Saltman,
Ek is in Jbay oor paasnaweek, maar moet ongelukkig werk. Ek het Brakkeduine al 'n paar keer gedoen en is baie lekker, jy sal dit geniet, veral die "roller causter" Patrols eert dit soos 'n mielie!!!
Kom loer in by die apteek in midde-dorp, sal jou graag wil ontmoet
Groete
Fanie
Re: Members in Eastern Cape, PE J-Bay area??
Posted: 13 Mar 2010 09:11
by Fanie1
Hi Zantus,
Dis goed om te hoor van julle. Swambo verjaar die 24ste April, en ek het reeds ander planne vir die naweek. Sal dalk op later stadium iets saam met julle kan doen??
Soos jy se, Brakkeduine is puik!!
Re: Members in Eastern Cape, PE J-Bay area??
Posted: 13 Mar 2010 11:30
by Gerrit Loubser
Fanie1 wrote:Kom loer in by die apteek in midde-dorp, sal jou graag wil ontmoet
Is jy dan 'n apteker, Fanie?
Lyk my daar is iets in 'n Patrol wat aptekers aantrek

. Hier by ons in RBaai is daar Pierre Pille en Johan Pilletjies, wat albei Patrolliemanne is

.
Re: Members in Eastern Cape, PE J-Bay area??
Posted: 13 Mar 2010 12:05
by Fanie1