So saam al die lekker updates en speel is daar ook altyd die slegte kant.
Ek het die patrol gekoop met die heads up van Michael dat daar dalk iets nie lekker is met die Head nie. Alhoewel die verkoper my laatweet daar was wel n kompressie toets gedoen en alles was reg. Maar geen indikasie van n Head probleem nie, alhoewel ons dit gedink het.
Maar darem is daar n klomp mense wat my hulp en luiding gee oor die situasie.
So na euiteindelik genoeg Turbo Patrol by Michael se hek uit was is daar toe genoeg spasie vir Koevoet. Het hom laas vrydag 16/07/2021 by SoJo gaan aflaai om meganies hom uitesort, maar met die idee om hom later te TURBO
Huidiglik is die head al af en word getoets, wag nog om te hoor of hy gekraak is en of dit net n head gasket issue is. Maar terwyl die engin oop is kry hy sommer Turbo pistons sodat hy reg kan wees vir die groot dag.
Sal seker die volgende update wees want alles is redelik opgevang tot nou.
n Lys van n paar dinge wat in die volgende 2 weke gaan gebeur.
1. Head word uitgesort.
2. Turbo pistons vir die Turbo.
3. Kry 33's met nuwe refurb 4.8 rims.
4. Het n 2 duim lift en suspensie van Terrain tamer bestel. (Dankie Tinus vir die organise)
5. Installeer nuwe dakrak.
6. Drop boxes vir die lift.
Lys van dinge in die pyplyn
1. Turbo!!!!!!
2. n Vol paksisteem
3. Dual battery sisteem
4. Seat covers, moet die leer toemaak.
5. Groter radiator, sal seker een kort vir die Turbo.
6. 270 awning beplan om te overland.
7. Madman (dalk nog in die volgende 2 weke)
n Paar fotos van die Head af. Blykbaar was die head nie baie vas nie en daar was redelik silicone gebruik.
Ek hoop rerig nie hy is gekraak nie, sal update sodra ek weer n update kry.

- WhatsApp Image 2021-07-20 at 16.40.34.jpeg (215.94 KiB) Viewed 2621 times

- WhatsApp Image 2021-07-20 at 16.40.33.jpeg (180.32 KiB) Viewed 2621 times