Page 1 of 1

Buffelsfontein Nature & Game Reserve!!!

Posted: 22 Feb 2010 00:42
by Pieter du Toit
Hi all,

Got a bit gatvol for the city life this weekend and decided to head off to buffelsfontein - only and hour to hour 15 min drive from Cape Town. This is what the place looks like:

A fimiliar sign most of us has seen next to the R27
Image

Buffelsfontein's bush camp
Image

Sunset on Buffelsfontein
Image

Buffelsfontein bushcamp at night
Image

Buffelsfontein se BAAS van die Plaas - wie se hok net 800m van die bushcamp af is!!!! :surprised:
Image

En hierdie outjie het besluit om my te bevlieg net na ek die foto geneem het - gelukkig is daar draad tussen ons gewees - maar ek het nog steeds briek merke gehad!!!! :rolling:
Image

And this is Buffelsfontein's grapjas - look at him smiling and very flattered with the camera!!!
Image

This outjie also decided to follows us everywhere we drove - just making sure we "stick to the rules!!!!
Image

Feeding time - but this 20 month old cub rather thought it was playing time!!!!
Image

And then our weekend ended on a very bad note - my son (visiting a friend of his in Wellington) wrote his car off - swerved for a bloody dog running into the gravel road - car started skiding and he lost control. He hit a sandwall and the car flipped - the farm road was also just scraped on Friday so it was extremely dusty and slippery!! Glad soos snot soos hulle se!!! We thank the Lord that fortunately both him and his younger brother are both fine - couple of bruisers and cuts but no severe injuries. The car is a total write off - see what it looks like:

Image
And this photo was taken after we used a highlift jack to "lift" the roof on the passenger side!!
Image

Thank you once again to my good friend and fellow forum member Frans Fourie who assisted in recovering the car back to Cape Town - much appreciated Frans. Nie hoe mens graag n baie lekker en ontspanne naweek wil afsluit nie!! :thumbdown: :thumbdown:

Re: Buffelsfontein Nature & Game Reserve!!!

Posted: 22 Feb 2010 07:23
by Abri Hoffman
Lyk baie lekker Pieter, jammer van jou seun se kar maar dankbaar hy is gespaar.

Hoe is Buffelsfontein se pryse?

Re: Buffelsfontein Nature & Game Reserve!!!

Posted: 22 Feb 2010 08:30
by tour de frans
Dis n groot plesier Pieter,mag dinge glad verloop van hier af.
Buffelsfontein lyk baie rustig,mooi foto's :thumbup:
Groete

Re: Buffelsfontein Nature & Game Reserve!!!

Posted: 22 Feb 2010 09:33
by JohnBoyZA
Sjoe Pieter,

dankie vir die terugvoering. :thumbup: Jammer om te hoor van jou seun se ongeluk! :thumbdown:

Re: Buffelsfontein Nature & Game Reserve!!!

Posted: 22 Feb 2010 15:58
by Pieter du Toit
Abri (en aner)

Ja dankie ons is maar net baie dankbaar ons kinders is gespaar - die ander moeilikheid met versekeringseise ens wat hiermee gepaard gaan is n minor in vergelyking met my kinders se lewens!!!

Jong ek moet eerlik se ek dink Buffelsfontein se Bushcamp tariewe is bietjie duur - hulle vra R125-00 per nag per persoon - en jy kry net n tent met 2 spons matrasse en beddegoed in. Verder niks. Daar is 2 spoel toilette en 4 storte met permanente warm water (gas geyser). Dan het hulle ook n 4x4 roete wat jy kan gaan ry - hulle se 2-3. Dit kos n addisionele R210-00 per voertuig tot en met 2 insittendes en dan R30-00 ekstra vir ander / addisionele insittendes - maar dit was net ek en vroulief en besluit toe ons gaan dit maar ry - nie alleen nie - die ander couple in die Bushcamp se toe maar hulle gaan ook saam. So gese so gemaak.

Die 4x4 roete was SO CHALLENGING my Patrol het hom gedoen in 4x4 High Range sonder dat ek nou juis die lepel moes trap!!!! :rolling: Nee absoluut belaglik en nie n 4x4 roete se agterwereld werd nie. Dis net sand en daar is geen challenges nie - die sand is maar net baie dik. So ja jy het n 4x4 met papperige bande nodig om daar te ry maar die Patrol het gelag daarvoor!!!! 4x4 roete nie die moeite werd nie - maar vir die res wat ons gesien het in die dierelewe en vir die rustigheid weg van die stad se lawaai was die verblyf tarief nog steeds vir my "acceptable" - tot n sekere mate. Te duur om sommer so elke 2 of 3 maand soontoe te gaan vir bietjie ontspanning - en ek soek n plek waar ek sommer een keer per maand na toe kan gaan sonder dat dit my elke keer R500-00 plus net aan verblyf gaan kos!!!

Groetnis

Re: Buffelsfontein Nature & Game Reserve!!!

Posted: 22 Feb 2010 18:02
by JG Shields
Pieter,

Jammer om te sien van jou seun se voertuig. Ek stem met die ander manne saam dat 'n gespaarde lewe die grootste dankbaarheid is. Agter so 'n ervaring kruip daar tog weer kosbaarhede uit wat mens net nader aanmekaar bring.

Dis nou ironies. Net ander dag praat JohnBoy van Slanghoek, waar ons ook al werksfunksies gehou het en hier praat jy van Buffelsfontein. Ons het verlede jaar 'n 2 dag konferensie daar gehad. By die hoof kompleks moes ons egter ons bagasie in een vertrek toesluit omdat ons "kamers" nog nie gereed was nie. Teen sononder het ons op 'n "game-drive" gegaan vir ongeveer 1,5 ure. Op 'n stadium het ons met die ou Bedford by die tentkamp gestop waar ons (klomp stadsjapies ingesluit) aangese was om af te klim.....JULLE SLAAP VANAAND HIER! Die skokke onder sommige manne was baie erg. Nietemin het al die koelbokse met koue goed en vleis rondom die vuur die aand in 'n onvergeetlike ervaring verander. Dit was nogal iets anders vir 'n "corporate" geleentheid.

Groetnis.

Re: Buffelsfontein Nature & Game Reserve!!!

Posted: 22 Feb 2010 21:41
by Pieter du Toit
JG,

Ons ou wereld kan maar somtyds ook lekker "klein" wees ne!!

Groete