Page 1 of 2
1995 Patrol 4.2 SGL te Koop
Posted: 05 Mar 2021 14:55
by Les

- 1 P1060906.JPG (148.24 KiB) Viewed 7468 times

- 1 P1060906.JPG (148.24 KiB) Viewed 7468 times
Hierdie tyd van die lewe om af te skaal: kleiner huis/kar/ens.
My 1995 Patrol SGL te koop. Nuut gekoop in 1996.
489326km op die klok (meesal in 11jr tussen Krugersdorp en Pretoria)
R90 000 onderhandelbaar
Ekstras:
Tekla oortreksels
JGM 2" Lift
Staal Bullbar
Staal Dakrak met Alum slats
Bridgestone Dueller bande so 10k gedoen
Onlangse Dienste: Silverton verkoeler oorgedoen; nuwe pype
Ovaal ratkas drom ge'machine' (sien navraag
Diensrekord beskikbaar
A.g.v. werk in Mosambiek, het die Patrol sedert 2005 meesal in my garage gestaan (battery ontkoppel).
Elke jaar of so ingegaan vir diens (meesal olies vervang).
Verkoeler in 2019 gediens.
Koppelaar is verlede jaar oorgedoen.
Kontak my direk sou jy belangstel.
Re: 1995 Patrol 4.2 SGL te Koop
Posted: 05 Mar 2021 23:18
by Jules
Ek dink jy moet daai rims vervang , dit is n wonderwerk dat hul nog in een stuk is? weet van heelwat GQ's waar daai rims net ingegee het in die ry. Sterkte met verkoop hopelik kry jy jou prys maar ek dink jy moet bereid wees om maks R70K
Re: 1995 Patrol 4.2 SGL te Koop
Posted: 06 Mar 2021 08:26
by Les
Jules, merk jy't ook van jou groene ontslae geraak...
Probleme met een van die vellings gehad vroeg in die waarborgtyd. Al 4 is toe vervang met vellings van Japan/Aus(?). Weet net ek moes lank wag en op navraag is gesê dis iewers op 'n skip... Sedertdien nog geen probleme gehad.
Re: 1995 Patrol 4.2 SGL te Koop
Posted: 06 Mar 2021 17:34
by Peter Connan
Les, ek dink dis merkwaardig dat jy die kar so lank gehou en duidelik goed opgepas het.
Maak my nogal hartseer dat jy nou moet verkoop. Hoop jy kry 'n goeie koper.
Re: 1995 Patrol 4.2 SGL te Koop
Posted: 06 Mar 2021 21:40
by Jules
Les ek sal n liegstorie vertel as ek sê ek mis nie my GQ nie, my een kleindogter het hom die Jungle Car

genoem agv sy groen kleur en dat hy orals kon ry
Sterkte met die verkoop en die hartseer wat volg
Shalom
Re: 1995 Patrol 4.2 SGL te Koop
Posted: 08 Mar 2021 21:29
by Les
[Jules typed
...ek dink jy moet bereid wees om maks R70K]
Jip. Ek het darem onderhandelbaar bygevoeg...
Re: 1995 Patrol 4.2 SGL te Koop
Posted: 14 Mar 2021 10:49
by Les
Jules wrote: ↑05 Mar 2021 23:18
Sterkte met verkoop hopelik kry jy jou prys maar ek dink jy moet bereid wees om maks R70K
Lees nou weer deur die ad. en merk dit is die ongeredigeerde een - onder andere sel# uitgelaat en verkeerde kilos (ai, die ouderdom)...
Ja-nee, prys is te hoog!
R65 000 onderhandelbaar.
443887km (sal bietjie hoër wees by verkoop: besig om bokse aan te ry stoorplek toe...)
Sel# 0823729686
Versprei maar die woord...
Dankie
Re: 1995 Patrol 4.2 SGL te Koop
Posted: 24 May 2021 13:28
by Les
Patrol verkoop.
Dankie
Re: 1995 Patrol 4.2 SGL te Koop
Posted: 08 Jun 2021 14:44
by SJC
Re: 1995 Patrol 4.2 SGL te Koop
Posted: 08 Jun 2021 18:55
by Peter Connan
Geluk Fanus!