Page 1 of 2

Nissan waarborg

Posted: 20 Jul 2020 19:56
by Reenen
Ek was nog heelpad onder indruk nissan het deesdae n 6 jaar/150 000km waarborg.

Not so.
Dit is slegs n 3 jaar/100 000km een, die res is n useless innovation top up.

Met n skok vandag agtergekom toe 2 van my eise afgekeur js. 3 jaar en n maand, 3 jaar en 3 maande onderskeidelik.

Nissan vat ons vir n gat.

Re: Nissan waarborg

Posted: 21 Jul 2020 06:16
by Jules
Defnitief Ombudsman materiaal so ek reken

Shalom

Re: Nissan waarborg

Posted: 21 Jul 2020 06:36
by JohnBoyZA
Ja Reenen, Nissan het ongelukkig een van die swakste, standaard diensplanne deesdae - 3jaar/90,000km. Dit kweek mos vertroue in jou handelsnaam :think: :redface: Maar chk net of die waarborg nie 6 jaar is nie (hang af van model).
Hyundai het tans 7jaar/200,000km, go figure....

Re: Nissan waarborg

Posted: 21 Jul 2020 06:46
by Michael
Het so vinnig deur n paar vervaardigers gegaan en kyk nie of Nissan se 3jaar/100,000km waarborg minder as die ander vervaardigers is nie.

Toyota bied ook net n 3jaar/100,000km waarborg
BMW en Mercedes bied n 2jaar/unlimited km waarborg
VW is wel 3jaar/120,000km
Audi het maar n 1jaar/ unlimited km waarborg
Jeep is 3jaar/100,000km

So lyk heel op paar vir my

Re: Nissan waarborg

Posted: 21 Jul 2020 06:49
by Michael
JohnBoy, ek sien Hyundai het net n 5jaar/150,000km waarborg en n 7jaar/200,000km op die drivetrain.

Nigsteeds beter as enige ander vervaardiger wat ek sien :thumbup:

Re: Nissan waarborg

Posted: 21 Jul 2020 06:54
by JohnBoyZA
My vrou se Merc gaan more in vir diens - 5j en 11 maande, nog nie n sent vie enige diens ens betaal nie - dink hulle het die nou verander van 6j, na 5jaar (100k km).

Onthou daar's n verskil tussen diensplan en waarborg.

Michael, mis ek iets?

Audi: five-year/100 000km Freeway Plan
BMW: Motorplan is built-in for 5 years or 100 000 km

Re: Nissan waarborg

Posted: 21 Jul 2020 08:33
by Reenen
Nee, nie een van my voertuie het n diensplan nie.
Maar al my nissans is verkoop met n 6 jaar fabriekswaarborg.
Toe ek gister invat vir eis, toe sê hulle fabriekswaarborg nou skielik 3 jaar, dan innovation top up. En innovation dek byna niks.

Net om seker te maak ek nie verkoopsmense verkeerd verstaan, het ek nou al by 8 dealers quote gekry. Almal sê 6 jaar. Almal sê skriftelik 6 jaar fabriek, nie korter met topup.

Nissan sa sê ook so as mens klientediens bel, en dan as mens hulle druk, kom hulle reluctantly uit met die 3 jaar plus 3 jaar innovation.

Re: Nissan waarborg

Posted: 21 Jul 2020 11:31
by Michael
JohnBoyZA wrote: 21 Jul 2020 06:54 My vrou se Merc gaan more in vir diens - 5j en 11 maande, nog nie n sent vie enige diens ens betaal nie - dink hulle het die nou verander van 6j, na 5jaar (100k km).

Onthou daar's n verskil tussen diensplan en waarborg.

Michael, mis ek iets?

Audi: five-year/100 000km Freeway Plan
BMW: Motorplan is built-in for 5 years or 100 000 km
Johnboy, ek dink soos Reenen se is daar baie keer klein skrif wat die ouens nie wil noem tot jy hulle vra of tot julle daai brug kruis nie.

Kyk op cars.co.za onder new car specs dan kan jy na elke fabrikaat se waarborg en diens planne kyk.

Re: Nissan waarborg

Posted: 21 Jul 2020 15:54
by JohnBoyZA
Ja, die fynskrif vang mens altyd Michael :rolleyes:

Reenen, uit die perd se bek. Weet nie wanneer hulle die veranderinge aangebring het nie, maar en neem aan dis die exclusions waarvan jy praat...

Good day Mr Murray,

Kindly note that the warranty on the Nissan Patrol has been changed from 36 months / 100 000km to 72 months / 150 000km, whichever one comes first.

With the warranty extension, there is a few new services offered to our customers still within the warranty period:

• Comprehensive Customer Support
• Roadside Assistance and Customer Contact Centre available every hour of the day, every day of the year, toll free number on 0800 NISSAN.
• Licence renewal reminder just when you need it.
• Service Plan and Warranty expiry notification – on time, every time.
• Free Health Check on every Major and Minor Service
• Courtesy transport for all Warranty repairs for 48 hours
• Nissan parts baskets always competitively priced for you.

Kindly note that there is some warranty exclusions after 36 months / 100 000km, whichever one comes first, which is as follows:

• Exhaust system
• All friction materials
• Immobilizer Remote
• Alarm Batteries
• Shock Absorbers
• Fuel System Corrosion
• Radio / CD player, speakers and Aerial
• Vehicle Battery

Kindly note the following: Original equipment batteries are warranted by the battery manufacturer and the coverage is 36 months or 100,000 km whichever occurs first, subject to the following limitations:
A defective original battery which becomes unserviceable within the first 12 months will be replaced free of charge.
After 12 months and within 24 months, NISSAN will pay 50% of the new battery. After 24 months and within 36 months, NISSAN will pay 25%

Should you have any further queries please do not hesitate to contact us directly on 0800 647726 (NISSAN).

Kind regards,

Franzelle Tolley
Information Desk Agent
Customer Quality
Nissan South Africa
Ernest Oppenheimer Street
Rosslyn
0200 Pretoria, Republic of South Africa
http://www.nissan.co.za

Re: Nissan waarborg

Posted: 21 Jul 2020 16:49
by Spike
Similar happened with me at Mitsubishi. I was treated like royalty until they had a corporate reshuffle or two, and then every interaction with them became a chess match.