Page 1 of 1

Koppelaar geluide

Posted: 13 Feb 2010 18:46
by Izak
Goeie naand

Na 'n vreeslike lekker dag by Bass-lake, naby Meyerton, waar die Patrol weer my baie beindruk het, ( die probleem met die Patrol en 4x4 bane is dat die bane vir ander 4x4's ontwerp word , en dit maak dit effens belaglik maklik vir die Patrol), het sy 'n geluid opgetel wat ek nie ken nie. As die koppelaar ingetrap word terwyl sy staan en luier (idle) klink dit asof daar van die hidroliese vloeistof verby die (ek weet nie wat jy hom noem nie maar hy sit langs die ratkas, aan die passasier kant) lek. Dis die ???????? wat langs die ratkas beweg as jy die koppelaar trap.

Buiten vir die vreemde geluid, kan ek geen verandering voel aan die ratkas of koppelaar nie. Die Koppelaar gaan nie af nie so dit voel nie asof dit vreeslike probleem is nie.

My beperkte kennis wil my laat glo dat daar iewers 'n O-Ring is wat bietjie lek.

As dit belangrik is om raad te gee, my Patrol is 'n 2003, Diesel.

Thanx

Izak

Re: Koppelaar geluide

Posted: 14 Feb 2010 09:30
by tour de frans
Hi Izak
Jy praat van die clutch "slave cylinder".Ja dit is ook n o-ring of washer wat vervang word.Ek ken nie die plekke daar by julle nie,maar jy kan by Autozone of Midas die part kry.Ook n werkswinkel sal weet waar om dit te kry en dit hoef nie die agente te wees nie.Die selfde werkswinkel kan die job vir jou doen en die slavecylinder oopmaak om te kyk vir pit-merke,en om te hoan.Dan het hulle ook die sample o-ring om die nuwe part te koop.Saam met die nuwe brakefluid en nuwe part en die insit kan dit jou nie meer R350 kos nie.
Die geluid wil nie vir my voorkom of dit veroorsaak word deur die lek nie,die brakefluid sal as n smeermiddel dien en alles wat droog is smeer en laat glad werk.Bv die pen wat op die cluth vurk druk,sit in die wind en weer,hy kan kraak geluide maak as hy droog is.Miskien is dit hy wat raas en toe jy soek toe sien jy ook die slave wat lek of sweet.
Groete
Frans

Re: Koppelaar geluide

Posted: 14 Feb 2010 19:30
by JG Shields
Izak, ek vat nou bloot net 'n kans. Het jy by die hindernis baan dalk deur water (veral modderwater) gery? Dit kan DALK vuilheid wees wat iewers vassteek, skuur en die geluid veroorsaak.

Groete
JG

Re: Koppelaar geluide

Posted: 15 Feb 2010 12:26
by Izak
Hello

Thanx, nou weet ek ook wat mens hom noem. Ek het deur modder en water gery. So ja hy kan dalk vuil wees. Kan ek hom met 'n WAP tiepe water spuit skoon spuit of moet ek die "slave cylinder" losmaak en afhaal en so skoon maak?

Baie danie dat julle die tyd vat om my te help, word regtig baie waardeer.

IZAK

Re: Koppelaar geluide

Posted: 15 Feb 2010 13:38
by tour de frans
Hi Izak
Spuit hom sonder om af te haal.Hou net die sterk straal water weg van die rubber.Hy kan nat word.
Groete