Page 1 of 1
Victoria falls
Posted: 10 May 2020 19:07
by fransswan
Goeie naand
Ek en paar friende wil van brits af na victoriafalle toer. Waar begin ek... Ins wil nie soontoe ry en terug nie wil deer botswana ry en kamp. (ry tot waar ons kom en kamp) was nog nooit op so iets nie.
1) waar kry ek permitte om te kamp waar ons stop
2)hoever is die dorpies of plekke waar ons petrol water en kos kan opstock
3) watter tye is die beste om te gaan
4) ons is so 4 tot 5 voertuie. Is daar n limiet van hoeveel op eenslag kan gaan
Enige hjlp sal ek wardeer. Beoog om volgende jaar te gaan. So dan behoort die lockdown verby te wees.
Baie danki
Frans

Re: Victoria falls
Posted: 11 May 2020 06:01
by Peter Connan
Die slegte nuus is, jy is 25 jaar te laat. Botswana is nie meer 'n land waar jy net kan stop en kamp nie.
Daar is egter heelwat kampterreine waar jy kan oorslaap langs daardie pad, en es jy wil kan jy van hier af tot in Kasane ry in twee dae, teerpad al die pad.
Ek stel voor jy lees 'n paar trip reports hier en op 4x4 community, en volg hulle op die kaart om 'n idee te kry van wat waar is.
Let dat jy die beter kampterreine lank voor die tyd moet bespreek, maar as jy doen is die grote van die groep nie 'n probleem nie.
Re: Victoria falls
Posted: 11 May 2020 10:11
by offroadbiker
fransswan wrote: ↑10 May 2020 19:07
Goeie naand
Ek en paar friende wil van brits af na victoriafalle toer. Waar begin ek... Ins wil nie soontoe ry en terug nie wil deer botswana ry en kamp. (ry tot waar ons kom en kamp) was nog nooit op so iets nie.
1) waar kry ek permitte om te kamp waar ons stop -
"wild camping" is nie meer juis n opsie in Botswana nie, so jy gaan moet kamp in privaat kampe of kampe in die nasionale parke, jy kan self probeer om die kamp een vir een te kontak en verblyf te reel maar jy moet die wereld se geduld he en baeie tyd om dit te doen, dis eerlik waar baeie makliker om gebruik te maak van n agent in Bots wat al jou besprekings en permitte vir jou reel, beste twee is NDM en Botswanna Footprints en die koste is so P500 alles ingesluit.
2)hoever is die dorpies of plekke waar ons petrol water en kos kan opstock -
Jou roete gaan bepaal, Brandstof en kos is beskikbaar in alle groot dorpe, reikafstand van 700km vir jou voertuig behoor jou by 95% van plekke te bring. Onthou egter dat jy vleis, groente en suiwel slegs van bo na onder en links na regs kan vervoer.
3) watter tye is die beste om te gaan -
Ek persoonlik verkies September en Oktober maar dis altyd mooi in Bots
4) ons is so 4 tot 5 voertuie. Is daar n limiet van hoeveel op eenslag kan gaan -
Daar is geen limiet op aantal voertuie nie, wel op aantal persone per staanplek dus sal jy net genoeg staanplekke moet boek vir die aantal persone, dit hang ook af van kampplek tot kampplek...
Enige hjlp sal ek wardeer. Beoog om volgende jaar te gaan. So dan behoort die lockdown verby te wees.
Meeste van die plekke moet jy n jaar vooruit boek so deeglike beplanning is nodig, veral kampe binne die Bots parke
Baie danki
Frans
Re: Victoria falls
Posted: 11 May 2020 15:03
by Tinus lotz
Kom ons kyk daai is n lekke plek maar kasane is waar jy wil wees dan toer jy daarvan uit