Trouble with the Neighbours
Posted: 08 Feb 2010 13:17
Hi ammal
P'ty van jelle weet dit al - anner weet dalk nie - as jy vrinne het of vermoed iemand gaan daai rigting - adviseer dat hulle liewer "Hunter's Road" vermy ...
Jaaaaaaaaa - oompie weet dis lekker daar - maar dis minner lekker in 'n Zim-Sel.
BEELD 7 Feb.2010
Botswana slaags met Zim ná verdwaaldes gearresteer word
2010-02-07 22:53
Erika Gibson
Betrekkinge tussen Botswana en Zimbabwe het ’n laagtepunt bereik met Botswana wat ’n ultimatum van 24 dae aan Zimbabwe gestel het om sy verdedigings- en intelligensie-attachés aan die land te onttrek.
Dit kom ná ’n dispuut tussen die twee lande oor die arrestasie van drie regeringswildwagters van Botswana wat glo sowat drie weke gelede uit onkunde oor die Zimbabwiese grens gedwaal het.
Die drie was op die spoor van ’n trop leeus wat verskeie koeie in Botswana verskeur het toe hulle hul in ’n Zimbabwiese grenspatrollie vasgeloop het.
Hulle het die Zimbabwiërs glo gevra hoe om weer op die regte pad te kom, maar is vervolgens gearresteer.
Die Botswana-regering het die naweek in ’n verklaring gesê hy het reeds sy eie attachés in Zimbabwe onttrek.
Botswana het twee jaar gelede reeds sy ambassade in Harare gesluit, blykbaar uit protes teen die onreëlmatighede wat met die verkiesings dié jaar in Zimbabwe plaasgevind het.
Ná die jongste voorval het verskeie regeringsleiers glo vergeefs probeer om die dispuut by te lê.
The Zimbabwe Times berig dat Botswana se minister van buitelandse sake, mnr. Phandu Skelemani, sy frustrasie uitgespreek het oor Zimbabwe se beweerde onverbiddelikheid om die wildwagters vir betreding te vervolg.
Die Zimbabwiese ambassadeur in Botswana het aan hom gesê die regstelsel in sy land moet sy gang gaan, terwyl Skelemani se pogings om met Zimbabwe se buitelandse minister te praat ook onsuksesvol was.
Verlede week het Skelemani ook by die Afrika-Unie-vergadering van buitelandse ministers in Addis Abeba sy Zimbabwiese ampsgenoot sonder sukses probeer ontmoet.
Die verbouereerde wildwagters het intussen reeds in die hof by Victoria Falls verskyn.
Hulle bly in aanhouding.
Nou het pres. Ian Khama die Zimbabwiese regering tot die einde van Februarie gegee om sy attachés aan Botswana te onttrek.
Hy is een van die min Afrika-leiers wat sonder skroom kritiek op die regering van pres. Robert Mugabe uitspreek.
Daar is geen grensdraad tussen die twee lande nie en al wat dit skei, is twee grondpaaie.
Luidens die koerant gebeur dit gereeld dat mense onwetend die grens in die Kasane/Kazungula-omgewing oorsteek.
In die verlede het Botswana Zimbabwiese veiligheidsmagte, wat óók oor die grens gedwaal het, teruggestuur sonder dat hulle vervolg is.
- Beeld