Page 1 of 2
Jansens 4x4 trail
Posted: 17 Dec 2019 13:00
by Pieter B
Ek beplan om die 2de Januarie 2020 Jansens trail te gaan ry. Dit is 'n redelike nuwe trail net buite Meyerton. Dit kos R200 per voertuig en ek dink so om en by 9h00 sal 'n goeie tyd wees om weg te spring. Na die tyd kan ons miskien braai en 'n bier of 2 drink
Re: Jansens 4x4 trail
Posted: 19 Dec 2019 12:10
by Anthony Forgey
I'm probably not going to be back from wherever I am going, but if I am I will join
Re: Jansens 4x4 trail
Posted: 19 Dec 2019 13:35
by mvcoller
Vertel meer... Waar presies en watter soort terrein? Het hulle 'n Webtuiste?
Re: Jansens 4x4 trail
Posted: 19 Dec 2019 18:57
by Pieter B
Dit is 'n nuwe baan wat op Andre Jansen se plaas gebou is. Die plaas is gelee baie naby aan Malonjeni gasteplaas waar die Outdoor X skou jaarliks gehou word. Ek is nie seker van die terrein nie, maar dink dit sal baie soos Spookspruit wees, hulle is seker nie meer as 30km van mekaar af nie. Daar is geen webtuiste nie. Daar is 'n kampplek ook waar daar net 'n longdrop is.
Re: Jansens 4x4 trail
Posted: 19 Dec 2019 20:47
by mvcoller
Ons kom 1e Jan eers terug by die huis. Dalk te gou, maar sal kyk. Ek sal dophou oor tyd en waar ons ontmoet. Sal oggend van 2e besluit.
Re: Jansens 4x4 trail
Posted: 01 Jan 2020 10:17
by Pieter B
As daar iemand is wat nog belangstel, gee my net 'n lui op 0agt13vier823ses3. Ek sal jou 'n whatsup stuur met 'n location. Andersins gaan 'n paar van ons in Alberton bymekaar kom en dan saam deurry soontoe. Ons wil so teen 9 uur daar wees.
Re: Jansens 4x4 trail
Posted: 01 Jan 2020 19:50
by hugejp
Was dit 'n lekker dag??
Re: Jansens 4x4 trail
Posted: 03 Jan 2020 07:31
by Pieter B
Gister was 'n lekker dag. Nie baie obstacles nie, maar die roetes tussen die klowe was heel uitdagend gewees. Ek verkies dit meer so want partykeer ry jy heeldag rond op 'n trail om by die lekker obstacles uit te kom.
Re: Jansens 4x4 trail
Posted: 03 Jan 2020 07:33
by Pieter B
1
Re: Jansens 4x4 trail
Posted: 04 Jan 2020 22:58
by hugejp
Looks like a great day!!!