Page 1 of 19

8-12 August River trip 2019

Posted: 15 Mar 2019 09:47
by offroadbiker
Basiese reelings vir die trip:

Vertrek Donderdag 08 Augustus van waar ook al jy gewoonlik jou hoof ter ruste le...... - Konvooi vertrek 06h00 van N1 Petroport net buite Pretoria.

Die wat nie wil konvooi ry 12h00 by die nuwe garage waar jy van R81 afdraai na Moletotsi.

Donderdag aand word daar ge kamp in die Molotots. LET wel daar gaan Donderdag reeds 'n ent in die rivier gery word so dit gaan baeie moeilik wees om eers die later te wil aansluit....

Frydag oggend (09 Aug) van 07h30 begin voertuie in die rivier af ry.

Gewoonlik so teen 15h00 kyk die voorste voertuig vir 'n lekker staanplek vir die nag.

Saterdag en Sondag verloop basies dieselfde.

Maandag oggend (12 Aug) rustig oppak, klim uit die rivier en vat die pad huis toe.

Roete
Krugersdorp tot by ingang van Molototsi 472km Daar is 'n nuwe garage 9km voor ingang
Petroport op N1 tot by ingang van Molotosi 376km
Molotots so 100km dik sand
Klein Letaba so 70km sand

Roete is basies die N1 tot by Polokwane, Stop by Shell vir iets te ete (opsioneel) en maak voertuie vol (opsioneel), en dan die R81 net verby by Maphalle 126km van Polokwane. Van hier is dit nog 20km tot by ingang van Molototsi. Daar is 'n nuwe garage 9km voor ingang.

Volg die Molototsi dan vir ongeveer 100km tot waar hy uitmond in die Groot Letaba. (Indien werklik nodig kan brandstof verkry word halfpad duer Moletotsi by Dzumire),vat so 2 dae om te doen (daar is ook n klein garage aan einde van Moletotsi, brandstof nie gewaarborg en slegs kontant), dan is dit so 35km grondpad tot by die ingang van die Klein Letaba, soos laasjaar sal ons al langs die grens van die Kruger ry en dan by die "beach" kamp(vat so 1.5dae om te ry).

Brandstofverbruik teerpad soos wat jy natuurlik jou voertuig ken Binne in die rivier het my 4.2 Petrol geval van 5.5 na 1.9km/L en Oellie se 4.5 van 5.9 na so 3km/l, Die 4.2 Diesel gee so gemiddeld van 5km/l, natuurlik hoe meer jy speel hoe swaarder kan dit raak....

Verblyf: Slaap in die rivierbedding en jy moet 100% selfversorgend wees, geen koste vir verbyf. dus ook GEEN GERIEWE.

Innerlike Jy moet alle kos, water en "bruin Fanta" saam ry, hoe hongerder en dorser jy is, hoe meer is jou koste

Jy het minstens so 6 ure nodig om daar en dan weer terug te kom, dus ook die rede waarom daar twee dae uitgesit word net om heen en weer te ry.

Kostes

Brandstof = 900km teerpad en 170km dik sand vir beide riviere.
Tolgeld vir die N1
Kos vir die 5 dae
Drinkgoed - so dors as wat jy kan raak moet jy maar inpak....

Basiese verloop van die dag:

Aangesien dit nog winter is kom die sonnetjie nog nie so vroeg op nie en kan dit redelik koel wees in die oggend....

Daar kom gewoonlik so om en by 6uur lewe in die "kamp"
Die ketels word aangesit vir 'n koffietjie
Kampgoed en slaapplekke word opgeslaan en afgebreek
Eet 'n beskuitjie saam met 2de koppie koffie
07h00-07h30 begin die voertuie vertrek vir die dag se ry (NIKS later as 09h00 vir laaste voertuig)

Volg die rivier en geniet die speel...........

Hier om en by 10h00/11h00 stop jy waar ookal jy is en word daar brunch gemaak, aangesien dit so n' groot groep is stop die voertuie in die geval in kleiner groepe en doen elkeen sy ding.

Volg die rivier en geniet die speel..............

Hier rondom 15h00 begin die voorste voertuig soek na geskikte staanplek vir die aand (kamp word gemaak niks later as 16h00 - onthou agterste voertuig is maklik uur of meer agter voorste voertuig)

Toegang tot "kamp" is hout van elke voertuig - daar is gewoonlik genoeg hout in die rivier en elke voertuig sleep maar so halwe boom na die kampplek. HOUT begin baeie skaars raak....

So rondom 17h30 steek ons die vuur aan en begin die groot kuier - elkeen braai maar sy vleisie op sy tyd en dan kuier ons tot..... wel

LET DAAROP DAT DIE "TRIP" VER VAN DIE BESKAWING IS, DAAR WORD NIE VOORSIENING GEMAAK VIR MEDIESE BYSTAND NIE EN ELKE PERSOON WAT SAAM GAAN MOET SELF VERANTWOORDELIKHEID VAT VIR ENIGE GEBEURE WAT MAG OPDUIK!!!!!

Die is n Forum trip maar soos enige ander trip is elke persoon verantwoordelik vir homself, die Forum neem geen verantwoordelikheid vir enige persoon en voertuig!!

Re: 8-12 August River trip 2019

Posted: 15 Mar 2019 09:49
by offroadbiker
Atendees:

1. Dirk - Patrol
2. Tinus - Patrol Kamp Komedant
3. Richardwit - Patrol
4. PieterB - Patrol
5. Dawid en Louise - Patrol
6. Wayne en Fiellanta - Patrol
7. Izak en Adele Patrol
8. Martin Koorts- Patrol
9. Abri Hoffman - Patrol
10. PeterC - Patrol
11. Rudgar - Patrol
12. Danie - Patrol
13. Harry Herman - Patrol
14. Andredurand - Patrol
15. Tinus se broer - Patrol
16. Lourens Botes - Patrol
17. TijmenvdS - Patrol
18. Anthony Forgey - Patrol
19. Robbie Smith - Patrol
20. DavidM - Patrol
21. PhilipF - Patrol
22. Thabbies - Patrol
23. ChristoSlang - Patrol
24. BaasWiets - Patrol
25. Greg (Juice) - Patrol
26. AlexB - Patrol
27. ChristoB - Patrol
28. Andre_gtr - Patrol
29. PhilipWeideman - Patrol
30. AlexRoux - Patrol
31. Eddie - Hardboddy
32. Johan - Hardboddy
33. Willem - Safari
34. Chris - Ford
35. Chris - Ford
36. Chris - Ford
37. Chris - Jeep
38. Nols - Ford
39. Marius Bijker - Slakkie Prado
40. Gustaf - Prado
41. Faf en Maxi Cruiser
42. L Booysen Cruiser
43. AJ Booysen Cruiser
44. Harry Cruiser
45. Marius Vorster - Hilux
46. Divan en Elisma - Fortuner
47. Shaun - Fortuner
48. Rudi Swanepoel - Isuuz
49. Ink Monkey - Landrammel Tinus se verandwoordelikheid
50. Maruis Voster - Nie n Patrol :rolleyes:
51. Marius Voster - Nie n Patrol :doh:
52. Marius voster - Nie n Patrol :naughty:

Re: 8-12 August River trip 2019

Posted: 15 Mar 2019 12:29
by Peter Connan
Ek is daar!

Re: 8-12 August River trip 2019

Posted: 16 Mar 2019 11:32
by Pieter B
Sit my ook op asb

Re: 8-12 August River trip 2019

Posted: 16 Mar 2019 16:06
by DawidT
Sit ons ook asb op:

1) Dawid en Louise - Patrol
2) Wayne en Fiellanta - Patrol
3) Divan en Elisma - Fortuner
:blonde: :blonde: :blonde:

Re: 8-12 August River trip 2019

Posted: 18 Mar 2019 16:29
by FordGuy
Dirk
hoekom nou pink, ad 2 ford saam asb

Re: 8-12 August River trip 2019

Posted: 18 Mar 2019 19:10
by izakjbrt
Vroeg asb ons ook by:

Izak en Adele Patrol
Faf en Maxi Cruiser

Re: 8-12 August River trip 2019

Posted: 19 Mar 2019 08:33
by izakjbrt
Dankie....vinnige vraag, moet ons ons kinders se name ook gee? Mag hulle saam gaan. Ma gaan beslis nie sonder die devil spawn iewers herb nie

Re: 8-12 August River trip 2019

Posted: 19 Mar 2019 08:41
by offroadbiker
More

Jy hoef niemand se naam te gee nie, aangesien hier geen kostes betrokke is nie probeer ons net die aantal voertuie bepaal.

Kids is meer as welkom!!! Alle Patrol funksies is altyd familie vriendelik

Re: 8-12 August River trip 2019

Posted: 19 Mar 2019 13:57
by iandvl
I am probably out of this, because I will probably be doing a trip through Lesotho at the same time, acting as a support vehicle for a group of adventurer bikers - motorcycle drivers, not cyclists.

Plans may change, depending on weather, so if the do, I will definitely join the river trip. But this will probably be at short notice. Sorry.