Page 1 of 1
Warm water shower
Posted: 14 Jan 2010 13:04
by Izak
Hello
I bought a ALVA warm water shower at the Outdoor Warehouse in Alberton that is on sale for R 499. It was R 1699. That means that it must be really bad or a huge bargain. The new model of the same thing is also available from them at R1799.
Shall we take a poll ????? Bargain or Crap????
Izak
Re: Warm water shower
Posted: 14 Jan 2010 13:10
by JG Shields
Crapp....
Re: Warm water shower
Posted: 14 Jan 2010 21:37
by AJ Dup
I also heard its crap
Re: Warm water shower
Posted: 15 Jan 2010 15:19
by Tjaart
toets hom en kyk maar self
My eie stortjie ding gebou en dit werk mooi
Re: Warm water shower
Posted: 15 Jan 2010 16:00
by JG Shields
Ek moet seker my stem motiveer.
Een keer lank lank gelede op 'n trip in Botswana haal 'n vrind van my so 'n "moderne" stertjie uit (nieteenstaande ons aanbeveling om so min as moontlik goeters saam te vat wat kan breek en/of met gas werk. Daar is mos hout...of hoe?). Die water was uiteraard per persoon gerantsoeneer, stortwater ook. Wat doen die liewe 15 jarige dogter in die stort tentjie....sy maak haarself en nat en draai toe die kraantjie toe om water te spaar. Nodeloos om te verduidelik dat al die olifante, bobejane en leeus daardie middag brandende verf en smeltende stort geysertjie geruik het.
Ek gebruik 'n ou army-tipe kegel stort en elke persoon maak sy water warm (let wel...na smaak!) in 'n GOEROE (mense het verskillende name vir die basoetoehoed tipe keteltjie) op die vuur. Ons goeroes is tuisgemaak van SSteel. Elke aand warm water ongeag waterbeperkings, gasbeperkings of wat se ander beperkings ookal.
Keep It Simple!!!!
Re: Warm water shower
Posted: 18 Jan 2010 18:23
by Izak
Hello
Dankie weer vir die insette en raad.
Die goeie nuus is dat ek ten minste nie te duur vir die "crap" betaal het nie.
Soos julle se GIGO en KISS is seker van belang.
SWAMBO en ek gaan Des vir 3 weke Namibie toe en die iedee is om bietjie meer rof te leef as in 'n kamp in Kruger, Moz of Kosi Baai. Dit gaan net ek en sy wees, die kinders is die Des by die alternatiewe ouers, so, pakplek het ek genoeg.
Miskien sal die ou SAW tiepe gepas wees as ek weer in die Caprivi kom.
Gaan hom toets, en volgende jaar die tyd sal ek seker 'n uitspraak kan lewer
Izak
Re: Warm water shower
Posted: 18 Jan 2010 18:37
by JG Shields
Izak, dit klink my jy vat nie eers 'n stortskerm saam nie......of het nie een nodig nie!!
Geniet dit. Dit klink lekker!
Re: Warm water shower
Posted: 19 Jan 2010 07:27
by Herrie
Izak, maak hom werk en geniet dit!