Page 1 of 2

Botswana 2019

Posted: 04 Dec 2018 08:28
by Carel
In 1987 het ek met my Safari 'n Botswana trippie gedoen en daardie tyd was die pad van Nata tot by Maun nog 'n slegte grondpad. Daar was toe nie weer 'n geleentheid om Botswana te besoek nie tot in 2017. Die plan was om hierdie jaar (2018) gedurende die Junie skoolvakansie Botswana te besoek. Ongelukkig toe ek so September/Oktober 2017 probeer bespreek was alle kampplek reeds vol en ek het vroeg in 2018 verneem dat die besprekings vir 2019 einde Maart open. Die besprekings is toe gedoen vir Junie 2019 en ek moes wag tot middel Mei vir die eerste bevestiging.

My roete is soos volg:

15-Jun Khama Rhino Lodge
16-Jun Kubu Island
17-Jun Kubu Island
18-Jun Audi camp
19-Jun Magotho camp
20-Jun Magotho camp
21-Jun Magotho camp
22-Jun Savuti camp
23-Jun Ihaha camp
24-Jun Ihaha camp
25-Jun Ihaha camp
26-Jun Ihaha camp
27-Jun Elephant Sands camp
28-Jun Khama Rhino Lodge

Vanaf 19 - 21 Junie was my plan om by Third bridge of Xaxanaxa te bly, maar om een of ander duistere rede het Botswana Footprints my by Magotho bespreek en by navraag het hulle net gesê dat daardie kampe vol is. Magotho se besprekings het toe ook eers November ge-open en vanoggend het ek die finale betaling gedoen vir akkomodasie. Nou is dit die gewag vir die vouchers en vir die tyd om verby te gaan.

Re: Botswana 2019

Posted: 04 Dec 2018 17:57
by Peter Connan
Lyk na 'n baie lekker trip Carel, julle moet dit baie geniet!

Re: Botswana 2019

Posted: 05 Dec 2018 10:08
by Carel
Dankie Peter
Soos ek verstaan kan die sand lekker dik raak in Savuti omgewing, is dit nodig om sandlere saam te neem?

Re: Botswana 2019

Posted: 05 Dec 2018 10:34
by Peter Connan
Nee wat. Een van ons pelle is tot daar deur met 'n karavaan.

Re: Botswana 2019

Posted: 10 Dec 2018 08:31
by offroadbiker
Het daai roete (plus ekstra) nou in Aug gedoen, Savuti 12h00 middag is daai sand 'n b..... ma as jy afblaas behoort jy geen probleem te he nie.

Re: Botswana 2019

Posted: 02 Apr 2019 19:46
by Carel
Weereens het Botswana Footprints my 'n "curve ball" gegee. Ek kry 'n e-pos en hulle vertel my dat ek vir my bespreking by Savuti net op 'n waglys was en nou het hulle my by Linyanti bespreek. Alles is nou bevestig en ek wag nou op die finale vouchers.

Ons is almal baie opgewonde behalwe dat die ander paartjie wat saamgaan moontlik gaan immigreer en as dit gebeur moet ek iemand soek wat in hul plek kan gaan.

Dit is baie kort kennisgewing, maar as daar iemand is wat wil gaan en bereid is om op standby te wees laat weet my asb. Die bespreking is vir 2 volwassenes en 2 kinders gedurende die Junie skoolvakansie.

Re: Botswana 2019

Posted: 03 Apr 2019 05:17
by Peter Connan
Magotho na Linyanti in een dag lyk half moeilik?

Wens ek was nie nou so platsak nie!

Re: Botswana 2019

Posted: 03 Apr 2019 11:56
by offroadbiker
Peter Connan wrote: 03 Apr 2019 05:17 Magotho na Linyanti in een dag lyk half moeilik?

Wens ek was nie nou so platsak nie!
Sit my ook op daai lysie.... :redface:

Re: Botswana 2019

Posted: 04 Apr 2019 19:22
by Carel
Dirk ek sit jou naam op die lys, maar ek wag om te hoor of die mense se Visums goedgekeur gaan word. Hulle beplan om begin Julie oor te gaan wat min tyd oorlaat as hulle Bots trip wil doen

Re: Botswana 2019

Posted: 17 Apr 2019 18:15
by Carel
Dit is nou bevestig dat Rudi en familie nie sal kan saamgaan op hierdie trippie nie. Laat weet asb. as enigiemand belangstel om hulle plek te neem.

It has been confirmed, Rudi and family will not be able to join me on this trip. If anybody is interested in taking their place please contact me.

zero 8 two 25 nine 3 two 4 nine