Page 1 of 2

Carburator kit vir GQ 4.2 Petrol

Posted: 30 May 2018 10:03
by Jules
More almal

waar kry mens so iets vir my lorrie, blykbaar is die een plunger caput en daar iewers lek ook bietjie petrol?

Shalom

Re: Carburator kit vir GQ 4.2 Petrol

Posted: 30 May 2018 15:32
by Alex Roux
Jules, jy kan vir Graham (Pathmaker) vra.
Hy het verlede jaar my Carb kit laat diens by iemand in Pretoria.
Hy kom nie self genoeg op die forum nie.

Re: Carburator kit vir GQ 4.2 Petrol

Posted: 30 May 2018 16:27
by Wilkie
ek dink hulle noem hulle The Carb Centre onderkant van Pretorius straat

Re: Carburator kit vir GQ 4.2 Petrol

Posted: 30 May 2018 18:53
by Peter Connan
Jules, ek het al paar keer by SP Carbs gekry.

Hulle is hier naby my in Kempton. As jy wil kan ek vir jou een kry, dan stuur jy 'n courier om te kom optel?

Re: Carburator kit vir GQ 4.2 Petrol

Posted: 30 May 2018 19:49
by minwater
Peter sal dit moontlik wees om vir my ook een te kry

Re: Carburator kit vir GQ 4.2 Petrol

Posted: 30 May 2018 21:27
by Jules
Ek verstaan mens het redelike outydse tools nodig om die carb reg intestel sodat jou brandstof en suurstof kombinasie optimaliseer en volgens ons Nissan agentskap in Empangeni het hul nou al vir 10jr nie meer die nodige tools nie ????

Maybe I must try Durban it is around 600km closer than Gauties :biggrin:

Shalom

Re: Carburator kit vir GQ 4.2 Petrol

Posted: 31 May 2018 05:16
by Peter Connan
Oom Dawid, ek kan verseker.

Sal probeer om more middag daar om te gaan.

Jules, die ding waarvan hulle praat is 'n gas analyser. Meeste "dyno shops" behoort nog een te he, want hulle is ook nodig as jy 'n chip tune.

Maar daar is eintlik baie min verstellings op ons vergassers, en as jy hom stel soos wat in die manual verduidelik word, behoort hy baie naby te wees.

Re: Carburator kit vir GQ 4.2 Petrol

Posted: 31 May 2018 19:44
by minwater
Peter baie dankie ek waardeer die moeite.My epos is minwater486@gmail.com dan kan my laat weet wat ek jou skuld ens.nogmaals dankie
Dawid

Re: Carburator kit vir GQ 4.2 Petrol

Posted: 31 May 2018 21:33
by Jules
Piet laat weet my wat kos die Kits daar by jou connections asb

Shalom

Re: Carburator kit vir GQ 4.2 Petrol

Posted: 01 Jun 2018 14:04
by Peter Connan
Jules, Oom Dawid, hulle het nie op die oomblik voorraad nie, maar reken hulle kan my waarskynlik teen Dinsdag help.

Prys behoort in die omgewing van R300 te wees.

Ek gaan drie koop, laat weet maar wie wil he.