Page 1 of 2

My eerste van baie (Die Patrol)

Posted: 11 May 2018 20:39
by aceventura
Hello almal,

Laas maand, na vele wik en weeg, het ek my eerste Patrol, wat ook my eerste Nissan en eerste groot 6 silinder engine, eerste engine groter as 2.9L is, gekoop in Pretoria en hom Kaap toe gebring.

Ek moet hom nog offroad neem en die kort kierietjie leer werk in sand en berg, want ek ken net die elektriese transfercase motor switch van die Musso.

Hy is mooi opgepas en mooi uitgekit en daar is nie veel upgrades oor om te doen nie (ek het ook nie meer soveel tyd vir upgrades met my nuwerige werk en familie met 'n 3 jarige seuntjie nie :salute: )

Dit is voorwaar 'n lieflike trok; brandstof gebruik Kaap toe was 5.5 km/l gemiddeld. Die beste wat ek gekry het op 'n tenk was 6.4km/l. Dit gaan voorwaar fein beplanning kos om na ver afgelee plekke te reis. Namibie, Richtersveld, Kgalagadi en Botswana is op my bucket list.

Goedjies wat pla:
geen backlight op steering wheel controls, dit maak dit onmoontlik om in stik donker die controls te gebruik - die Nissan engineers het nie hier gedink nie
geen backlight op ignition of elektriese venster switches nie - selfs my 22 jarige Musso het dit gehad :rolleyes:
geen auto door lock wanneer voertuig in beweging is nie - selfs my 22 jarige Musso het dit gehad :rolleyes:
kan nie bestuurder deur oopmaak sonder om al die deure eers oop te sluit nie :rolleyes:

Die volgende bly oor op my upgrade lysie:
- TPM
- Seat Cover
- Drawer system
- Auto Rain & light sensors
- Auto door lock
- Awning
- Led spots / Bar
- Frontrunner leertjie
- Jerry can carrier (baie ekstra brandstof nodig)
- PDC

Re: My eerste van baie (Die Patrol)

Posted: 11 May 2018 20:43
by aceventura
Fotos

Re: My eerste van baie (Die Patrol)

Posted: 12 May 2018 07:04
by jacquesW
Geluk. Baie netjies en jy sal nie speit wees nie.

Ek gee al die backlighting en electronic wizardry met liefde op vir die kwaliteit en betroubaarheid waar dit saak maak :wink:

Waanneer jy ingesettle het met die kar sal jy elkegavl nie liggies nodig he om die regte knopies te vind nie

Geniet dit.

:salute:

Re: My eerste van baie (Die Patrol)

Posted: 12 May 2018 07:34
by Alex Roux
Mooi Jacques

Daai kar het dalk nie al die “klokkies en fluitjies” van ‘n Prado nie, maar as jy eers ervaar hoe effortless hy oor hindernisse klouter, gaan jy net weer besef daai trok is van ‘n gans ander stofasie, en in ‘n klas van sy eie.

Ek weet nie hoeveel events gebeur in die Kaap nie, maar as ons weer afkom moet ons maar weer iets reel...

Re: My eerste van baie (Die Patrol)

Posted: 12 May 2018 07:43
by aceventura
Ons sal moet Alex! die Kaap is minder aktief en het minder roetes of daar is nie geld vir petrol nie!

Re: My eerste van baie (Die Patrol)

Posted: 12 May 2018 07:54
by Reenen
Jy is reg, n patrol het niks van daai fancy liggies en sensors en goetertjies nie. Dit is n patrol. Eenvoud op sy beste.

Die vensters en stuur knoppies sal jy gou gewoond raak.

Geniet hom

Re: My eerste van baie (Die Patrol)

Posted: 12 May 2018 10:44
by Bre
Veels geluk Jacques, ek is seker jy gaan hom geniet!

Ja, die Kaap is baie onaktief :sad:

Re: My eerste van baie (Die Patrol)

Posted: 12 May 2018 18:45
by Peter Connan
Veels geluk.

Geld daai ding dat jy bestuurder-deur kan oopmaak as hy gesluit is, ook van buite af, of is dit net van binne af?

Want as dit van buite af ook werk, is daar verseker iets fout!

Re: My eerste van baie (Die Patrol)

Posted: 14 May 2018 16:00
by Pieter B
Veels geluk.

Re: My eerste van baie (Die Patrol)

Posted: 15 May 2018 08:32
by SJC
aceventura wrote: 11 May 2018 20:39
Goedjies wat pla:
geen auto door lock wanneer voertuig in beweging is nie - selfs my 22 jarige Musso het dit gehad :rolleyes:
kan nie bestuurder deur oopmaak sonder om al die deure eers oop te sluit nie :rolleyes:
:welcomewave:


My 4.5grx se deure "auto lock" sodra voertuig aansluit. (ek vind dit bietjie irriterent wanneer mens n trail doen met passasiers wat af en toe wil uit of in klim.)

praat jy van die central locking wat al die deure oop sluit wanneer jy die bestuurder deur oop sluit? :think: