
Ek is bekommerd want ek ry Vrydag wat kom Namibia Toe.
Ek het vroer met Charles gepraat oor sy ondervindig wat hy gehad het by die skaal.Charles het ook vir my die dokument deur gestuur.Dankie Charles.Jammer oor jou vakansie wat in die wiele gery is.
Ek het toe besluit om in my padkar te klim en na n skaal toe te ry.Met n donasie vir aandete kon ek my Patrol bring om te weeg,ek soek sekerheid.
Om 11 uur Din. aand het ek my Patrol met sleepwa vol gelaai,al wat gekort het was die familie van JHB en hul bagasie en na die skaal gery.Die familie wat nog moet kom van JHB af het hul stoele en kamp toerusting na my ge-courier.So hulle goed was in en al myne.
Nou ja my kombenasie is OORGEWIG.
Charles hulle aanvaar nie die Artikel238 wat jy vir my gegee het nie,en ja dis tog wat die wet se in n stasiewa se geval.
My kar is nie so swaar nie,maar ek oorskry die GVM,alhoewel my aste binne perk is.Ek kan dit verstaan AS jy net op die kar se plaatjie werk.Maar wat moet n mens doen my kar is nie gelaai nie,my sleepwa dra alles en my kar het net die tweede battery en n 50l water tenk,o ja en n Tmax kompressor in.Daar is ook n spaarwiel op die dakrak.Ek en my pa was ook in die kar en my kar is 280kg oor gewig volgens die GVM.
Volgens die artikel 238 kan ek 4ton GVM wees agv my groter bande.(Dis wat die wet ook se in n stasiewa se geval)
MAAR die skaal manne se nee hulle werk net op die kar se plaatjie.
Hoe moet n mens hulle eie wet vir hulle leer?
My pa se kia sportage bv is 1920 GVM en die ding weeg al klaar std 1400, nou wat nou,waar is die insitendes.
My kar se vooras moet wees nie swaarder as 1500kg en die agter as 1800kg.
Tans is my kar met twee mense in,voor 1440kg en agter 1760kg.
My sleepwa weeg maar net 500kg GVM.So my hele kombenasie is maar 3700kg.My kar op sy eie is 3200kg.Maar die plaatjie se GVM 2920kg,wat my dan 280kg oorgewig maak.Waar is my mense wat nog moet inklim,hulle klere kan in die sleepwa gaan.Daar is darem 250kg speeling.Dit sal wel die GCM opstoot maar volgens die plaatjie kan dit wees tot op 5620kg.So ek is ok wat dit aanbetref want ek kan nie my sleepwa oor 750kg laai nie,hy het nie remme nie.
Ek weet nie,iewers moet n mens iets in die hande kry wat die beamtes oortuig of wys maak van artikel 238.
Tyd raak min.(vir my altans en die manne wat nog gaan ry)

Groete
Frans
O ja met my eerste rit na die skaal,kon ek nie glo hoeveel bakkies en stasiewa's met sleepwaens en woonwaens by die skaal was en boetes kry.Met my tweede trip het daar voetuie en ander bakkies,waarskynlik vriende en familie die vakansie gangers se goed kom haal,voordat hulle mag ry,met n boete.
Dit was maar n moerige storie by die skaal.(wat nog te se van die ander skale op ons paaie)