Page 1 of 1

Ungili het asma!!

Posted: 09 Dec 2009 08:09
by Herrie
Omtrent 'n jaar terug het hy dit vir die eerste keer gedoen en Maandag toe ek die Pajero CRD toe vat en die vrou met die Patrollie werk toe gaan, toe doen hy dit weer. Vanoggend toe ek oppad werk toe is gebeur die selfde.

Wat gebeur is dat die Patrollie skielik begin hoes en proes en skaars loop - so min krag dat jy nie eers op die sypaadjie kan trek nie! Al hoe jy hom weer aan die gang kry is om hom af te sluit, 'n rukkie te wag en dan weer te start, en dan werk alles weer mooi.

Wat dink julle is fout? :think:

Re: Ungili het asma!!

Posted: 09 Dec 2009 08:17
by KOOS BEST
Oviaasly very sick !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Re: Ungili het asma!!

Posted: 09 Dec 2009 08:21
by KOOS BEST
Hi Herrie , ek grap maar net.

Dit klink vir my elektronies, veral as jy se jy skakel af en daarna weer reg vir n rukkie.

Wat van vuil brandstof of filter , het al soortgelyks probleme gehad met ander Landy van my asook buiteboord enjins.Dit was n verstopte petrol filter.

Groetnis

Re: Ungili het asma!!

Posted: 09 Dec 2009 08:35
by ChristoSlang
Het jare terug 'n Opel gery met dieselfde pyne. Het meer as 'n jaar gevat om die probleem te vind! Toe vervang ek die petrolpomp se relay en alles is weer klopdisselboom :thumbup:

Daai arme kontakte werk amper soos 'n vonkprop - elke keer as hulle oop & toemaak spring daar 'n klein spark tussen hulle wat op die lang duur 'n lekker ou aanpaksel maak. Dan sukkel die kontakte om genoeg stroom deur te laat om die petrolpomp behoorlik te laat werk, en die enjin begin petrol armoede kry. Om een of ander rede was dit wanneer ek iewers parkeer het en binne 'n kwartier of wat weer wou ry...

PS: Check ook sommer of die elektriese kontakte op die pomp lekker styf sit.

Re: Ungili het asma!!

Posted: 09 Dec 2009 11:06
by Wheels
when this is the case disconnect the connector to the air flow meter and drive the car when the power is better the air flow meter is not metering the air flow correctly

Read more: http://www.justanswer.com/questions/1vw ... z0ZBGWxJSC

Re: Ungili het asma!!

Posted: 09 Dec 2009 15:00
by tour de frans
Hallo Herrie,
Soos Koos se die brandstoffilter,en soos Christoslang die pomp.
As ek moet wet se ek dis die pomp.As dit hy is hoef die tenk nie uit te kom nie,die pomp kom deur die kar agter in uit.
Groete

Re: Ungili het asma!!

Posted: 10 Dec 2009 00:16
by Wynvat
Herrie wrote:Omtrent 'n jaar terug het hy dit vir die eerste keer gedoen en Maandag toe ek die Pajero CRD toe vat en die vrou met die Patrollie werk toe gaan, toe doen hy dit weer.:think:
Moeilike kombinasie: Vrou, Pajero, Werk, Patrol. Jy soek daarvoor. :oldtimer:

Re: Ungili het asma!!

Posted: 10 Dec 2009 07:21
by Herrie
Dankie manne - sal 'n bietjie kyk daarna. Na gister oggend was daar nog nie weer 'n probleem nie.