Net so vinnig, en hierdie hoort dalk eerder by die grappies-afdeling.
HOE DE ***** RUIL 'N MENS 'n 4.2TD SE RATKAS-OLIE SONDER OM SELF SOOS 'N OLIEPLAS TE RUIK EN TE LYK???
Om onder die groen skip in te skuif is maklik - veral in vergelyking met 'n (Italiaanse?) dorpskarretjie. Maar hoe kry 'n mens die olie in die kaste sonder 'n gemors? Ek weet iemand het al lankal die kuns vervolmaak maar vir my is dit nog 'n skaamkry-geleentheid. My vrou moes weereens bietjie lag want haar ou sêding het behoorlik waar geword:" My man, daar is niks so wat jou so vinnig so kwaad kry soos om met 'n voertuig te sukkel nie."
Lag maar saam, ons is eintlik baie lief vir ons Patrol.
Re: 'n Morsige affêre
Posted: 03 Jun 2017 21:07
by hugejp
Ek weet Michael het 'n mooi uitgewerkte "party trick" met 'n besproeing pompie...
Re: 'n Morsige affêre
Posted: 03 Jun 2017 21:31
by SJC
Watse olie het jy gekry?
Hierdie Castrol met die pypie is heel maklik om in te sit:
IMG_5330.JPG (265.48 KiB) Viewed 4141 times
IMG_5328.JPG (264.19 KiB) Viewed 4141 times
Of gebruik so iets:
pomp.JPG (85.43 KiB) Viewed 4141 times
(Het hierdie gebruik om diff olie te ruil...)
Blykbaar werk dit die beste om 'n "bottel" te vat met 'n "tyre valve" op, pomp dan die olie met 'n kompressor in.
Soos hier:
Re: 'n Morsige affêre
Posted: 03 Jun 2017 22:18
by Ds J
Ek het van daardie einste Castrol 75/90 gekry, en 'n halfliter Shell ATF vir elke afdeling van die ratkas.
En verstaan my asb reg - ek kla sommer net ter wille van kla. Daar is vir my genoeg ander dinge wat 'n groter plesier is as om met spanners , ghries en olie te moet sukkel. Dit is vir my beperkte kennis van voertuie 'n hewige beproewing om onder die voertuig in te skuif en die botteltjies se pypies swetsend en dreigend in die ratkas se oliegaatjie in te kry en dan nog te koes dat die morsende druppeltjies nie in my hare beland nie.
Die idee met die spuit sal baie goed werk, ek het vanmiddag aan 'n eie patent gedink.
Re: 'n Morsige affêre
Posted: 04 Jun 2017 00:45
by Tinus lotz
So Jaap hoe voel hy nou???
Re: 'n Morsige affêre
Posted: 04 Jun 2017 03:15
by Ds J
Goeiemôre Tinus, ons het 10km gaan ry om hom net kans te gee om deur te laat loop. Hy voel nog nie drasties beter nie maar daar is beslis verbetering. Hy sukkel nog effens rondom tweede maar die oorgang tussen die ratte is duideliker. Dit is asof hy meer van een rat na die volgende oorkliek. Ek hoef hom ook nie so hard te druk nie. Die grrrrr-geluid as hy stilstaan en luier is ook sagter. My vrou ry more so byna 200km. Ons sal dan sien.
Re: 'n Morsige affêre
Posted: 04 Jun 2017 16:18
by Peter Connan
Die goedkoop-oplossing:
Stap 1: Sit die botteltjies in 'n emmer warm water. Dit maak die olie baie meer vloeibaar.
Stap 2: Sit die pypie van onder af in die gat van die ratkas, en dan draai jy die bottel boontoe.
Die duurder oplossing is om een of ander pomp te kry. Mens kry pompe wat spesiaal hiervoor gemaak is, maar 'n veranderde springkaanpomp of die pompies wat die radiobeheer-vliegtuig-ouens gebruik werk ook.
Re: 'n Morsige affêre
Posted: 04 Jun 2017 17:53
by Ds J
Dankie vir die gedagtes. Ek wil kyk om 'n spuit te maak met twee swart plastiekpype wat nou inmekaar pas, met 'n 90-grade kopstukkie aan die bokant wat in die ratkas pas. Die dunner pyp werk dan soos 'n silinder wat die olie inspuit. Ek sal sien of ek dit dalk kan maak werk.
Re: 'n Morsige affêre
Posted: 04 Jun 2017 18:29
by Peter Connan
Ds J wrote:Dankie vir die gedagtes. Ek wil kyk om 'n spuit te maak met twee swart plastiekpype wat nou inmekaar pas, met 'n 90-grade kopstukkie aan die bokant wat in die ratkas pas. Die dunner pyp werk dan soos 'n silinder wat die olie inspuit. Ek sal sien of ek dit dalk kan maak werk.
Jammer as ek negatief klink, maar ek sien 'n gemors kom!
Re: 'n Morsige affêre
Posted: 04 Jun 2017 19:03
by Alex Roux
Ds J wrote:Dankie vir die gedagtes. Ek wil kyk om 'n spuit te maak met twee swart plastiekpype wat nou inmekaar pas, met 'n 90-grade kopstukkie aan die bokant wat in die ratkas pas. Die dunner pyp werk dan soos 'n silinder wat die olie inspuit. Ek sal sien of ek dit dalk kan maak werk.
Trek net ou klere aan. Dis beter vir die huwelik.
Anders skel jou vrou jou soos sy my uitskel elke keer as ek onder die kar wil inklim