Page 1 of 1
Hoe hou jy jou Patrol netjies?
Posted: 20 Nov 2009 12:37
by Wynvat
Ek probeer maar my Trollie netjies hou. Glo daarin dat hy moet werk, maar mooi opgepas moet word.
Ek poleer so elke 8 weke met Meguiar's Nxt Generation Tech Wax 2.0, en was elke naweek met Meguiar's NXT Generation Car Wash.
Ek geniet dit om dit self te doen. Gaan gewoonlik met 'n paar Hansa's uit die Engel in die garage gepaard.
Die goedjies is egter skreiend duur. Maar, ek moet se, dit werk baie goed. Die Meguiar's en die Hansa's
Wie gebruik wat?
Re: Hoe hou jy jou Patrol netjies?
Posted: 20 Nov 2009 12:42
by Herrie
Ek vat myne gereeld na WAX Palace toe vir 'n executive was - binne en buite, stofsuig ens, alles vir R50-00.
Re: Hoe hou jy jou Patrol netjies?
Posted: 20 Nov 2009 13:15
by Wynvat
Herrie wrote:Ek vat myne gereeld na WAX Palace toe vir 'n executive was - binne en buite, stofsuig ens, alles vir R50-00.
Is daar Hansa?
Re: Hoe hou jy jou Patrol netjies?
Posted: 20 Nov 2009 14:41
by KOOS BEST
Vrek maar julle ouens is fluks. Ek kom van vakansie af , los haar vol stof . Parkeer en 2 mnde later miskien trek ek uit en was dit.As ek lus voel , en dit is min kere.Nee wat kar was is net so opwindend soos skottelgoed was en stryk.
Wynvat as jy daai Trol verkoop eendag bel my!! siende al die oil changes en wax polish and spit op daai ding.
Die foto van jou Trol by Fransmanshoek is n spesiale plek vir my. Baie daar as kind gekuier en gehengel. Seker die "best kept secret" in SA. Om eiendom daar te besit is op my wenslys, een van die handvol strande is SA met n noordelike aspek.
Groetnis
Koos
ns. Maar sy is altyd skoon binnekant , spotless .
Re: Hoe hou jy jou Patrol netjies?
Posted: 21 Nov 2009 20:36
by Pieter du Toit
Ja nee wragies julle ouens is omtrent fluks!! Smaak my ek is n luigat!!!
Ek het vir my n high pressure carwash thinge majie gekoop - so wanneer baie vuil, modderig en vol stof spuit ek vir Blassoppie mooi skoon - chassis, enjin en buite om. En dan is dit om na die local car wash & valet plek toe vir n mini valet - dis nou binne, buite, tyres ens. Hulle spuit tot lekker ruik goedjies op die matte wanneer hulle klaar is!!!
En dan parkeer ek hom maar tot die volgende keer!!
Moet darem by se die valet plek wat ek gebruik het n kaartjie sisteem - jou kaartjie word gestempel as jy valet en dan na elke tien valets kry jy jou 11de een gratis!!! Help so bietjie met die cashflow!!

Re: Hoe hou jy jou Patrol netjies?
Posted: 24 Nov 2009 13:09
by Wynvat
KOOS BEST wrote:
Die foto van jou Trol by Fransmanshoek is n spesiale plek vir my. Baie daar as kind gekuier en gehengel. Seker die "best kept secret" in SA. Om eiendom daar te besit is op my wenslys, een van die handvol strande is SA met n noordelike aspek.
Ja Koos, ek is self baie lief vir die plek. Gaan een van die dae weer bietjie daar visvang en speel. Ek het 'n erf nie ver daarvandaan. Maar ai, die geldjies om te bou hy es nie.
Gaan enige iemand by Vleesbaai in die duine wees oor Desember/Januarie?
Re: Hoe hou jy jou Patrol netjies?
Posted: 07 Dec 2009 12:29
by Stefan
Kort antwoord: 1. Hou kinders uit kom uit!
Aangesien my wa nou 'n taxi geword het as deel van die liftclub, moet die sitplekke en die binnekant van die vensters elke week skoongemaak word.
Ek was ook met Meguiar's en poleer ten minste eenkeer per maand (met die hand!)
Ek kan ook die Meguiar's "Exterior Trim Aerosol"? aanbeveel - dit maak 'n baie groot verskil aan die plastiek (Ja, die staal voor en agter bumpers kom nog)
Ons gaan tussen Kersfees ennNuwejaar op Danabaai wees
Re: Hoe hou jy jou Patrol netjies?
Posted: 07 Dec 2009 22:58
by G-MAN
Was hom so nou en dan...

Re: Hoe hou jy jou Patrol netjies?
Posted: 08 Dec 2009 07:35
by Tjaart
Ek kyk hoe ander mense hom was....

Re: Hoe hou jy jou Patrol netjies?
Posted: 23 Dec 2009 21:16
by Abri Hoffman
Het ook onlangs Meguiar's begin gebruik en moet se ek is baie beindruk daarmee.
Was elke week en poleer een keer per maand. - 3 Stage system van Meguiar's.