Page 1 of 1
VISCUS FAN BLADE 4.8 (2007)
Posted: 16 Nov 2009 12:49
by JG Shields
I am looking for a fan blade (plastic component preferably) for a 2007 model 4.8. As expected, Nissan can only supply (import) with a 3 week lead time.
JG Shields
083 279 2717
Re: VISCUS FAN BLADE 4.8 (2007)
Posted: 16 Nov 2009 15:53
by KOOS BEST
http://www.patrol4x4.co.za/viewtopic.ph ... lade#p3835
JG , kyk bietjie hier , die ouens in die Kaap kan dit source vir jou.
Groetnis
Koos
Re: VISCUS FAN BLADE 4.8 (2007)
Posted: 16 Nov 2009 19:11
by G-MAN
Hi JD. Probeer ook die ouens, Autofans 021 557 4994, 082 574 0048,
www.autofans.co.za - email
info@autofans.co.za hulle courier ook nationwide.

Re: VISCUS FAN BLADE 4.8 (2007)
Posted: 17 Nov 2009 07:59
by JG Shields
Dankie Koos en G-Man. Ek is besig om dit op te volg. Ek kan ook 'n nuwe oorspronklike een in Aus kry (klaar vasgestel) en binne 6 dae by my per koerier aflewer. Ek wag nog vir 'n finale koste. Ek sal julle laat weet.
Groetnis.
Re: VISCUS FAN BLADE 4.8 (2007)
Posted: 17 Nov 2009 08:33
by Gerrit Loubser
JG, met wie onderhandel jy in Australiƫ? Is dit 'n Nissan-agent aan daardie kant?
Re: VISCUS FAN BLADE 4.8 (2007)
Posted: 17 Nov 2009 11:17
by JG Shields
Gerrit,
My broer woon in Griffith in NSW. Hulle het 'n groot Nissan handelaar op die dorp en hy hardloop reguit daarheen as ek op sy knoppie druk. Hy besit nie eers 'n Nissan produk nie maar hulle ken hom al sommer goed. Ek koop dus sommer kleinhandel oor die toonbank by 'n Nissan handelaar.
My waaier is oppad per koerier. Hy behoort op die laatste einde volgende week hier te wees. Ek betaal AU$ 120 (ongeveer R600 - R700) + nagenoeg R300 koerier koste. Dis ongeveer 2/3 van die prys van die waaier hier by ons, met die verskil ek kry hom binne 'n week in pleks van 3 weke.
Ek kan 'n "pirate" waaier in die Kaap kry @ ongeveer dieselfde koste. Ek is egter skrikkerig omdat die diameter ongeveer 30mm kleiner is. Ek glo dat dit juis daardie 30mm kan wees wat dalk 50% se effektiwiteit gee. Met die Aussie opsies hou ek maar eerder by die egte onderdeel.
Ek het ook vir Koos gevra om 'n baie handige skakel op die forum te plaas. Dis 'n handelaar van Patrol onderdele in Aus. Hy deel met egte- en namaak onderdele.
Re: VISCUS FAN BLADE 4.8 (2007)
Posted: 17 Nov 2009 13:13
by Gerrit Loubser
Baie dankie, JG

.
Re: VISCUS FAN BLADE 4.8 (2007)
Posted: 09 Dec 2009 07:08
by JG Shields
NOODSEIN!!!
My waaier wat vanaf Australie oppad is, het iewers tussen 'n kangaroo en 'n leeu weggeraak. Die koerier dienste soek die pakkie wat op 'n verkeerde plek op die aardbol beland het.
My waaier gaan nie betyds hier wees nie en ek soek dringend 'n waaier te koop of te leen vir 'n 4.8 petrol enjin.
Dankie
JG
083 279 2717
Re: VISCUS FAN BLADE 4.8 (2007)
Posted: 10 Dec 2009 06:49
by JG Shields
Ek't 'n gesikte waaier gekry wat die job sal doen totdat die kangaroo posdiens myne afgelewer het.