Page 1 of 2

GRX se battery loop af

Posted: 25 Jan 2017 10:44
by Reenen
My GRX se battery loop af in so 10 dae se tyd.

Is dit normaal, of kan daar dalk n tracker van vorige eienaar in wees?

As dit n tracker is, hoe kry mens die ding?

Hoe lank vat julle patrols se battery om af te loop?

Re: GRX se battery loop af

Posted: 25 Jan 2017 11:00
by iandvl
Reenen,

Ek twyfel of dit normaal is... My GRX het al redelik lank gestaan as ek weg is sonder enige issues. Meer as tien dae in elk geval.

Baie moontlik n tracker, maar dit gaan 'n bits wees om optespoor. Ek weet nie waar steek hulle die goed gewoonlik weg nie...

Daar was voorheen thread oor battery en moontlike tracker locations. http://www.patrol4x4.co.za/viewtopic.ph ... 60&p=80109

Hoop hy kom reg.

Re: GRX se battery loop af

Posted: 25 Jan 2017 11:02
by Tinus lotz
Mater charge jou battery vol en doen dan n load test wat jy ook kan doen is koppel n multi meter tussen negatief en pool en meet die stroom .....my patrol het a 3 batteries geeet in 6 jaar omdat hy nie genoeg ry nie ..... :mytwocents:

Re: GRX se battery loop af

Posted: 25 Jan 2017 11:51
by Michael
Tinus lotz wrote:my patrol het a 3 batteries geeet in 6 jaar omdat hy nie genoeg ry nie ..... :mytwocents:
Dude ek dink jou vrou het daai probleem vir jou opgelos :lol:

Re: GRX se battery loop af

Posted: 25 Jan 2017 12:18
by Alex Roux
Tinus lotz wrote:Mater charge jou battery vol en doen dan n load test wat jy ook kan doen is koppel n multi meter tussen negatief en pool en meet die stroom .....my patrol het a 3 batteries geeet in 6 jaar omdat hy nie genoeg ry nie ..... :mytwocents:
Ek hou maar my trickle charger op my kar in die week, want ek ry nie daagliks met hom nie.
Anders vreet die tracker hom redelik vinnig. EK ssou nie se heeltemal pap in twee weke nie, maar ek vermoed wel in 3.

Reenen, as jy weet watse tracker diens die vorige eienaar gebruik het, kan jy na 'n ander tak in jou omgewing gaan.
Dan sal hulle weet.
Die ouens het trade secrets.
So jy kan andersins seker na enige een van hulle toe gaan, dat hulle hom vir jou soek. Hulle weet beter waar hul gunsteling wegsteek plekke in die kar le.

Re: GRX se battery loop af

Posted: 25 Jan 2017 13:06
by Wilkie
Ja myne het na twee weke dood geloop,maar dit is ook noual n ouerige battery

Re: GRX se battery loop af

Posted: 25 Jan 2017 16:34
by Tinus lotz
Om te meet is om te weet meet die battery en meet die stoom vloei dan sal jy die antwoord kry :mytwocents:

Re: GRX se battery loop af

Posted: 25 Jan 2017 19:48
by Kagiso II
oompie ook spanner ingooi .. Trek van daai sop uit jou battery en ontleed die SUUR inhoud.
Kyk ook of die aard draad wat op die bakwerk/enjin aard nie effens effentjies effe los is nie. Dit vreet ook battery. My mouster het so afgeloop en uiteinde was die aard akbel .. my baie oortuiging gevat om die ou by Bosch te glo ..

Re: GRX se battery loop af

Posted: 25 Jan 2017 21:04
by Reenen
Battery uitgehaal, en in een van my bakkies grsit, en nuwe battery gekoop. Ou een werk nog perfek, nuwe een doen presies selfde...

Ja, daar is n drain as jy tussen pool en kop meet, maar dit is te verstane, hy loop dan af. Nou is my vraag, is die drain iets normaal, maw, alle patrols loop pap in 10-14 dae, of is daar n short, of het hy 1 of meer trackers in. Weet nie wie virige eienaar is nie...

Re: GRX se battery loop af

Posted: 25 Jan 2017 21:05
by Reenen
Vorige eienaar is iemand van ek dink kempton park of erens wat n golf driving range of golf city, of so iets besit. Hy het weer net so n patrol gekoop...