Page 1 of 2
Voorkoming van krake op grondpaaie?
Posted: 15 Jan 2017 13:32
by Ds J

- 20170114_115627.jpg (2.14 MiB) Viewed 3152 times
Dit is hoe my Hilux se bak kraak na 1150km oor Stella en Piet Plessis se grondpaaie.
Ek is besig om 'n 2000 Patrol 4.2TD stasiewa aan te skaf om by die Hilux oor te vat.
Dit moet 'n stasiewa wees want dit sal vir de volgende maande ons gesinsmotor wees.
Wat kan ek doen om dieselfde skade aan die Patrol te beperk?
Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?
Posted: 15 Jan 2017 14:03
by Tinus lotz
Maak seker dat jy eers om die kar loop en elke hoek en krannie kyk ....as jy n toyota bage sien.....brand hom.....jy kannie jouself met sulke dinge ophou nie.......
Speel net die coil cab ga met n werkende suspension en regte grote bande teen die regte druk 2keer minder stamp
Glo my maar ek het albei in my vloot

Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?
Posted: 15 Jan 2017 14:10
by Alex Roux
Ek weet nie veel van voorkoming nie.
Maar ek het ook nog nie veel gesien in 'n Patrol wat kraak nie.
Die enigste plek wat ek van weet op die Patrol is op die groter afgterdeur, weens die spaarwiel wat dalk te swaar gelaai is, of nie goed vas is nie (myne het klein bietjie daar gekraak, voor ek die sparwiel op 'n swaai arm gesit het).
Probeer dak die Aussie forum om te sien waar Patrols dalk al gekraak het.
Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?
Posted: 15 Jan 2017 14:39
by Ds J
Tinus lotz wrote:
... die coil cab ga met n werkende suspension en regte grote bande teen die regte druk 2keer minder stamp
Glo my maar ek het albei in my vloot
Ek glo jou maar ek weet nie presies waarvan jy praat nie!
Wat die wiel is "coil cab ga"?
En wat is dan die regte bande? Grootte, breedte ens asb? Ek het oorweeg om Pitbulls te kry want hulle oorleef die klippe.
Ek ry reeds my bande op 1.5bar en dit help al baie.
Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?
Posted: 15 Jan 2017 16:05
by Alex Roux
Ds J
Jy ken sker nog nie Tinus se "short-hand" nie.
"ga" beteken "gaan" soos ons die woord ken in Afrikaans.
Die Patrol wagon het coils voor en agter. Jou Hilux het bladvere agter wat hom harder laat ry en meer skok op die body gee, wat kan lei tot die krake.
Die regte groote bande vir sag ry en mider skok op die body sal afhang van die suspensie lift op die Patrol.
Met 'n 2" duin lift, kan jy gemaklik 33" bande (285/17/16) opsit. Bietjie meer profiel as die standaard 31" bande, en genoeg spasie tusen die bande en die body van die kar.
As jy nie lift het nie, sou ek bly by 31" bande.
Ek dink 1.5 bar is regte druk vir jou toestande as jy nie te hard jaag nie.
En sag genoeg om skok op die body op 'n minimum te hou.
Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?
Posted: 15 Jan 2017 16:08
by Tinus lotz
Jou bakkie het bladvere patrols suv het coils ....meer rubber op die sidewalls werk beter ...285 75 16 is die pad voorentoe met 3 lae in sidewalls cooper st max ,stpro bf ko2 en km2 as jy kan 15 fit is die 12.5 33 general grabbers mt ook goed ....ma nou ga almal my met klippe gooi ....

moet net nie na fanus luister oor tekkies nie hy glo marie biscuits is die regte ding ....

Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?
Posted: 15 Jan 2017 16:09
by Peter Connan
Jaap, dit is nie die eerste keer wat ek hoor van Hiluxe wat kraak nie. Hulle is nogal hard geveer agter. Mense dink mos dis verkeerd as 'n bakkie se stert so 'n bietjie hang as jy hom laai.
Die Patrol met sy kronkelvere behoort reeds baie beter te wees in die verband.
Bandgrote is nie baie belangrik nie (alhoewel groter deursnee bietjie sal help), maar die konstruksie van die band kan 'n rol speel. En hier gaan ek met Tinus verskil. Hy dink 'n tire is nie 'n tire as hy nie drie lae versterking op sy sywand het nie. Nou ek het nog net een keer daar deur julle wereld gery, maar my eerste beste pel se skoonfamilie woon daar (op Piet Plessis, jy ken hulle dalk, die Mans familie?), en sover ek weet is dit meestal sand en gruis, en daar is nie veel probleme met klippe deur sywande nie? As die reg is, soek jy juis 'n sagter band.
Maar jy kan dit waarskynlik meestal DMV banddruk-verstellings uitskakel. Hou hulle net redelik pap, soos wat jy reeds doen, en maak seker jou skokbrekers is in 'n goeie toestand.
En moenie swaardiens-vere installeer as jy dit nie regtig nodig het nie, as jy soms swaar laai en die stert hang te veel, sit liewer lug-hulpvere in.
Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?
Posted: 15 Jan 2017 16:20
by Tinus lotz
Standard suspension loop mooi met 33 my eerste patrol was standaard hoogte en het 2 stelle 33 bande klaar gery ....

Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?
Posted: 15 Jan 2017 16:24
by Tinus lotz
Ek hoor wat julle sê oor bande maar Gustav ry vrystaat paaie en daai dunlops waarmee sy cruiser uitgekom het ....het soos glad nie gehou nie ook nie die cooper at nie maar wel n goeie punt dat daar minder klippe op julle paaie is . As jy baie sinkplaat ry dan is daar maar meer gries punte ens waaraan mens aandag moet gee asook jou lug filter ens
Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?
Posted: 15 Jan 2017 16:59
by Ds J
Baie dankie! Hierdie wêreld is ook die algemeen sand en gruis maar soms klippe ook. Volgens die plaaslike mense raak die meeste bande stukke die gesny omdat die paaie te min geskraap word.
Ons bly op Stella - ek het nie vars biltong nie maar sal graag 'n koppie koffie aanbied as iemand dit hierheen wil waag.