Page 1 of 1

Safari Uitlaatstelsel

Posted: 09 Jan 2017 11:15
by Zakhil
Menere,

Ek gaan seker baie stupid voor kom met die vraag. Ekt nog 'n Safari gekry. Die het blykbaar n MAUS convertion gedoen. Ek hoor 'n verskil maar sien niks in performance. In fact loop en vrek die kar terwyl ek ry. Did asof hy op 'n stadium nie genoeg petrol deur kry en net nie meer krag produseer. Dit is nou nie my vraag. Op die pics het ek die enjins met hul uitlaatstelsels en wonder wat die verskil nou eintlik maak. As jy kyk lyk hul dieseflde maar die verskillende koppelings is op ander plekke. Kan iemand my bietjie wys maak?

Ander ding, Safari 2 het 2 silencers direk mekaar op, enige rede hoekom dit sou wees?
Safari 1
Safari 1
IMG-20170105-WA0004.jpg (176.31 KiB) Viewed 2014 times
Safari 1
Safari 1
IMG-20170105-WA0007.jpg (165.63 KiB) Viewed 2014 times
Safari 2
Safari 2
IMG-20170105-WA0005.jpg (156.05 KiB) Viewed 2014 times
Safari 2
Safari 2
IMG-20170105-WA0006.jpg (161.82 KiB) Viewed 2014 times

Re: Safari Uitlaatstelsel

Posted: 09 Jan 2017 14:46
by David
Safari-1 het 'Banana Branches' en Safari2 het nog die oorspronklike cast-iron manifold.
Die Banana Branch tipe is gewoonlik 'tuned' lengtes wat beter gasvloei veroorsaak omdat die pulse wanneer die exhaust valves oopmaak nie teen mekaar baklei nie maar mekaar help. Hulle is ook gewoonlik 3-2-1

Re: Safari Uitlaatstelsel

Posted: 09 Jan 2017 14:56
by Peter Connan
Op sterkte van jou antwoord op die Weber-draad gaan ek aanneem die een met die branches (geswysde pyp uitlaat) is die nuwe een?

Wat is daai rooi pyp wat van die onderste plaat van die lugfilter af afhang? Daai lyk vir my na 'n baie kak idee?

Elk geval, jou simptome klink vir my eerder na brandstofpomp of 'n coil wat besig is om die gees fe gee as enigiets met die vergasser of uitlaatpyp te doen.

Volgende keer wat hy so maak, stop en voel hoe warm die coil is. As hy jou hand brand, is dit die probleem.

MBT die twee silencers, exhaust shops doen soms sulke goed as hulle nie die regte een in voorraad het nie. Maar dit is nie eintlik 'n probleem nie, mits huĺle die hangers/rubbers reg het vir die gewig.

Re: Safari Uitlaatstelsel

Posted: 09 Jan 2017 19:58
by petrol
Daai rooi pyp is eintlik die breather pyp wat van bo die tapet cover af kom.

Ek stem met Peter, dit klink soos brandstof tekort.

Re: Safari Uitlaatstelsel

Posted: 09 Jan 2017 20:04
by petrol
Ek sou meer gepla wees oor daai rooi draad wat aan die vonkpropdraad vas gecable tie is, veral daar waar hy aan die swart draad gelas is, lyk of hy lekker kan short daar.
Wat my nog meer sal pla is die petrol pyp wat cable ties het vir clamps.

Re: Safari Uitlaatstelsel

Posted: 10 Jan 2017 07:13
by Herrie
Hi, ek het die Safari Manual as jy dit nodig het.