Page 1 of 1
Fuel jets for 4.2 GQ petrol
Posted: 21 Oct 2016 21:47
by Jules
n vraag vir die slim manne kan ek op my 4.2 GQ petrol petrol jets vervang wat n kleiner nozzle het om sodoende die brandstof verbruik te verbeter ?
Shalom
Re: Fuel jets for 4.2 GQ petrol
Posted: 21 Oct 2016 21:55
by Johann van den Berg
Jules ek dink jy sal eers moet kyk in die "Full Service Manual" of iewers wat die standaard grootte van die jets is. Op die elevasie waar ons is kan jy 'n paar punte (nommers kleiner gaan. Die algemene "thumb rule" is 1.5 punte per duisend voet of 330m. Dit geld ook toevallig vir "ignition timing".
Re: Fuel jets for 4.2 GQ petrol
Posted: 22 Oct 2016 05:47
by Peter Connan
Ek weet nie of daar verskillinde "jet sizes" beskikbaar is vir ons carbs nie. Ek het nog net ooit "kits" kon kry (met die standaard jets in).
Maar as jy regtig wil, en as jy iemand kan kry om dit te doen, kan die jets toegesoldeer en met kleiner boortjies oopgeboor word. Die tipe goed is in die ou dae baie gedoen, maar brandstofinspuiting het dit onnodig gemaak so dis nou moeilik om ouens te kry wat nog die kennis en 'n stel "jet drills" het.
Maar nou wil ek ook se, met die verbruik wat jy van praat, moet jy aan niks raak nie.
Ek ken niemand anders wat daai tipe syfers uit 'n GQ kry nie. Inderwaarheid, jy kry beter verbruik as sommige van die 4.2 Diesels...
Re: Fuel jets for 4.2 GQ petrol
Posted: 22 Oct 2016 12:02
by minwater
Frans (Tour de Frans) het myne gedoen hy het nog "jet reamers"