Page 1 of 2
Pramfien patrollie by dog leg uit?
Posted: 04 Nov 2009 11:05
by Engel
Daar is n rumor dat daar maandag n pramgedrewe 3.0 patrol toe daar uit is? weet iemand iets

Re: Pramfien patrollie by dog leg uit?
Posted: 04 Nov 2009 15:10
by Tjaart
Help!!
Waar is die dog leg, en hoekom is dit nuus dat 'n 3.0L diesel daar uit is? Ek wil ook probeer!!

Re: Pramfien patrollie by dog leg uit?
Posted: 04 Nov 2009 17:07
by JohnBoyZA
Herman, waar val jy nou uit... baie diesels ry daar uit ...

Re: Pramfien patrollie by dog leg uit?
Posted: 04 Nov 2009 20:31
by Engel
ek het met die triton ook daar uit gery vrydag. 2 jaar terug het n diesel patrol geknor om uit te kom. Dit was baie warm en sand maar lekker los. Maandag het pieter daar uit gery toe wil die triton nie. Die triton se power to weight ratio is baie goed maar die bande is pateties. Pieter se patrollie het weer die bande maar nie die woema nie. Dis n maklike hindernis as jy bande en perrekrag het, met n standaard bakkie , afhangende van die sand n ander storie! of is ek nou verkeerd?

Re: Pramfien patrollie by dog leg uit?
Posted: 05 Nov 2009 11:01
by Pieter du Toit
Ja my Patrollie is daar uit en ek is moerse trots daarop!!!
John ek verskil darem klein bietjie van jou - jou stelling laat dit klink of enige diesel elke dag daar uit ry. Sorry - maar ek was al verskeie kere daar saam met ander manne met ander voertuie ook - en met die diesels knor dit maar gewoonlik. Van die diesels wat ek al saam daarmee was is ek die eerste een in my groep wat daar uitkom - en daar was al manne met Petrol Cruisers en Patrols wat ook nie daar kon uit nie.
Tjaart om jou vraag te beantwoord dogleg is in Atlantis Duine - n 4x4 speelplek hier in die Kaap. So wanneer sien ons jou hier met vakansie???? Doglg self is n moerse laaannnggg en baie styl opdraand - en die diesels knor maar gewoonlik om daar te uit - hulle raak "uit asem uit"!! Veral as n paar ouens al daar uit is en die sand begin baie los raak.
Reg ek stem saam Herman - daar is baie faktore om in ag te neem - voertuig, bande, bestuurder se ondervinding, toestand van die sand en tyd van die dag - maar ja ek is daar uit en moerse in my nopies daarmee!!
Hier's n ou fototjie of 2

Re: Pramfien patrollie by dog leg uit?
Posted: 05 Nov 2009 13:58
by Tjaart
Pieter
Baie geluk man!!

. Dis altyd lekker om moeilike obstacles te oorkom!!!
Re: Pramfien patrollie by dog leg uit?
Posted: 07 Nov 2009 19:57
by JohnBoyZA
John ek verskil darem klein bietjie van jou - jou stelling laat dit klink of enige diesel elke dag daar uit ry
Ja Ja Pieter, heeltemal reg

. In ons groepie is die ouens gewoond aan sand, en het die regte tyres en ry al jare daar - so dis redelik maklik vir hulle. Maar, soos Herman se, as die sand warm is, dan sukkel almal, veral ek met my klein tyres - dan moet die 4.8 jou oor trek

Re: Pramfien patrollie by dog leg uit?
Posted: 10 Nov 2009 13:38
by tour de frans
Julle moet nou nie n petrol vs diesel uitdaging maak nie

Ek sit vir Dennis op julle(Mayem)en ek bring my diesel ook

Re: Pramfien patrollie by dog leg uit?
Posted: 10 Nov 2009 13:40
by tour de frans
O ja, baie mooi Pieter

Re: Pramfien patrollie by dog leg uit?
Posted: 10 Nov 2009 21:07
by Pieter du Toit
tour de frans wrote:Julle moet nou nie n petrol vs diesel uitdaging maak nie

Ek sit vir Dennis op julle(Mayem)en ek bring my diesel ook

Frans - is dit nou "uitdaging"

- miskien moet ons eendag so n grap maak - en bietjie kyk watter verskil maak petrol vs diesel vs bestuurders ens!!! Sommer net vir die sports daarvan!!
Wie's game???