Page 1 of 1

Freeflow system 4.8GRX

Posted: 07 Jun 2016 16:32
by TIMKEN
TO DO OR NOT TO DO
Ek het n 4.8GRX 2011en speel met die gedagte van n Free Flow exhaust sisteem. ek het reeds met Abel by Viper gepraat en pryse gekry. Die groot vraag is of die sisteem die geld werd is en wat is die kort en lank voordele van:

1:Doen ek die sisteem net na die manifold pyp alleen?
2: of doen ek compleet met manifold?
3: wat se grote pyp 63 of 76?
4: hoeveel bokse

My mods is alreeds 33"MT bande 17", voorste en agterste staal bumpers, winch, roof rack, heavy duty rock sliders en n drawer sisteem. al hierdie mods maak die Patrol reeds swaarder as wt hy is. ek sleep n Jurgens Exclusive karavaan en kom agter ek moet haar redilik diep trap om weg te kom. Op die styltes speel hy tussen die ratte en voel baie ly "meskien my bestuur styl"

Kan iemand my meer raad gee iemand wat spesifiek Viper al in het rondom performance en brandstof gebryk.EN TEN LAASTE DINK JULLE DIT IS DIE GELD WERD?????? :helpsign:

Re: Freeflow system 4.8GRX

Posted: 07 Jun 2016 17:57
by Tinus lotz
Los die manifold net soos hy is vervang hom van waar hy onder die seats uitkom ek dink 63sal werk myne was baie beter toe ek daai agterste box uitgehaal het :salute:

Re: Freeflow system 4.8GRX

Posted: 07 Jun 2016 21:40
by arnosl001
Ek het een van daai Viper Free Flow Stainless uitlaat stelsels op my Patrol 4.8 vir die laaste 2 jaar.

Ek is nie seker van Krag nie maar het nog geen probleem met hom gehad nie en hy klink baie mooi.

ek het nog die standaard manifold, 3 bokse en ek dink myne is 63 mm

Het erens op die blog info geplaas oor dit.

Re: Freeflow system 4.8GRX

Posted: 07 Jun 2016 21:43
by arnosl001
Hier is my thread daar is pics.

viewtopic.php?f=44&t=4495&p=50059&hilit=viper+exhaust#p50059

Groete Arno

Re: Freeflow system 4.8GRX

Posted: 08 Jun 2016 07:00
by Tinus lotz
Jip baie netjiese werk daai ....los hom van manifold tot by ratkas standaard dis n 3 into 2 into one met insullasie op dit keer dat jou ratkas diff breathers en ander pypies nie skade kry met hitte nie . Met vanderlinde gepraat geen gain met of sonder n branch nie daai gedeelte is klaar n branch en het ook genoeg nukkles vir beweeg ..... :mytwocents:

Re: Freeflow system 4.8GRX

Posted: 08 Jun 2016 12:07
by TIMKEN
Dankie vir die terugvoer maar het nognie die regte
antwoord nie. Is dit die geld werd en wat is die pro's and cons en wat moet ek vermy???. Het iemand die resep vir die beste setup end wat maak herdie setup uniek?

Re: Freeflow system 4.8GRX

Posted: 08 Jun 2016 14:22
by roelf prinsloo
Ek het my 4.5 patrol n 63 mm op gesit, my broer het n duel 63 opgesit. Kan nie se wat net die uitlaat gedoen het nie omdat ons die heads ook gegasflow het, altwee dieselfde. Myne het meer krag op die dyno gemaak tot op 3500 rpm en so 15 kw opgetel. Syne het op 3500 rpm 8 kw opgetel maar op 4500rpm was syne 10 kw sterker as myne.Hy het nie gesleep nie en die spoed gesoek. ps. Ek sal nie stainless opsit nie,ons unleaded laat nie meer die uitlaat so gou roes nie en die pakking in die box is dieselfde en brand uit wat dan ook weer raas.

Re: Freeflow system 4.8GRX

Posted: 08 Jun 2016 14:36
by David
Persoonlik dink ek nie dis die geld werd nie want 80% van die tyd kuier my 4.8 maar hier om die 2 tot 2.5k revolusies en ek dink 'n freeflow begin eers regtig 'n verskil maak teen heelwat meer.
As die 2011 katalitiese omsetters het sou ek dit verwyder/vervang met 'n freeflow boks. Ek het net die groot boks verander na freeflow want die res is reeds freeflow.
Daar was geen verskil aan brandstof verbruik nie.

Die klank is pragtig maar skielik hoor jy ook hoe die revs klim wanneer jou torque converter unlock en lock teen op en afdraandes...

Ek sou die geld eerder spaar vir 'n diff ratio verandering om die krag terug te bring wat verloor is deur die groter bande.... :mytwocents: