Page 1 of 1
3l diesel Altenator
Posted: 22 Jul 2015 07:29
by SCUBA Patrol
Hello Almal,
Het enige van julle al op die ZD diesel motors 'n altenator laat diens of vervang? Ek het 'n idee myne se regulator of borsels is oppad uit maar wil nie "Stealers" toe gaan nie. Is daar dalk iemand in CT omgewing wat aan hulle werk?
Groete
Re: 3l diesel Altenator
Posted: 22 Jul 2015 07:35
by Tinus lotz
Philip maak seker jy vervang daai bearing op die airconmet n regte een ....die een wat op die clutch werk ....baie ouens was al gestrand omdat daai bearing gegaan het en dan werk niks omdat daai een belt alles trek .....praat met frans ??? Ek sal se laat die manne hom toets en sien wat maak hy . Raas hy of wat? Ek gee net die raad want ek weet van drie manne wat op alternator gwwerk het en toe gee aircon clutch bearing moeilikheid

Re: 3l diesel Altenator
Posted: 22 Jul 2015 16:56
by Stefan
Praat met Frans.
Ek het myne 'n hele paar jaar gelede by Motor Electro Diesel in Epping laat vervang met 'n Almera(?) alternator - maak net seker die pully het 7 groewe, anders sny hy so paar mm van die belt af.
Re: 3l diesel Altenator
Posted: 23 Jul 2015 07:25
by SCUBA Patrol
Dankie julle vir die raad, ek sal met Frans praat as die troll ingaan vir 'n diens erens in die volgende 2 maande. Die altenator laai net tussen 12.7 tot 13V en nie 14V nie, maar dit kan ook die meter wees wat nie so akuraat is binne die kajuit nie. (kalibrasie met spanningsval oor die lengte van die geleier is dalk nie in ag geneem nie, sal dit ook check eers.)
Re: 3l diesel Altenator
Posted: 23 Jul 2015 08:09
by Wilkie
Here is the one picture of the front bearing of the bearing and the rear bearing is a 6306 rs bearing
hope it can help a patroller along the way

Re: 3l diesel Altenator
Posted: 23 Jul 2015 12:57
by Kagiso II
NISSAN MAXIMA V6 se aircon motor, alternator, en bearings pas op die ZD 30 motor .. ten minstye tot 2003 .. wetie offi niewes anner geite hettie
Re: 3l diesel Altenator
Posted: 23 Oct 2017 11:15
by SCUBA Patrol
Stefan, is dit die Motolec ouens langs NAMPAK in Epping? indien nie, kan jy dalk adres deur gee?
Dankie
Re: 3l diesel Altenator
Posted: 23 Oct 2017 11:51
by Tinus lotz
Philip juice kan jou help met een as jy nodig het
Re: 3l diesel Altenator
Posted: 23 Oct 2017 12:47
by SCUBA Patrol
Dankie Tinus, sal hom 'n lyn gooi !