Page 1 of 2

1984 Safari 2.8 Modifikasie na 4.2 petrol

Posted: 01 Jul 2015 20:01
by Fullcircle
Hi
Ek is al wyle op die forum, maar hierdie is my eerste "post"! Ek hou van die ouer modelle... het Safari bakkie wat werk esel is en seker een van die taaiste en betroubaarste bakkie wat kan kry! So loop ek toe Safari SW met 2.8 engine raak wat ek amper verniet gekry het.. :surprised: Probleem engine moet oorgedoen word. Het toe die spulletjie laat uithaal. Kan engine oordoen vir rondom R10k. Dan is alles nuut.
Nou, my probleem... ek hoor by vriend van 4.2 petrol engine, wat ek toe basies verniet kry, moes net vervoer betaal. Nou sit ek met TB42 wat nog perfek is, en Safari 2.8 wat se engine uitgehaal is.
Vraag??? Kan die 4.2 engine in die safari ingebou word sonder te veel mods? Die belhousing sal verander moet word van die 2.8 std ratkas? Enige iemand wat al vantevore hierdie roete gegaan het se insette sal hoog waardeer word!

Re: 1984 Safari 2.8 Modifikasie na 4.2 petrol

Posted: 01 Jul 2015 22:47
by Kagiso II
Kontak vir Charles Duckitt [hy is ook op hierdie forum] -- Hy ken die Patrol se "geraamte uitleg" [die 4,8 se enjin en ratkas gaan omtrent sonder wysiging op die GQ .. soos hy met Skilpad gedoen het]

Re: 1984 Safari 2.8 Modifikasie na 4.2 petrol

Posted: 02 Jul 2015 06:55
by Herrie
Ek hoop jy kry gou die inligting wat jy nodig het!

Ek het die manuals van die Safari en Patrol op 'n cd as jy dit nodig het.

Re: 1984 Safari 2.8 Modifikasie na 4.2 petrol

Posted: 02 Jul 2015 07:42
by firessafari
As jy die moeite wil doen met 'n enjin vervanging gaan die lexus v8 roete .bly weg van die 4.2 hulle is baie dors ,dit is hoekom jy daardie een verniet kan kry want hulle word vervang met lexus motors . vra maar vir Malcom van Coller of Theuan van Dyk

Re: 1984 Safari 2.8 Modifikasie na 4.2 petrol

Posted: 02 Jul 2015 07:50
by Tinus lotz
Daai rd 28 is n regte motor hou hom net so.....lexus is vir sukkel .....hou hom soos nissan hom gemaak het ....

Re: 1984 Safari 2.8 Modifikasie na 4.2 petrol

Posted: 02 Jul 2015 07:55
by Peter Connan
Iewers op hierdie forum is 'n draad oour iemand wat 'n 4.5 in 'n Safari ingebou het.

Dit was 'n moerse job. Hy moes die transfer case en een van die chassis cros-members skuif, propshafts laat oormaak en ek weet nie wat nog alles nie. En die 4.5 is baie eenders as die 4.2.

Hy het kort na die ombouing die kar verkoop (wat gewoonlik vir my se dit was nie 'n sukses nie) en baie geld verloor.

Maak liewer daai L28 reg.

:mytwocents:

Re: 1984 Safari 2.8 Modifikasie na 4.2 petrol

Posted: 02 Jul 2015 08:02
by Tinus lotz
Jip die diff ratio tussen die low ref 4.2 en hi ref L28 werk nie ....wilkie het n lexus ingesit en toe weer L28 terug na die tyd ....daar is baie 2.8 engines en spares wat rond le kan nie te moeilik wees om uit te sort nie :mytwocents:

Re: 1984 Safari 2.8 Modifikasie na 4.2 petrol

Posted: 02 Jul 2015 09:32
by Wilkie
as ek kan raad gee,,,maak die 2.8l reg en sit dit terug,
daar is altyd iets wat jou gaan byt met n conversion,groot enjin ,meer gewig op voorwiele,nou moet jy krag stuur opsit want jy sukkel om te draai ,en so groei die problem en kostes,dis net 1 gedagte,daar is baie sulke goeters wat onbeplan opduik
daai oorgeboude L28 gaan vir jou 20jaar se lekker kry gee
groete :dogrun:

Re: 1984 Safari 2.8 Modifikasie na 4.2 petrol

Posted: 02 Jul 2015 12:26
by Herrie
Ek is ook gelukkig met die L28 engin en sal dit ook in die nuwe Patrol Bakkie wil sit dat daar baie minder engin probleme sal wees.

Re: 1984 Safari 2.8 Modifikasie na 4.2 petrol

Posted: 02 Jul 2015 13:38
by bogeyman
Stem saam met die kommentaar hierbo.
Die grootste probleem is die ewenaar aspek wat n baie sterk 100km/h teen die 4.2 se maksimum toere sal gee.

Het nounet een van my Safari 2.8 masjiene volledig laat oorbou met boor , suiers , kleppe als nuut vir R15000.00. En hy loop soos n horlosie.

Verbeteringe op die 2.8 wat werk is :Effens warmer nokas met n 38 Weber vergasser en elekrtoniese vonkverdeler. N branch uitlaatpyp werk ook goed op die enjins.

N ander opsie is Nissan se RD28 diesel enjin , maar dan het jy n donkie.