Page 1 of 2

Nissan X Patrol

Posted: 11 Apr 2015 23:51
by JoshJ
I like it, just a concept though but much better looking then the Y62.
NissanXPatrolSUVDesignStudyDelvesIntotheFutureaug13.jpg
NissanXPatrolSUVDesignStudyDelvesIntotheFutureaug13.jpg (367.02 KiB) Viewed 6533 times
nissan-x-patrol-suv-rendered-photo-gallery_5.jpg
nissan-x-patrol-suv-rendered-photo-gallery_5.jpg (150.08 KiB) Viewed 6533 times

Re: Nissan X Patrol

Posted: 12 Apr 2015 09:32
by Tinus lotz
Ek weet nie so mooi nie lyk darem baie landy evoke vir my...

Re: Nissan X Patrol

Posted: 12 Apr 2015 10:50
by hugejp
Al wat hy kort is 'n 50cal en rocket boosters!

Re: Nissan X Patrol

Posted: 12 Apr 2015 13:21
by davidvdm
Ek hou niks van die daai klein vensters nie. Ek reken hy het kameras in elke hoekie, so dit maak seker nie te veel saak nie, maar nog steeds, ek hou daarvan om die natuur in my neus gate te hê, stede van my aircon.

Daai shape so beter gaan met een van hulle ander modelle, maar Patrol moet "butch" lyk. Iets wat jy nie gaan bang wees om bos toe te vat nie.

Ek het net gister aand Richard Hammond se toets van die Patrol gesien ( ). Dink jy hy gaan die selfde "gevoel" kry in die konsep Patrol?

Re: Nissan X Patrol

Posted: 12 Apr 2015 16:08
by Alex Roux
Tinus lotz wrote:Ek weet nie so mooi nie lyk darem baie landy evoke vir my...
Klein venstertjies, soos die FJ, so die sig na agter is seker nie goed nie.
Maar die 'approach' en 'departure angles' is baie baie beter as die Evogue s'n.
Stem saam, hy moet butch lyk. Ek verstaan nie hoe die beskrywing kan se "it pays homage to the extreme enthusiasts".

Re: Nissan X Patrol

Posted: 13 Apr 2015 17:26
by Peter Connan
Ennnn......


Daar val die wiele al weer af.

Arme Nissan.

Re: Nissan X Patrol

Posted: 13 Apr 2015 17:36
by Andre Steyn
Ai manne en daar gaat loop sit nissan die pot nog heel verder mis, eers gaan staan en druk hulle die lae krag zd30 in die nuwe patrol bakkies in en raak ontslae van die td42 reeks toe krimp hulle sommer die patrol reeks nog verder daarna staak hulle produksie op die ud 40 trokke en nou die. Oh help ñ bietjie daar help ñ bietjie daar!! Kan ons nie ñ skrywe aan nissan stuur met al ons lede onderteken om nou bietjie plan te maak!!!

Re: Nissan X Patrol

Posted: 13 Apr 2015 20:07
by JoshJ
Kyk kerels. Ek like my under powered blok van n patrol net soveel soos die volgende ou. Maar ons moet besef dat die lewe aangaan. Mense koop nie meer karre wat swaar op brandstof is nie. Mense van vandag soek slim voetuie wat lig op brandstof is en als kan doen. Al besef hulle nie die nadele van al die electronics nie. Maar dis hoe dit is. Nissan is n besigheid wat saam die tuie moet gaan of hulle gaan hulle deure toe maak. Ek is nou vanaf 2013 n lid en ek is volgens my wete die enigste lid wat n nuwe Patrol gekoop het sedert oktober 2013. Dis pateties. julle rant en rafe oor nissan, maar julle support hulle nie. Nissan is nie in die 2daanse kar mark nie. Hulle is n kar vervaardiger. Hulle het nodig dat mense nuwe karre koop. Dis die mense wat die nuwe karre koop aan wie hulle, hulle gaan steur. Sales figures praat. Patrols verkoop 1 n maand. Rerig. Ons kan danbaar wees vir lande soos arabia en australia, anders sou ons glad nie n nuwe patrol eers kon kry.

Die is n consept idee van nissan, hy is nog nie eers meer as n skets nie, en kyk wat word als gese. Nog niemand het hom eers gery om eerlik n opinie te kan rig nie.

En jammer dat ek die volgende moet se, maar mense wat met n maak voertuig ry en ander voertuie se onderdele daar insit, moenie hulle self nie fans van daardie voertuig noem nie. Want daai voertuig is nie meer n patrol nie. Ek praat nie van n filter hier en n aftermarket ding daar nie. Maar as jou Patrol met n toyota engin en ford diffs en chef gearbox rond ry. Is hy nie meer n Patrol in my oe nie. Want wat n voertuig maak wat hy is, is nie die body nie. Maar die dinge wat hom aandryf.

Ek het niks teen 2daanse voertuie nie 95% van al my voertuie was 2daans. In my oe beter keuse wanneer jy kyk na waarde vir geld. En as ek nie die Patrol op n spesial gekry het nie. Sou ek hom seker nie gekoop het. So moenie my mis verstaan nie. Lees mooi oor wat ek se, sodat julle verstaan wat ek se.

Re: Nissan X Patrol

Posted: 13 Apr 2015 23:39
by Andre Steyn
Joshua jy het verseker ñ punt beet en ek glo al ons manne verstaan nissan is ñ besigheid en hulle moet vorentoe en geld maak en ja met ligter op brandstof voertuie. Die punt wat ek met my post wil maak is die vermoë en kennis bestaan om ñ lig maar wel super kragtige enjin vir die patrols te kan produseer kyk net na die navara turbo diesel masjien. Die vraag wat ek ook vra is waarom het by toyota (en neem kennis ek hou niks van toyotas nie) die cruisers steeda die opsie tot donkie 4.2 of die nuwe v8crd dus hulle opsies is baie wyd. In aus is daar talle bak en supensie en selfs enjin opsies, nou ek weet geen maatskapy kan alles inbring nie maar tog dink ek kliente moet kan kies. Die nuwe zd30 patrol bakkie ry letterlik soos ñ kar gerieflik en lig op brandstof maar ongelukkig ontbreek die rou brute krag wat ek vergelyk met my 2009 td42ti. Nissan bemark in my opinie ook nie hard genoeg aan die voertuie nie. Al is die prys amper R60000 laer as ñ landcruiser bly manne steeds skepties my vraag is waarom?? Wat weet ons patrol manne en die aussies wat die algemene suid afrikaner mis?

Re: Nissan X Patrol

Posted: 14 Apr 2015 06:03
by Peter Connan
Josh, jy is seker heeltemal reg, maar dit beteken nie ons hoef daarvan te hou nie.

Verder gee ek nie om dat Nissan so 'n kar bou nie, maar kan hulle dit asseblief iets anders noem, en nie die Patrol se naam deur die modder sleep nie.