Page 1 of 3

Grooter Bande

Posted: 21 Sep 2009 13:27
by jmag
Dag Manne,

Ek het so bietjie raad noding asb. Ek will groter bande op my Patrol 4.5 GRX (1999) sit, ek is net nie seker hoe groot ek kan gaan sonder om moelikheid te maak nie. Ek het op die oomblik nog die std rims op met trackgrip 245/70 R16's op, en wil graag na M/T bande toe gaan.
Sal julle hulp wandeer.

Dankie

Jacques

Re: Grooter Bande

Posted: 21 Sep 2009 13:37
by Abri Hoffman
Jy kan tot 285/75/16 gaan en die bande behoort nie te skuur nie.
Die kar is eintlik reg met 'n 2duim lift en 285/75/16.

Re: Grooter Bande

Posted: 21 Sep 2009 13:56
by jmag
Hi Abri,

Dankie, is dit moontlik om so groot soos 31's te gaan?

Re: Grooter Bande

Posted: 21 Sep 2009 14:01
by jmag
Jammer, bedoel 310/10.5/16

Re: Grooter Bande

Posted: 21 Sep 2009 14:02
by Patrol4.8
Joe wiel grootte is op die oomblik 29.5" en 285/75/16 is 32.8"
Dis nogal 'n groot sprong, jou Patrol se enjinspoed gaan aansienlik laer wees as voorheen teen dieselfde snelheid.
Ek het 285/75/16 op my Patrol gesit nog voor ek hom 2" gelig het sonder enige probleme.
Ek is redelik seker die 4.5 en my 4.8 het dieselfde grootte wheelarches.

Re: Grooter Bande

Posted: 21 Sep 2009 14:18
by Gerrit Loubser
Jacques, the tyres that you currently have on your Patrol are too small. The standard size is 265/70R16, which actually have a nominal overall diameter of 30.6" (i.e. very close to 31" anyway). As far as I know, 31x10.5R16 tyres are not made (only 31x10.5R15), so if you would like to aim for a 31" OD tyre, your options are 265/70R16 (30.6" OD), 245/75R16 (30.5" OD) or 265/75R16 (31.6" OD). Perhaps you could also look at 235/80R16 (30.8" OD) tyres, but make sure that your rims are not too wide for these.

The 245/70R16s that you currently have, have a nominal diameter of 29.5" as Patrol4.8 stated, so you are already running 14mm closer to the road than standard.

I also bought my Patrol with 245/70R16 tyres and then fitted 285/75R16s. They fit fine and have not touched in the rough stuff either. As Patrol 4.8 stated, the 285/75R16 tyres have a nominal overall diameter of 32.8", which increases the height of the vehicle off the ground by 28mm over standard (or 42mm over the 245/70R16 height). It also makes the overall gearing 7% taller than with the standard tyres (or 11% taller than with the 245/70R16s). The taller gearing will translate into a reduction in acceleration at any speed and throttle opening with the taller tyres, but I am quite happy with my 285/75R16s, even after the dramatic change from the tiny 245/70R16s. At least now there is a little clearance below my rear diff :lol: .

Re: Grooter Bande

Posted: 21 Sep 2009 20:02
by jmag
Baie dankie vir julle hulp, gan deur die loop van die' week kyk na Maxxis 285/75/R16, kan sien ek het nog tonne om te leer.

Weereens dankie.

Re: Grooter Bande

Posted: 21 Sep 2009 20:04
by Patrol4.8
jmag wrote:Baie dankie vir julle hulp, gan deur die loop van die' week kyk na Maxxis 285/75/R16, kan sien ek het nog tonne om te leer.

Weereens dankie.
Laat weet asb. vir ons wat die prys op daardie bande is. :thumbup:

Re: Grooter Bande

Posted: 23 Sep 2009 00:45
by Pieter du Toit
Jmag,

Ek persoonlik hou nie baie van die Maxxis Bande nie en hier is manne op die forum wat tans met hulle ry en met my sal saamstem. (Kom nou kerels - moenie die man van die wal af in die sloot in help nie!!!) Eerstens het Maxxis bande redelike pad geraas en tweedens gee hulle nie baie goeie kilometers nie. Prys gewys sal ek ook na Cooper STT kyk as ek jy is - daar sal nie n groot prys verskil wees nie en jy gaan baie beter pad stilheid en kilometers uit die Coopers kry. Toe Maxxis bande uitgekom het was dit baie bekostigbaar - en vir die prys was die meeste 4x4 entoesiaste bereid om met die pad geraas en minder kilometers saam te leef - maar deesdae is Maxxis nou maar net so vrek duur. Ek het nou 5 Cooper STT bande op bestelling - 305/70/16 - en my prys is R3000-00 per band alles ingesluit. Ek het ook n quote op Maxxis 305/70/16 gekry - en dit was R2715-00 per band, maar opsit, balansering, wheel alignment uitgesluit. Dan gaan die Maxxis ook maar op omtrent dieselfde prys uitkom.

Ander opsie is jou BFG KM2 - n uitstekende band maar hulle kan dalk bietjie duurder wees. Onthou jy gaan ook heelwat goedkoper wegkom met n 285/75/16 - dit is die meer gewilde en populere band - 305's is n moerse size!!!

Laat weet ons wat jy toe besluit het - altemit is dit jou geld en jy wat met dit moet ry!!!

Re: Grooter Bande

Posted: 23 Sep 2009 08:13
by tour de frans
Ja die Maxxis het baie belowend gelyk,prys en looks.Die goed perform vrek goed en die prys was reg.Ek verstaan ook hulle is nou duur.Nou ja ek sal nie weer hulle opsit nie,hulle raas na n paar rotassies en ek gee nie regtig om vir die raas nie maar dis harder as vroer,en ek dink die kms gaan ook nie goed wees nie,die goed slyt net te vinnig. :mytwocents: Ek dink dis n baie goeie band vir n motorfiets of bakkies,miskien vir n pram ook,maar nie vir n Patrol nie,Patrol's is te swaar