Page 1 of 1
2001 4.5 or 2004 4.8
Posted: 31 Dec 2014 11:12
by Norman Jooste
More manne
Eks nogals nuut op die forum en wil bietjie raad vra.
Ek wil vir my n Patrolaanskaf en ek het n opsie van 3
N 96 sgl nog standaard en baie mooi opgepas vir R 38 000
N 2001 4.5 gxr 180000 km van die kaap af vir R 140 000
en dan n 2004 gxr 280000 km in pta vir R 160 000. maar dis n A/T en ek is nie rerig n fan van A/T nie weet nie hoe betroubaar hulle is nie.
Die voertuig gaan hoofsaaklik gebruik word vir overlanding deur Afrika tot omtrent heel bo.
Raad van julle manne met baie ondervinding sal baie waardeer word.
Groete
Re: 2001 4.5 or 2004 4.8
Posted: 31 Dec 2014 11:56
by Jorrie
In my opinie is die 2004 4.8 te duur. Op gesigwaarde sou ek die 4.5 vat maar die prys afstry. RK140 is te duur.
Re: 2001 4.5 or 2004 4.8
Posted: 31 Dec 2014 12:13
by Norman Jooste
voutjie die 4.8 gaan ook vir R 140 000.
Re: 2001 4.5 or 2004 4.8
Posted: 31 Dec 2014 12:54
by Peter Connan
Daai '96 klink soos die deal van die eeu.
Myns insiens kan jy enigeen van die drie vat, hulle het elkeen ewe veel nadele as voordele.
Die '96 is die eenvoudigste, en loop nog op punte en vergasser, so dis makliker om aan die lewe te hou. Daarinteen is hy ook die oudste, so goed soos die busse, pype, verkoeler ensovoorts moet na gekyk word en parte is moeiliker om te kry (nie dat daar 'n groot verskil is nie). Punte en kondensor en tot 'n mindere mate die vergasser kort gereelde aandag.
Die 4.5 is te duur (behoort tussen R80 en R110k te wees), maar in bree trekke dink ek die 4.5 is dalk die beste kompromis tussen tegnologie en eenvoud. Die brandstofinspuiting is baie betroubaar, maar as iets wel daarmee foutgaan, is jou kanse om in diep donker afrika geholpe te raak, kleiner. As die sisteem standaard is en die bedrading en konnektors lyk nog goed, kan jy dit met geruste hard deur afrika ry.
Die 4.8 is die mees kompleks, maar die tegnologie is ook betroubaar. Die ekstra krag is baie lekker, en moenie oor die auto ratkas bekommer nie, ek reken mite die olie nie oorverhit het nie, is die ratkaste waarskynlik meer betroubaar as hand-ratkaste. Ek dink R140k is billik.
Kyk enige so 'n kar wat jy aan dink, versigtig vir enige tekens dat hy oorverhit het, dis 'n "killer". Dit geld ook vir enige auto-boks. Ry ook lang opdraandes beide hard en ook stadig (eerste rat lae-strek) op 'n warm dag en met lugversorging aan en maak seker dat die temperatuur normaalbly.