Page 1 of 1
Is die `n probleem?
Posted: 24 Dec 2014 15:42
by mve100
So bietjie rond gekyk onder my patrol en die gesien soos op die foto. Ek is nie seker of dit `n probleem is nie en of die grease so moet wees nie? Seker nie veronderstel om uit te kom nie?
Re: Is die `n probleem?
Posted: 24 Dec 2014 16:05
by Peter Connan
Nie ernstig nie, beteken of dat iemand te veel ghries daar ingepomp het (wat mens eintlik maar moet doen want anders is daar geen manier om te bepaal hoeveel om in te pomp nie), of dat die seel bietjie op is. Maar as daar genoeg ghries in is, maak dit ook nie saak nie...
Re: Is die `n probleem?
Posted: 24 Dec 2014 16:22
by mve100
Baie dankie. So kan maar huis toe ry van die kaap na pta so? Moet net check dat daar nog grease is daar?
Re: Is die `n probleem?
Posted: 25 Dec 2014 07:12
by Peter Connan
Hoeveel kilos gelede is hy geghries? As dit minder as 8000 km is, kan jy maar net ry.